Please share Gert!
Dankie Gert!
Ek waardeer al die inligting, maar moet steeds sê dat ek nie mooi weet of die Hercules 20 wat in my Tourer SW goed of sleg is nie. Is die Hercules 20 bv. so goed soos n National Luna laaier. Ek het nou my een battery op die Hercules 20 gekoppel en die ander op my NL laaier. Sal maar oorskakel indien nodig. Wat my bekommer is dat so min inligting op die Hercules 20 beskikbaar is - amper asof dit die goedkoopste grys produk was wat Jurgens kon kry. Ek oordeel nie voortydig nie - is maar net skepties.
Hallo Johan, ja, die ding met die laaiers is bo my vermoe om te verstaan. Ek het intussen daai 2016 Classique verkoop sonder die NL laaier en die nuwe eienaar is gellukig met net die Hercules. Die nuwe classique (putco) het nie 'n battery in nie maar ek het 'n battery ingesit on die movers te trek. Ek het 'n kamera laat installeer by "Brommer" in Pretoria en hy het vir my 'n 12volt DB ingesit en die 12volt gedeelte van die karavaan geisoleer van die 220 volt gedeelte af wat ek tans met die NL suksesvol laai. Hy bou egter vir my 'n 12 amp Laaier wat tans in sy toets stadium is en ek glo eersdaags sal ontvang. Die man weet wat hy doen en sy werk is duur maar hy is 'n perfeksionis. Ek was verstom oor die stelsels wat hy daar bou vir die mense wat "offgrit" gaan met hulle waens en voertuie. Ek is baie bly ek het hom ontmoet.
Daar was 'n Hercules 10 in die Classique 2013 model wat ons gehad het. Hy het goed gewerk en die battery netjies op vol lading gehou tot dat weerlig hom beskadig het.
Leon van PTA noord het hom gefix en die Hercules10 stap nog goed volgens die huidige eienaar.
Hi guys
I have an XCape with a Hercules 20 and wish to disconnect the battery charging system, so that I can connect a CTek MX7 charger.
Leon and Gert, I see that you have already done this . Can you maybe help me with some advice.
many Thanks
Bernard