English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 772
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 083
Talk about the current road conditions throughout the country

Help Asseblief

replies: 8
views: 4300
15 Feb 2017 @ 11:06:26 am
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
Ek, Dalene en die brak wil vir so 'n paar weke Hartenbos se kant toe gaan. Ons slaap oor op Parys, Colesberg en dan weet ek nie watter pad die beste sal wees nie? Moet ek oor Graaf-reinet of oor Beaufort wes ry ? Ons kamp by Glentana en daarna by Montagu. Julle raad sal waardeer word !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2017 @ 13:07:16 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek kan net op die Parys -Beaufort wes deel iet sê.

Van Parys af kan jy maar gerus die N1 vermy tot by Bloemfontein.

Ons het so maand terug gery Parys- Vredefort (nuwe pad)

Vredefort- Kroonstad (ou maar mooi pad, laaste 5km by Kroonstad nie so mooi maar heel gaanbaar as jy stadig ry)

Kroonstad- Winburg (padwerke)

Kroonstad- Welkom- Bloem (Via ek dink R34 en R74) heel mooi pad en miskien minder besig as N1.

Bloem- Beaufort wes- Lank en boring maar goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2017 @ 13:32:02 pm
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
Dankie vir die Parys - Vredefort - Kroonstad inligting. Ek ken die Kroonstad - welkom pad na Bloem toe - Ry hom 2 maal per jaar vir opvolg ondersoeke by die onkoloog.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2017 @ 14:52:29 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die pad Graaf-reinet om is heel gemaklik om te ry met 'n kar alleen maar sodra dit saam met 'n karavaan is, is die pad so bietjie nou.

Mens moet dan maar mooi korrel as 'n trok van vooraf kom.

Ek sou aanraai dat jy van Colesberg af N1 ry Beaufort-wes, Oudtshoorn, George. Hier is die pad net nou tussen De Rust en Oudtshoorn en dan weer van Oudtshoorn af tot naby die Outeniqua pas. Die pas self is pragtige pad tot in George

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2017 @ 16:00:04 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Graaf reinet oor is die pad sleg en vol slaggate, maar is daar gewoonlik nie baie verkeer nie. Ek het al baie keer Graaf Reinet om gery wat ek die enigste voertuig was, terwyl Beaufort om taamlik besig is en jy gereeld agter vragmotors vashaak.

So, jy het twee keuses: slaggate sonder verkeer of verkeer sonder slaggate.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2017 @ 16:36:21 pm
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
Baie Dankie Diddo, Leon en Snys. lyk my ek gaan maar oor Beaufort-wes ry. Groete, Gert.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 18:23:40 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Nou ja so help ons mekaar op die forum
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 21:31:14 pm
Going Slowly
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 15 Jul 2015
Experience: 32 years

Gert

Ons het vandag met die pad tussen Parys en Kroonstad gery. Jy kan hom maar gerus ry. Geen slaggate nie. Daar is wel 'n stukkie vir plus-minus 10 km voor Kroonstad wat grondpad (padwerke) is. Die grondpad is beter as baie teerpaaie in die Vrystaat. Hy is heel aanvaarbaar aangesien die verkeer in verskillende rigtings geskei word met 'n breë middelstuk. Hoop die inligting help.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2017 @ 17:31:10 pm
Otot
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 24 Jan 2017
Experience: 44 years
Baie dankie Nic. Ons wil 2 aande by Eastco staan en dan aanbeweeg Colesberg toe. Kan iemand dalk help met voorstelle vir kamp in Colesberg ? Ons het die brak (kind) by ons so Aventura is uit vir ons. Dis nou min dae want ons ry Vrydag oggend vroeg ek wil weg wees voor die groot intog laeveld toe begin.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required