English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 147
Total Replies: 246 618
Total Views: 83 066 635
topics: 4 479
replies: 30 459
views: 17 424 514
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 223
replies: 220
views: 15 608
topics: 9
replies: 150
views: 62 595
Hennops Pride Caravan Park
Gauteng, Pretoria
14
Total Ratings: 14
12   
2
Rated: 04 Oct 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Hennops Pride Revamped Website

replies: 27
views: 10018
27 Oct 2014 @ 14:34:01 pm
CaravanParks.com
Administrator
88% Profile Strength
Posts: 2805
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 47 years
"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2014 @ 07:15:26 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Dis nou nice om jou web te verander maar het hulle al die plek verander laas to ek daar was was dit maar sleg sal nie maklik weer daar heen gaan nie

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2014 @ 09:34:26 am
Hennops Pride Caravan Park
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 28 Oct 2014
Goeiemore
Ons het onlangs die park oorgeneem en werk regtig hard om die aansig te verander. Ablusie geriewe is reggemaak, 'n speel area en springmatte is ingesit vir die jongspan en sekere staanplekke is met bakstene uitgele. Dit is net van die veranderinge wat alreeds aangebring is in die laaste paar maande.

Dit is jammer dat jou kamp ervaring nie plesierig was nie. Jy kan gerus laat weet waar ons kan verbeter en direk met ons kan kommunikeer. My epos adres afourie@capland.co.za. Jou voorstelle sal waardeer word.

Hopenlik, noudat die webtuiste aan die gang is sal ons terugvoer kan geniet en hopenlik verander jou besluit binnekort omdat ons jou ondersteuning sal waardeer.

Ons streef daarna om Hennops Pride Caravan Park weer die park te kry waar hy moet wees sodat dit 'n plesier is vir jonk en oud en kan dit nie doen sonder julle ondersteuning nie.
Lekker dag
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2014 @ 14:11:17 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Hi Adele welkom hier by ons.

Dit is net jamer die pad van Harties na julle is nie so lekker nie. Volgende keer as ek daar verby ry sal ek beslis inloer. Daar is van ons wat 'n ander oord wat nou ook onder nuwe bestuur is ondersteun, hoekom nie julle nie. Op die stadium is dit daardie pad wat my keer anders moet ek te wyd om ry.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2014 @ 21:00:23 pm
Tjola
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 129
Joined: 30 Jan 2014
Experience: 50 years
Wat is julle reels ten opsigte van geraas en musiek. Laat julle enigsins enige musiek toe ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2014 @ 08:01:58 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5792
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Hennops Pride - Adele

Welkom fier op die Forum

Ja, gee ons julle reëls (opgesom) en wat is julle hard op i.v.m. die reëls ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2014 @ 08:47:09 am
Anonymous

Henops Pride - Adele, baie welkom op die forum, dis altyd baie goed om te sien dat die bestuur van oorde belangstelling toon.

Dit is definitief groot plus punt.

Ek stem egter met Back Packer saam ivm die pad, ek weet dis buite jul beheer, maar het die laaste keer wat ek Henops pad gery het skade op my karavaan gekry.

Hoe lyk die pad tussen Randfontein en julle oord, is daar 'n redelike pad wat jy kan aanbeveel?

Sal ook graag wil hoor hoe julle oor lawaai voel, dit is een ding wat my beslis by oorde wegdryf.

Sterkte met julle oord en hoop regtig julle bereik jul doelwit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2014 @ 09:00:11 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4649
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Adele welkom op die forum sterkte met die oord
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2014 @ 13:27:46 pm
Hennops Pride Caravan Park
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 28 Oct 2014
Hello almal
Baie dankie vir die verwelkoming, dit is nooit maklik om so 'n projek aan te pak nie, almal het verskillende menings oor verskillende aspekte, verskillende voor- en afkeure en as oord eienaar moet mens regtig sentraal gehou word om positief te bly sodat jy ten minste probeer om in almal se smaak te val.
Net soos enige ander besigheid, moet 'n oord bestuur word en jou hoof produk is die klient. Terwyl kampeerders lekker langs die rivier sit en braai of visvang is daar baie wat agter die skerms gedoen en nagegaan word, dus wens ek meer kampeerders gesels met die eienaars oor maniere om te verbeter as om die park sleg te se op sosiale media, goeie of slegte terugvoering word altyd waardeer.
Ons beleid is geen harde musiek by staanplekke nie, en GEEN musiek na 22h00 in die aand. Dit moet vir almal 'n plesier wees om te kamp en party mense hou van die rustigheid van die rivier en die natuur om hulle ander hou van 'n radio of CD in die agtergrond.
Glas drank of bottels word nie by die swembaddens se rante toegelaat nie en geen troeteldiere in die swembaddens nie.
SANRAL is wel besig met die padwerke en die pad is beslis rybaar met die nuwe teerwerk wat dit 'n plesier maak om nou op die pad te ry.
Hoop om julle binnekort by die oord te sien en as daar enige ander vrae is laat weet maar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2014 @ 13:38:53 pm
Anonymous

Dankie Adele, 

Julle is op my 2015 "to Visit" lysie, dis nie ver vir my vir 'n lekker naweek wegbreek nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2014 @ 10:08:43 am
Obie
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 13 Jul 2012
Experience: 12 years
Ek oorweeg ook n besoek daar vir volgende jaar. Vriende van ons was onlangs daar en het positiewe kommentaar gehad oor die nuwe bestuur se vordering om die park reg te ruk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2014 @ 10:51:20 am
Anonymous

Dankie Adele, 

Julle is op my 2015 "to Visit" lysie, dis nie ver vir my vir 'n lekker naweek wegbreek nie.

Johann, net so vinnige klip in die bos gooi. Ek het gister met Adele kontak gemaak en Hennops is ook vroeg volgende jaar op my lys, sodoende kan ons mekaar heelmoontlik raak kamp.

Ek wil net eers die pad daarheen 'n toetslopie solo gee voordat ek hom met die wa sal aandurf. 

Groete

Dennis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2014 @ 16:05:20 pm
Anonymous

Dankie Dennis, dit sal baie nice wees as die pad reg is, sal die draad dop hou. Ek sal jou my nuwe email later stuur.

Sal ook goed wees as ons mekaar raak kamp, ek sal n draad begin sodra ek kans kry om daarheen te gaan, nou is dit reg maag vir Lekkerrus 14 tot 19 Des.

Oorde wat deel neem aan lede se kommentaar, verdien ons support.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2014 @ 21:05:15 pm
Anonymous
Ek het die pad gery so 3 maande terug, sou dit wel met karavaan kon aanpak, het direk by hennops verby gery...

Mense ek dink dis n uitnodiging van die oord om te se wat jy wil he in n oord, realisties.. dis soos verkiesing, as jy nie deelneem nie, moenie kla en oordeel nie..

adele, ek sal graag bietjie dink wat ek in n oord wil he, en sal beslis hierso plaas, dan kan sekere maar saamstem of nie, maar dan weet jy. Help nie 10 mense van die kaap gee een ening, masr 10 in gauteng gee ander, en jy luister dan net na die kaap nie, wat is kans dat hul gereeld by jou kamp... nie om iemand af te keur nie, ek dink n bree spektrum van opinies is noodsaaklik, maar ek dink die manne naby aan julle moet aangetrek word, want soos ek talle keer noem, ek is mal oor warmbad, en ander mense nie, ek gaan 5 ot 10 keer per jaar na warmbad, omdat ek dit lekker vind, ens..

ek gaan my opsomming maak en binnekort plaas, dankie. Ek sal ook graag kom loer daarso.. grootste issue vir almal is moontlik sekuriteit...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2014 @ 21:16:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15901
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Adele baie welkom hier by ons. Jy moet asb kennis dra dat die terugvoer hier slegs gebaseer is op ons lede se ondervinding by 'n oord en die laaste van Henops-pride was nie van die beste nie.

Nuwe eienaars is soos 'n nuwe besem en hy vee altyd skoner as die oue. Dankie dat jul ons mee gedeel het van die verandering en sal dit waardeer as die info gereeld in kom.  Ander oord naby Magaliesburg het dieselfde gedoen en ek dink hulle maak goeie vordering.

Nou ons weet vordering kan nie gebeur sonder fondse nie dus is ek ook bereid om met my geldjie by julle 'n draai te maak.

Ons het alnkal nie meer kiddies nie dus hoe stiller dit in die oord is hoe beter.  Maar ek kan verstaan die kleinspan moet ook hul kuier geniet.

Hoop om jul die een of ander tyd te sien.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2014 @ 23:44:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9275
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Adele, Welkom op die forum.

Sterkte met die groot taak.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 17:52:10 pm
Obie
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 13 Jul 2012
Experience: 12 years
Miskien moet ons vroeg volgende jaar n saamtrekkie daar reel
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 19:31:21 pm
Anonymous
Klink na n kans om hennopspride n hupstootjie te gee en n kans om te leer ken? Dit vat alles tyd, maar erens moet iets begin...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 19:43:33 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Adele welcome to the forum.

It's always nice to see that the resort management respond to the threads, be it for positive or negative comments. At least we can see that they are interested in improving their resort and thus will get more positive responses thereafter especially if management take heed of the comments and make improvements.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 19:52:55 pm
Anonymous

Miskien moet ons vroeg volgende jaar n saamtrekkie daar reel

Obie, dit klink mos goed, ek sal maklik inval, dis minder as 1.5 uur van my af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 20:21:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9275
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Miskien moet ons vroeg volgende jaar n saamtrekkie daar reel


Wag net tot hulle die pad klaar re gemaak het, hoop net nie die verkeer is weer te erg nadat die pad klaar is nie.

Sal nie weet as ons nie daar gaan kamp nie, so reel die ding, sien julle daar.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 20:23:13 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1674
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Dit is goed as die oorde ook op die Forum deel neem en ook hulle saak stel. Baie dankie Adele
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2014 @ 15:22:17 pm
Anonymous
30 to 40 minutes from me... so easier to join in..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2014 @ 10:34:10 am
Hennops Pride Caravan Park
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 28 Oct 2014
Aai julle, dit is so lekker om te hoor dat daar nog mense is wat die son oor ander wil sien skyn. As daar van julle is wat op Facebook is, kan julle gerus daar ons blad gaan like ek plaas gereeld fotos van al die veranderinge, aanbouings en verbeteringe en dinge wat ons in die park aanvang. Daar is regtig nou al soveel oorde in die Gauteng omgewing en baie is net in vir die geldelike aspek en verloor die persoonlikheid daarvan. Dankie dat julle bereid is om ons 'n kans te gee, as julle bespreek by die kantoor vir julle saamtrek, gebruik die woord "forum" as a wagwoord en ons sal beslis afslag vir julle kan gee. Ek kan wel vir julle noem dat ons 'n sekuriteits persoon by die hek aangestel het om deur die park te patroleer in die aand. Lekker dag en vele kampgroete Adele hennoopsprideoffice@gmail.com 083 288 9915
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2014 @ 14:56:10 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1160
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years
Ja nee, klink goed!
Dis ook nie sover van my af nie, en natuurlik ..... daardie wegwyser wat melding maak van die 4x4 roete is 'n GROOT aantrekkingskrag vir my!
Adele, miskien kan jy ons meer inlig omtrent daardie deel van julle park? Ons was so 10 (?) jaar gelede op 'n 4x4 roete daar maar weet nie of dit dieselfde is nie??

Dan die volgende punt - wanneer gaan ons as 'n groep soontoe? Laat weet asseblief vroegtydig - "Pophuis" gaan saam!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2014 @ 15:12:18 pm
Anonymous

Moet eerlik en met respek sê, dit is 'n BAIE GROOT verandering en verbetering vandat ek laas daar was. Dit is nou so +/- 4 jaar terug.

Eerste ding wat ek opmerk, is die groot verbetering aan die plaveisel areas en die mooi blou swembaddens.

Welgedaan!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2014 @ 11:15:33 am
Hennops Pride Caravan Park
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 28 Oct 2014
Goeiemore
As jul nog nie plek bespreek het vir die naweek nie, skud lit, ons hardloop 'n spesiale aanbod slegs vir die naweek R500.00 vir 'n staanplek met krag en 4 mense ingesluit. Skakel die kantoor 083 288 9915 vir besprekings Vrydag tot Sondag
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za