English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 238
Total Replies: 248 939
Total Views: 83 116 177
topics: 11 388
replies: 136 647
views: 39 268 724
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Handsoppers

replies: 20
views: 456
23 Apr 2020 @ 08:56:26 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Sien gesigboekie is vol van "handsoppers"

As lockdown verby is klim ek op die 1ste vliegtuig uit die land uit. Ons land is aan China verkoop!

Shame, eks bly vir jou part. Eks bly jy kan n vliegtuig kaartjie bekostig. Meeste van ons kan nie. Ons sukkel om n tenk diesel te bekostig!

Dink jy na watter land toe jy ookal gaan daar gaan nie Chinese wees nie. Sies tog word wakker. China het vir ons die virus gegee, so ook vir al die ander lande in die wereld. Al goeie ding wat uit gekom het is goedkoop petrol en diesel wat ons in elk geval nie kan gebruik nie.

China is agter ons minerale aan. Dis al. Hulle stel nie belang om enige politieke party of Unie oor te vat nie.

Boikot Chinese produkte? Hoekom nie? Dit kan werksgeleenthede in hierdie land skep! Mense sit en wag om te kyk wat gebeur tussen Amerika en China! Al ooit gehoor van 2 honde baklei oor n been en die 3e stap daarmee weg?

Geleenthede, geleenthede geleenthede.

Handsoppers, vat die geld van jou vliegtuig kaartjie en begin iets. Al is dit klein. Begin net iets, want ek gaan!!!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 10:39:28 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hoeveel van hulle is hier...... en hoeveel het die virus......

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 10:46:21 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hoor Hoor! Hannes. Hoekom dink mense altyd die gras is groener anderkant die draad?  Menige van hulle het al baie armer en ontnugterd teruggesluip na ons land. Om tydelik oorsee te gaan vir die pret of ondervinding is een ding en dit is goed so, maar om dit te doen omdat ons land glo so sleg en gevaarlik sou wees, is om van een stel probleme na 'n ander, wat jy nie ken en kan hanteer nie, te vlug.  Hensoppers is die gepaste woord. As jy gelukkig daar anderkant is, goed so, maar bly dan asseblief daar. Ons het mense met murg in hulle pype nodig om ons land te bou.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:16:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons land se mense is baie beslis nie in n gunstige finansiele posisie om te kies om te sê ons gaan Chinese produkte boycott nie. Waar kom daai miljoene en miljoene maskers vandaan waar die invoerders so wag voor....beslis nie van n SA fabriek nie. Eerste produk wat ons kort en daar gaan soek ons reeds buite SA. Derduisende mense se besighede floreer op Chinese produkte....om te boycott gaan werkloosheid aanhelp en gevolglik armoede nog vererger omdat lokale produkte onbekostigbaar duur sal wees. Ek stel byvoorbeeld in n oorsee se produk belang wat my voor lockdown R793 sou kos. Die ekwivalente SA vervaardigde produk kos R6880. Ek sou lokaal ondersteun het as produk miskien R1000 gekos het....maar R6880 teenoor R793!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:24:52 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het nog niks uit Sjina ingevoer nie.  Ek het wel al 'n hele paar bloutjies geloop met ligte en gereedskap wat ek by die plaalike Sjinese mark gekoop het.  Onder andere LED ligte wat almal binne weke die gees gee.  Ek boikot reeds dié mark daaroor lank voor die huidige krisis.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:46:09 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hoor Hoor! Hannes. Hoekom dink mense altyd die gras is groener anderkant die draad?  Menige van hulle het al baie armer en ontnugterd teruggesluip na ons land. Om tydelik oorsee te gaan vir die pret of ondervinding is een ding en dit is goed so, maar om dit te doen omdat ons land glo so sleg en gevaarlik sou wees, is om van een stel probleme na 'n ander, wat jy nie ken en kan hanteer nie, te vlug.  Hensoppers is die gepaste woord. As jy gelukkig daar anderkant is, goed so, maar bly dan asseblief daar. Ons het mense met murg in hulle pype nodig om ons land te bou.

Waar is Pieter Brommer?

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:51:33 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dalk Sjina toe?surprised

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:55:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soms dink mens boycott, maar chinese invloed is so groot....om elke hoek en draai ondersteun mens hulle indirek. Ons het laas so gesels en was toe verbaas om te sien watse produkte kom vanaf china. Ek het byvoorbeeld n Snomaster kamp vrieskas.....wat ek gedink het is n goeie lokale item, tot ek sien op die boks staan groot MADE IN CHINA. Ek twyfel of daar enige SA'ner is wat niks chinees in sy huishouding het nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 12:36:58 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die situasie is dat 'n baie groot aantal Westerse en selfs Japanese en Suid-Koreaanse maatskappye van hulle vervaardigingsaanlegte na Sjina verskuif het omdat die land se arbeidskoste baie laer is en ook omdat die welvarende lande van hulle vuil industrië wou ontslae raak.  Dis maar 'n selfsugtige ding om te doen want hulle voer ook daardeur werksgeleenthede uit. Dis waarom Europese stede skoner is as dekades gelede en daar weer visse in sommige riviere is.  Sjina is reeds baie erg besoedeld maar dit bekommer die ontwikkelde land nie. 

Ek meen as 'n fabriek na Sjina toe verskuif is, sal die moedermaatskappy daarvoor sorg dat hulle standaarde gehandhaaf word, so ten spyte van wat ek hierbo gesê het, het ek nie 'n probleem om sulke produkte te koop nie  Daar is egter derduisende klein, privaat eintlik agterplaasfabriekies in Sjina wat baie van die artikels produseer wat ons op Alibaba en Banggood en ook by die Sjinese markte koop, waarvan die standaarde nie noodwendig baie hoog is nie.  Dis die goed wat ek probeer vermy.

Ek is ook maar soos ons almal, selfsugtig, maar ons het ook nie juis 'n keuse nie.  Ek is nie op 'n sending uit om Sjina te boikot nie, net om myself te vrywaar van onder-standaard produkte. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 14:34:15 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 947
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Waar is Pieter Brommer?

 

 

Geblok van die Forum.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 16:04:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geblok van die Forum.

Okay.....

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 16:24:32 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ja en sodra daar nuwe drama is kla hulle dat SA hulle moet kom red..  agge siestog

Ek sal maar bly en die ligte afsit as hulle nog brand

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 19:34:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15972
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het nog niks uit Sjina ingevoer nie.  Ek het wel al 'n hele paar bloutjies geloop met ligte en gereedskap wat ek by die plaalike Sjinese mark gekoop het.  Onder andere LED ligte wat almal binne weke die gees gee.  Ek boikot reeds dié mark daaroor lank voor die huidige krisis.

 Nog alles wat ek by die Chinese mark gekoop het werk nog.  Die reverse kamera stelsel werk al vir langer as 7 jaar en stil going strong.  LED ligte met beweeg sensors werk puik elke aand en hulle laai met son krag.   Nog 'n paar ander goete.

Feit is dat hulle op slinkse manier die wereld wil oor vat is nou maar so.  Of dit deur middel van geld leen aan ander lande is en dan kan daai land die lenings nie terug betaal nie of deur middel van die corona virus en verskuilde agenda daar agter.  Sal mens nie weet nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 20:42:38 pm
Dawie
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 04 Oct 2017

Dis so snaaks die wat gal braak oor China en hulle produkte, ek wil sover gaan om te se jou voertuig en maak nie saak wat jy ry nie en waar dit “gemaak” word nie het parte uit China in, dit sluit 10/1 ook parte van jou woonwa in. Of dit nou n elektriese harnas, n plastiek proppie of n deur handvatsel of skarnier, jy gebruik n produk uit China iewers. Die vraag is en bly waarom vervaardig ons nie self nie, is dit kennis of kostes en daai antwoord is baie duidelik

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 20:45:35 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Japan het reeds begin om sy vervaardigings aanlegte in China terug te skuif.

Baie lande gaan volg 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 21:08:04 pm
Dawie
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 04 Oct 2017

Nes jy se, maar dit gaan nie oornag gebeur nie en meeste kyk na India as n plaasvervanger. Bottom line is ons gaan nie more in SA begin produseer en ons eie rou materiale en arbeid gebruik nie dit is te duur en nie lewensvatbaar nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 22:41:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

China is meer betrokke by SA as net verkope van goedere. Hulle investeer ook hier....Google bv Standard bank, dan sien jy watse geld waarde in aandele het hulle daar. China se ontwikkelings bank het biljoene en biljoene geleen vir Eskom. Hoeveel biljoene us$ se beleggings het china belowe aan CR? Ons het hulle miskien nodig om ons aan die gang te hou

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2020 @ 08:49:05 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit is presies waarna Leon verwys.  Dis 'n nuwe vorm van kolonialisasie, nie met soldate en regeringsamptenare nie maar met geldmag.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2020 @ 21:37:05 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

In SA voer ons die rou produk uit Sjina toe en voer weer die verwerkte produk terug in want ons arbeid is te duur en ons produksie te stadig. Dit is hoekom daar so groot verskil in die prys is soos wat Geert noem. Sjina is nie net by ons bedrywig nie maar hulle is besig oral in Afrika.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2020 @ 21:52:12 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Het hulle vakunies in China?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 11:38:05 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek bly net hier

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za