English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 650
Total Replies: 236 988
Total Views: 82 696 039
topics: 4 437
replies: 30 061
views: 17 391 571
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 316
replies: 219
views: 19 644
topics: 14
replies: 103
views: 52 070
ATKV Hartenbos Beach Resort
Western Cape, Hartenbos
74
Total Ratings: 74
74   
0
Rated: 11 Jan 2019
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Hartenbos winter kamp

replies: 10
views: 249
15 Jan 2020 @ 10:24:08 am
227rev
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 09 Oct 2013
Experience: 20 years

Enige ondervinding en terugvoer hoe dit is by Hartenbos in die Junie vakansie? Vol? Leeg? Omdat ek maar skrikkerig is vir Hartenbos wil ek dalk net paar dae bespreek en as mens dit geniet langer bly.

Die winder nagte baie koud of matig?

Enige terugvoer sal waardeer word.

Suid-Vrysaat groete.

Stefan.

Revelation 22:7
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 21:36:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek dink dis nodig om te gaan koud kry na Desember se verskriklike hitte.

Jammer ek ken nie daai deel van kamp nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 06:03:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wel daai deel van die land is dit veronderstel om te reen in die winter.  So jy moet nie lieflike weer verwag nie.

Ek was gereeld in Oudtshoorn op kursus gedurende die winter dan het sneeu so nou en dan op die toppe van die Outeniqua berge gelê. Wel dis nie permanenet so nie.

My opinie sal ek verseker 'n ander tyd van die jaar kies om daar te gaan kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 07:01:16 am
227rev
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 09 Oct 2013
Experience: 20 years

Wel daai deel van die land is dit veronderstel om te reen in die winter.  So jy moet nie lieflike weer verwag nie.

Ek was gereeld in Oudtshoorn op kursus gedurende die winter dan het sneeu so nou en dan op die toppe van die Outeniqua berge gelê. Wel dis nie permanenet so nie.

My opinie sal ek verseker 'n ander tyd van die jaar kies om daar te gaan kamp.


Dankie vir die terugvoer. Die tyd van die jaar is nie onderhandelbaar nie so ek sal maar ander plek eerder soek.

Net vir interesantheid ek sien die ewige betroubare Wikipedia wys dat Mosselbaai gemiddeld elke maand ongeveer 30-35mm reën kry reg deur die jaar. Met herfs en lente so katspoegie meer as die ander tye.
Revelation 22:7
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 08:38:56 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Stefan,

Ek het ook nog nie daai tyd daar gekamp nie maar van ander gehoor dit is lekker matig.  Kyk op yr se weer platforum wat sê hulle.  Ont hou Hartenbos lê teen die see en het nie altyd die selfde weer as Oudshoorn ad die Outeniqua berg sneeu op het nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 08:42:37 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 893
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Mosselbaai staan andersins bekend as "die Karoodorp by die see". Ek het al verskeie kere by Hartenbos in die winter gekamp. Uiteraard moet jy koeler weer verwag, maar in die algemeen is dit nogal lekker. Jy trek maar na die aand se kant toe ietsie warmer aan, maar menige dag is nog steeds kortbroek en kortmouhemp-weer.

Nee-wat, jy kan maar met 'n geruste hart in die winter in Hartenbos (waar ek tans is) gaan kamp. En jy sal verbaas wees oor hoeveel mense in die winter hier kamp.

Tans braai ons met die hittegolf wat oor die Wes-Kaap heers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 09:14:45 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Mosselbaai staan andersins bekend as "die Karoodorp by die see". Ek het al verskeie kere by Hartenbos in die winter gekamp. Uiteraard moet jy koeler weer verwag, maar in die algemeen is dit nogal lekker. Jy trek maar na die aand se kant toe ietsie warmer aan, maar menige dag is nog steeds kortbroek en kortmouhemp-weer.

Nee-wat, jy kan maar met 'n geruste hart in die winter in Hartenbos (waar ek tans is) gaan kamp. En jy sal verbaas wees oor hoeveel mense in die winter hier kamp.

Tans braai ons met die hittegolf wat oor die Wes-Kaap heers.

Hier het jy dit nou uit die "perd se bek". Gaan kamp maar gerus by my aftree dorpie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 12:12:05 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Stefan,

Winter is baie meer matig langs die Natal se kus.

Noordkus is dan ook beter (warmder), as die suidkus.

Kort broek en T-hempie meeste aande ook...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 12:23:58 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Neewat, Jy hoef nie vir Hartenbos in die winter bang te wees nie.  Soos gesê maak maar voorsiening vir koue, veral snags, maar 'n elektriese verwarmer en/of 'n elektriese kombers is die oplossing. Dit was maar die afgelope Desember ook maar koelerig hier- nou sweet ons! 

Dit is wel winterreengebied maar dit reen beslis nie elke dag nie en sommige dae is inderdaad so warm en selfs warmer as somersdae.  As daar sneeu oor die Swartberge by Oudtshoorn is, soos Leon noem,  is die inderdaad warm by die see as gevolg van die sogenaamde bergwind vanaf die koue binneland.  Dit klink deurmekaar maar dis maar 'n geval van koue lug wat digter is en dan teen die berg 'afstort' en dan as geval van die samepersing verhit.  Ons is 'n deel van die jaar op Stilbaai, sowat 70 km in 'n reguit lyn vanaf Mosselbaai, en ons kan maar ongelukkig net sommige dae die houtstofie aansteek omdat dit nie altyd koud genoeg is nie.  En as ons kan, is die BAIE gesellig.

Die mense uit die noorde wat gewoonlik die Kaap slegs in die somer besoek, besef nie dat die deel van die land einlik op sy mooiste is in die winter as gevolg van die winterreen.  Fynbos is in die bloei en die verskillende groen graan en canola-lande is 'n plesier om te sien.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 19:39:41 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1674
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Enige ondervinding en terugvoer hoe dit is by Hartenbos in die Junie vakansie? Vol? Leeg? Omdat ek maar skrikkerig is vir Hartenbos wil ek dalk net paar dae bespreek en as mens dit geniet langer bly.

Die winder nagte baie koud of matig?

Enige terugvoer sal waardeer word.

Suid-Vrysaat groete.

Stefan.

Stefan,

As jy Bethulie se winters kan oorleef, gaan Hartenbosch weer jou nie afskrik nie.

Gaan en geniet dit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 08:45:06 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Inderdaad Pottie.  Die see het 'n gematigende invloed op die temperatuur en dit word nooit snags aan die Suidkus so koud as plekke in die binneland nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required