English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 986
Total Replies: 243 358
Total Views: 82 947 973
topics: 191
replies: 3 036
views: 73 999
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Handrem 2007 Gypsey Romany

replies: 5
views: 121
06 Jan 2020 @ 13:40:28 pm
JacquesFev
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 23 Dec 2015

Ek het onlangs 'n 2007 Gypsey Romany gekoop by Leisureland, Bellville. So vind ek uit na 'n ruk dat die handrem stop nie die wa agtertoe nie. M.a.w. as dit teen 'n opdraende staan loop die wag agtertoe, selfs met die handrem op. Handelaar sê dit moet so wees - is so ontwerp.
Nou verstaan ek nie hoe dit moontlik is nie. Ons ou wa het 'n handrem wat in beide rigtings werk. Wat is die nut as dit net 1-rigting werk?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 14:05:47 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 411
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

So ontwerp dat jy agteruit kan stoot.  

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 15:59:40 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het toevallig hom Saterdag gebruik op die Classique werk hy agteruit as jy hom optrek en hy is af gehak.

Dalk is joune nog ou generasie en soos Flip sê.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 17:04:22 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jaques, My 1984 Sprite se rem het netso gewerk en ek het dit tot my voordeel gebruik.  As jy die handrem optrek en jy swaai die disselboom links en regs, “stap” die karvaan agteruit. Dit was baie nuttig vir ons stoor-opset.  Ek het eenmaal amper die karavaan agteruit oor ‘n afgrond laat loop omdat ek toe onbewus was die handrem werk nie agteruit nie. Net die vinnige bykom van twee groot manne het die ramp gekeer.

Ons huidige karavaan se rem doen ook sy werk agteruit terwyl jy wel ook agteruit kan stoot.  Ek moet nog probeer uitwerk hoe die ding aanmekaargesit is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 21:19:47 pm
JacquesFev
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 23 Dec 2015

Dankie vir die terugvoer. Ek dink ek verstaan. Maar wonder hoekom my vorige karavaan 1982 Fleetline wanneer gehaak kon terug stoot sonder probleem en die handrem het beide rigtings gewerk wanneer afgehaak.

Fred ek het self amper die Romany verloor op 'n afdraende agteruit omdat ek nie bewus was van die storie nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 08:07:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het onlangs 'n 2007 Gypsey Romany gekoop by Leisureland, Bellville. So vind ek uit na 'n ruk dat die handrem stop nie die wa agtertoe nie. M.a.w. as dit teen 'n opdraende staan loop die wag agtertoe, selfs met die handrem op. Handelaar sê dit moet so wees - is so ontwerp.
Nou verstaan ek nie hoe dit moontlik is nie. Ons ou wa het 'n handrem wat in beide rigtings werk. Wat is die nut as dit net 1-rigting werk?

 

Die handrem moet werk as die karavaan agteruit loop.  Dit neem egter minder as 'n meter se terugloop voordat dit inskop weens die terugstoot stelsel.  Daar moet 'n paar dinge reg wees om seker te maak jou handrem werk na agter toe.

  1. Die rem verstelling op elke wiel by die rem skoene moet reg wees.
  2. Die afstande op die rem lyn tussen die onderskeie onder dele veral by die handrem hefboom moet reg wees.
  3. Dan moet jy daai handrem op trek dat die hefboom bykans regop na bo staan.

So behoort die rem na agter te werk.  

Dit is info wat op die forum op 'n vorige bespreking geplaas is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First