
08 Aug 2015 @ 16:10:21 pm
Brommer dit is n Kipor gen, 12kva . Hoekom ek so groot gekoop het, is sodat Von nie sukkel as ek weg is nie. Dit start self, en sit ook self af. Sy het nie nodig om goete af te sit nie, als bly aan. Verder is dit baie veilig, en het nie spikes op krag nie.
Pieter, hier by ons is taamlik tabakboere, en histories het volk hulle huisies so gebou.
Ek geniet dit om alternatiewe metodes te gebruik. Perdestalle is gebou van hout pale, toegespan met varkdraad, en gaping met klippe gevul. Lyk lekker oud en ook heeltemal "groen"
Gastehuisie is gebou met n "portal frame" van pale, wattle latte gesplit en vasgeskroef. Ook met klippe gevul en toe toegesmeer met n sand, klei en perdemis mengsel. Die word errs lekker getrap voordat dit opgegooi word.
Vir die waterdigting word n soutoplossing gemaak waarin n aartappel dryf, dan kom sand, kalk en sement daarin. Vir kleur los ek klei op in water en gebruik die pigment. Hier is rooi, geel en wit klei. Die mengsel moet lekker dik wees, en word met n spatkwas opgesmeer en dan klam gehou met boomspuit vir n paar dae. Baie duursaam.
Nou ja, genoeg getjommel, dis dalk nie so interesant vir almal nie.