English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 530
Total Replies: 252 796
Total Views: 83 249 091
topics: 11 576
replies: 139 218
views: 39 342 900
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Help asb met aircon in n Fleetline

replies: 10
views: 213
17 Sep 2020 @ 08:43:25 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 809
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek is seker dis ook n holrug-storie, maar ek kan nie die kommentaar daaroor kry nie. 

Het julle al 'n aircon in 'n Fleetline laat insit? Bekkie Bokkie Baby sê sy wil een hê. Waar sit julle die binne-eenheid? Ek aanvaar dat die kompressor voor in die pakplek gaan. Moet ek die kaste bo die tafel laat verwyder of verander? Ek neem aan hy kom nie bo die bed nie. Raas die ding? Is daar 'n spesiale model wat julle aanbeveel? Is dit die beste om dit deur 'n karavaan-agentskap te laat insit? 

En wat moet ek verkoop om een te kan bekostig?

Is die foto die ene wat julle aanbeveel. Ongeveer R8000-00.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 13:01:11 pm
Nagapie
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 06 Apr 2018
Experience: 17 years

Middag Dansan, 

'n A/C is amper 'n moet in 'n karavaan!!

Hoekom kyk jy nie na 'n portable A/C nie?

My ma hulle het nou een in hulle karavaan ingesit, en die kostes vir die verandering was onder R1000.00 A/C se prys ingesluit het dit hulle minder as R6000.00 gekos.

Die gat in die vloer saam met die dreinpyp en 'n ekstra kragpunt is deur 'n gerespekteerde karavaan hersteller gedoen, en die A/C kan in die huis ook gebruik word.

Die gat in die vloer wat ingesny word, word met 'n stofdigte skroefdeksel geseel as die karavaan gesleep word of gestoor word, kom by die kamp aan maak die skroefdeksel oop, steek die A/C se kezoem deur en daar het jy 'n A/C wat nie water in jou karavaan lek nie.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 13:06:27 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 809
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Thanx Nagapie, ek gaan bietjie by Caracamp inloer.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 13:10:58 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 875
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Hy sal werk

dis hoe ek myne in die sprite gedoen het

sien foto

so het ek geen kas spasie verloor nie

Die kompressor in die neus kas

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 13:36:05 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die draagbare lugreelaar is moontlik die goedkoopste opsie en kan ook by die huis gebruik word maar :

die kompressor geraas is binne die woonwa

en dit neem vloerspasie op.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 14:28:39 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Danie, ek het 'n 2011 Fleetline met 'n 9000 BTU lugreeling in.

Die compressor is in die neuskas en die binne eenheid is bokant die gordynkap van die agterrste syvenster.  Myne is aan die ikant waar die yskas en wasbakkie is.

Ek verkies hom daar want ek kan hom dan stel dat die lug op my waai as ek op die bed lê.

Indien jy beesluit om so 'n eenheid te koop, vra net vir die installeerders om vir jou een van daardie foelie wurms aan die compressor te heg om sodoende die warm lug buite die neuskas te kry. Die eenheid werk baie meer effektief met so 'n wurm.

Ons geniet ons lugreeling winter en somer.  

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 18:43:17 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Danie, het n 2016 model en lugreelaar op selfde plek geinstalleer as Chris Centurion. Werk goed vir ons. 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 13:56:02 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 809
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Fanx manne, ek sal met die bank gaan chat, dalk skrik hulle vir ny rewolwer en masker.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 14:20:46 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hendrik, oor die geraas van die draagbare eenheid:  Is dit dalk moontlik om die eenheid buite die karavaan te plaas en die koue lug met behulp van die die dik pyp binnetoe te lei?  Ek het nie kennis van die goed nie, so miskien kan dit nie werk nie- ek weet nie of die koue lug so uitgeblaas word dat dit deur 'n pyp belei kan word nie, maar indien wel, klink dit vir my of dit kan werk.  Is dit dalk ook moontlik om die eenheid so te verander dat dit wel moontlik kan wees?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 15:07:24 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Hendrik, oor die geraas van die draagbare eenheid:  Is dit dalk moontlik om die eenheid buite die karavaan te plaas en die koue lug met behulp van die die dik pyp binnetoe te lei?  Ek het nie kennis van die goed nie, so miskien kan dit nie werk nie- ek weet nie of die koue lug so uitgeblaas word dat dit deur 'n pyp belei kan word nie, maar indien wel, klink dit vir my of dit kan werk.  Is dit dalk ook moontlik om die eenheid so te verander dat dit wel moontlik kan wees?

Daar is nie voorsiening gemaak op die eenheid om die koue lug deurmiddel van 'n pyp te kanaliseer nie. Die eenheid wat ek destyds vir die ou Jurgens gekoop het, en nog het, sal moeilik gemodifiseer word om dit te doen. Onseker wat dit aan die doeltreffendheid van die eenheid sal doen.

In my opinie is die split unit die beste keuse. Die plasing van die condensor (voor, or agter) het albei voor en nadele. Vir 'n klompie ekstra Rande kan dit in die dak installeer word. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 15:23:50 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het 'n draagbare lugreëlaar in my wa. Dit werk soos 'n droom, maar het ook sy nadele. Dit staan voor in die wa waar ons "dinette" is. Omdat ons die "dinette" gereeld gebruik, moes ek 'n spesiale aanpassing met die tafel maak om bo-oor die lugreëlaar te pas. Die beenruimte wanneer ons daar sit is tot 'n mate beperk, maar nog heel gemaklik.

My wa het nog 'n vloer-"vent" (voor in die "dinette" area). Die warmlug-uitlaatpyp gaan deur die "vent" en pas knap daarin danksy 'n pasgemaakte "ply-wood" plankie wat styf daarin pas.

Ons het gelukkig nog nooit nodig gehad om dit deur die nag te gebruik nie. Maar op die warmste deel van die dag het ons dit verlede jaar baie handig gevind op 'n bykans skadulose staanplek wat ons by Eiland Spa gehad het.

Ja - dit dreun nogal hard in die wa, maar dit werk uiters effektief. Ek vervoer die lugreëlaar op sy staanplek in die "dinette" area. Ek trek dit vas met "ratchet straps" en ry probleemloos daarmee. Dit weeg te swaar om dit elke keer in die bakkie te laai en uit te laai.

Ek reken 'n "split unit" is ideaal, maar ek wou nie my neuskas opgee. En dit sou nie lekker op die A-raam pas nie. My wa beskik oor 'n agterruit wat ek gebruik as ek sleep en dit sou my sig belemmer indien ek dit agterop monteer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za