English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 303
Total Replies: 250 337
Total Views: 83 151 766
topics: 11 429
replies: 137 609
views: 39 290 307
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Help Asseblief !!!

replies: 12
views: 5564
08 Nov 2014 @ 16:34:47 pm
Anonymous
Ek het gister 'n baie slegte reek in my karavaan gekry. Na lang soek agter gekom die battery in die karavaan (Exclusive) is vuurwarm. Ek kon die water hoor borrel. Die battery het gebult op die kante. Ek het hom uitgehaal en dit het seker 6 ure geneem om af te koel. Nodeloos om te s, battery in sy m&@. Van wat ek op die forums kon agterkom het die battery ge overcharge?. Is dit moontlik. Die stelsel is permanent op krag en het nog nooit probleme gegee nie. Ek kan nie inligting op die internet kry oor my stelsel nie. Apollo 10 DB en laaier. Sien foto. My verstaan van die stelsel is dat die battery nooit sal oorlaai nie en afskakel sodra hy vol is. Enig raad? (Nuwe Laaier?) O ja, amper vergeet, hoe kry ek die vrot eier reuk uit my karavaan?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2014 @ 17:13:00 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Vat vanilla geursel gooi twee eetlepels in n koppie meng gooi in yskas more maak jy yskas droog met n natlap bob is jou uncle
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2014 @ 17:43:07 pm
Anonymous

Eugene, jammer vir gedoente, daai reuk is die hele wa vol as ek reg verstaan.

Jy sal moet als oop maak en laat ventileur, jy kan ook anti-tabacco lugverfrisser spuit na jy goed geventileur het, die anti-tabacco is oa deur airwick vervaardig en by enige ketting winkel verkrygbaar.

Ek hou maar altyd so blikkie lugverfriser in kar,woonwa en in die huis. Ons bly in fabriek dorp en is altyd bloot gestel aan Sasol se vrot lug.

Wat die laaier betref, kan ek nie veel help nie, myne is ook altyd aan en nog nooit so probleem gehad nie. Batterye het ook net beperkte leeftyd, en ek gebruik baie die ligte in die wa op batery krag en ook die movers om wiele te draai, asook die batery so bietjie te ontlaai.

Ek is net bly jy het dit opgetel voor daai batery gepop het, dit is lelik

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2014 @ 18:03:18 pm
Anonymous

Post die dom tablet 2x.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2014 @ 19:17:27 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Eugene

Ek het die selfde DB in ons 2007 Classique gehad, ok hy het nie die batery oorlaai nie maar het nie gelaai nie.  'n Ou in Pta. Noord het hom vir me reg gemaak, hu hey gesê dir was 'n algemene problle met daai Apollo 10 DB's, so laat hom maar na gaan.  Julle kan bly wees dir battery het nie gebars nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2014 @ 20:04:35 pm
Anonymous
Dis n groot probleem met die soort van laaiers, en dis nie net jurgens nie.. die battery het gekook... die vrot reuk is waterstofsulfiet, h2s, en dis die gas wat battery afgee soos hy kook... in ander drade sal jy sien ek waarsku teen dit om enige laaier en krag in karavaan te los, sommige karavane het erger dinfecal oorgekom, moes vloere, tente ens vervang..

moet liewer nooit n karavaan permanent op krag los nie, al vertel wie ookal op forum hy los al jare op krag, eerder versigtig as wat jy skade kry.. dis giftig, en as jy in karavaan geslaap het sal jy siek word.

ek weet van karavaan se sonreguleerder wat dit ook nou veroorsaak, battery kook op 15.1 v die hele tyd...

Mens kan nou maar kamma slimlaaiers ook insit, kan ook gebeur, hou risiko laag en weet wat aangaan met battery, veral as battery oud raak ook..

gee jou karavaan goeie ventilasie eers, dat gasse uitwaai
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2014 @ 21:46:12 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis nou vir jou ding, as die battery dit doen dan daar groot moelikheid ontstaan.

Hou myne daagliks maar onder die oog.

Probeer steenkool en assyn om reuk te verwyder.

Sterkte.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2014 @ 20:05:14 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 50 years
Afhangende van hoe oud die battery is en dan ook die onderhoud. die meeste "maintenance free"batterye se water moet gereeld nagegaan word. Die klampe moet ook skoon gehou word en die battery moet bo droog en skoon wees.
kyk ook na die chage rate.
Sterkte.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2014 @ 20:15:20 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1554
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Het al n ontplofde battery gesien,baie, baie groot moeilikheid ,luister maar wat die kenners se,moenie met die leeu se stert speel nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2014 @ 07:47:31 am
Andre Steyn
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 166
Joined: 28 Feb 2012
Experience: 16 years

Ek het ook n baie ou battery. So paar maande terug het ek hom ook hoor borrel. Baie saggies maar dit was daar.

Ek het belsuit om vir my n slim laaier te kry. Optimate 6

 

Van daar af geen probleem nie en die ou battery werk nog steeds.

 

Sterkte

Vriendelike Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2014 @ 08:29:27 am
Anonymous

Pieter, ek hou my yskas permanent aan, stel jy dus voor ek ontkoppel die batery?

Ek "discharge" hom deur die movers te gebruik om die wiele te beweeg as ek langer as 'n maand moet staan? Ek weet dis min, maar tog help dit.

Ek moes vroeer gereeld baterye vervang totdat ek dit op voltyds in geplug gehou het, nog nie weer probleme gehad nie.

Maar batery wat pop, is hengse groot gemors,(baie groter skade as vervang batery) wil ook dit liewer voorkom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2014 @ 11:15:03 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 61 years
Eugene, as batteries get old they can develop shorts between the cells of the battery and then overheat, so its possibly not your charger overcharging through it being faulty. You did not say how old the battery is, but being full time on charge I do not think would be so good for it unless the charger switches off when battery fully charged. A battery supply centre should be able to test your charger to see if it is overcharging, but with a voltmeter (multimeter) you can test the voltage and it should not be more than 13-14V on charge otherwise it is overcharging. Just do not smoke in a van if you smell that SO2 smell, a battery gives off hydrogen when charging which is explosive.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2014 @ 21:57:24 pm
Anonymous

Pieter, ek hou my yskas permanent aan, stel jy dus voor ek ontkoppel die batery?

Ek "discharge" hom deur die movers te gebruik om die wiele te beweeg as ek langer as 'n maand moet staan? Ek weet dis min, maar tog help dit.

Ek moes vroeer gereeld baterye vervang totdat ek dit op voltyds in geplug gehou het, nog nie weer probleme gehad nie.

Maar batery wat pop, is hengse groot gemors,(baie groter skade as vervang batery) wil ook dit liewer voorkom.


ek sou, want ek weet vir n feit die risiko om battery heeltyd op charge te hou is groter as wat mens normaalweg dink... soms volg mense die raad, soms nie, soms is jy gelukkig, soms nie.. ek vat nie kans nie, het al klomp teailers en karavane gesien met skade deur die probleem.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za