English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 776
Total Replies: 269 593
Total Views: 83 853 919
topics: 12 297
replies: 149 334
views: 39 664 898
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Herfs toertjie

replies: 6
views: 300
22 May, 2022 @ 21:31:15 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 Apr, 2016
Experience: 52 years

Ons het so vinnige toertjie van 25 dae die afgelope herfs deur die Oos - Kaap onderneem.Ek wil graag n paar oomblikke en sieninge met julle deel. Om te begin het ons 3 dae by Beaufort- Wes in die Karroo park gekamp. Hierdie park kry n 5 uit 5. Wat n voorreg om in so park te kamp.Hoekom kan al die Sanparke nie so lyk nie? Al wat gehinder het is dat sommige kampeerders hulle stort water op die plaveisel laat uiloop het Kamdebo se staanplekke is 100% maar die geriewe nie baie netjies nie. The Nest by Aliwal is slegs n oorslaap kamp.R300 is bietjie duur.Ek gee hier 3 uit6. Karnmelksrivier is n moet naby Barkly - oos. 4 uit 5 vir hierdie pragtigr plek. Daarna is ons oor Naudes nek na Rhodes. Nog n pragtige ervaring. Ons het ons karavane by Tortoni naby Maclear gelos. Met die terugkom het ons n verdere 3 dae by Tortoni gekamp.4 uit 5 . Hierna is na Yellow Sands vir.n paar dae . Ook n 4 uit 5 vir hierdie kamp. By Hogsback het ons 2 nagte gekamp. 4 uit 5 vir die kamp. Daarna is ons Jeffreys baai toe. Hierdie kamp is seker van die beste Munisipale kampe. Ek sal n 4 uit 5 gee. Die Bontebok by Swellendam is n pragtige kamp, maar die geriewe was nie altyd netjies nie. Ter afsluiting wil ek net graag noem dat die Oos- Kaap regtig pragtige plekke het om te ontdek. Maurits. Sandbaai

 

 

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May, 2022 @ 01:19:22 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Klink na lekker toer wat jy gehad het. Dankie vir terugvoering. Ja, Oos Kaap is mooi, Yellow Sands al lankal n plek op my lys....net bietjie ver, maar eendag

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May, 2022 @ 01:20:40 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Klink na lekker toer wat jy gehad het. Dankie vir terugvoering. Ja, Oos Kaap is mooi, Yellow Sands al lankal n plek op my lys....net bietjie ver, maar eendag

....en Stormsrivier

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May, 2022 @ 09:27:25 am
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 717
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Het ook die Karoo Park baie geniet. As die KNP net ook so bestuur kan word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May, 2022 @ 20:09:34 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 23 Oct, 2017
Experience: 59 years

Maurits, het Julle nie uitgevind dat Hogsback net so 3 of 4 gelyk staanplekke het nie. Ons het 3 Jaar terug laas daar camp en die eienaars wou die park verkoop so miskien het nuwe eienaars dit verbeter. Die loop deur die geelhoud woud was heerlik en al die Knysna papagaais se gerass teen son onder opmerkend.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May, 2022 @ 11:40:40 am
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 Apr, 2016
Experience: 52 years

Jammer, dit lyk of my vorige boodskap verdwyn het. Blykbaar is Hogsback se terrein nog steeds in die mark. Ons het lekker gekuier in die lapa met die groot braaiplek. Die 2 lang staanplekke is effens skuins wat voor die ablusie.is. Hulle het ook te veel karavane toegelaat die een aand wat diy bietjie beknop gemaak het. Ek moet ook noem die nuwe pad wat in aanbou is tot by Fort Beaufort lyk goed. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May, 2022 @ 13:12:14 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Het ook die Karoo Park baie geniet. As die KNP net ook so bestuur kan word. 

Ons ry NOOIT by die Karoo-park verby wanneer ons op toer isnie en staan gewoonlik langer as een aand. Ek ry selfs n ompad om daar uit te kom.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required