Ek sien hierdie gadget teen 'n billike prys is nou by Adendorff beskikbaar.
Met gereelde gebruik sal mens 'n vroee aanduiding kry as daar probleme is. Dit sal duidelik toon wat is die oorsprong v d hitte wat nie altyd met die hand se voel bepaal kan word nie.
Danie, Jy hou van jou gadgets né! Hierdie een lyk weereens baie nuttig- baie nuttiger as een wat fisies kontak moet hê. Interessant, ek dink dit sal kan selfs 'n mens se temperatuur kan meet. Hulle gebruik deesdae sulke infra-rooi in party hospitale en as jy van die buiteland af op OR Tambo aankom, meet julle jou temratatuur sommer oor twee meter om vas te stel of jy nie dalk een of ander koors die land inbring nie. waarskynlik dieselfde tegnologie.
Daardie infrarooi temperatuur meter is nie akuraat nie. Toets dit teen 'n gekalibreerde meter en daar kan 'n groot verskil wees. Ons meters word jaarliks gekalibreer en 'n sertifikaat uitgereik anders word die lesings nie aanvaar nie. Wil nie graag onnodig bekommerd/oorgerus wees nie.
Sal graag wil weet watter persentasie van woonwaens het wiellaer probleme. Persoonlik het ek nog niemand langs die pad sien staan of iemand ontmoet wat gestrand was nie.
Danie, Jy hou van jou gadgets né! Hierdie een lyk weereens baie nuttig- baie nuttiger as een wat fisies kontak moet hê. Interessant, ek dink dit sal kan selfs 'n mens se temperatuur kan meet. Hulle gebruik deesdae sulke infra-rooi in party hospitale en as jy van die buiteland af op OR Tambo aankom, meet julle jou temratatuur sommer oor twee meter om vas te stel of jy nie dalk een of ander koors die land inbring nie. waarskynlik dieselfde tegnologie.
Daardie infrarooi temperatuur meter is nie akuraat nie. Toets dit teen 'n gekalibreerde meter en daar kan 'n groot verskil wees. Ons meters word jaarliks gekalibreer en 'n sertifikaat uitgereik anders word die lesings nie aanvaar nie. Wil nie graag onnodig bekommerd/oorgerus wees nie.
Sal graag wil weet watter persentasie van woonwaens het wiellaer probleme. Persoonlik het ek nog niemand langs die pad sien staan of iemand ontmoet wat gestrand was nie.
My 2c is soos volg.
Ten 1e voel ek met gereelde gebruik weet mens wat die lesing in sekere omstandighede. Mens wil dus net sien as daar 'n afwyking is.
Dit maak nie saak as die eenheid op 50 grade miskien 45-55 lees nie. Ons wil net 'n aanduiding he spesifiek waar die hitte vandan kom. Kontakloos is net soveel makliker. Dit maak bv nie saak of mens nog 7L brandstof oor het as die naald op E staan. Ons weet ons moet ingooi voor ons gaan staan.
Oom Johan ek glo nie mens moet sover gaan om te MOET weet wat die maksimum is nie. Ons het mos al gesien in motorsport hoe die skywe rooi gloei gedurende wedrenne. Solank die temp net nie vir ure lank hoog bly nie. Verder as mens so pas gerem het dan sal die lesing duidelik wys dat die dromme warm is maar nie die middelpunt v d wiel waar die laer is nie. Ek dink op die stadium en met Brommer se inset wil mens dalk meer konsentreer op laers wat te veel ghries in het en warm word. Laers ge mens baie lank 'n "early warning"Soos op my vorige draad genoem was die persoon se skade R30 000 na die laer gegroet het. My idee sal wees om te probeer stop na mens vir 'n hele ruk gery het sonder om te rem. Sou die dromme dan warm wees kan daar moontlik skoene wees wat nie terugtrek na daar gerem is.
Fred - danksy Albert van Mech Tech wat my gewys het dat die duurder CAT selfone 'n ingeboude temp scanner het. Die scanner wys selfs 'n mens se hand temp wat jy op 'n tafel geplaas het nadat jy jou hand weggevat het. So wys dit ook verskillende temperature op verskillende dele van mens se hand. Fred die uitvind v d gadgets het ook te doen hoe baie mens lees en gedagtes uitruil met ander mense. Ook as jy net ronddwaal en jy sien iets wat jy nie ken nie - dan kan die gedagte opkom maar watse ding is hierdie?
Ek dog toe oom Johan praat v d 950Nm torsie v d nuwe Jeep sjoe dis vrek baie. Gister moes ek toe uitvind daar is 'n ander passasiers motor wat al 1150Nm ontwikkel. Verbeel jou dat daar luukse voertuie is wat 0-100 doen in net oor die 3 sek.
Ek glo nie dis nodig dat ons almal nou spring om nuwe CAT selfone te kry nie - hehehe.
Pieter dankie vir die inligting. Het al baie laers in my lewe vervang en tog het een koeltoring ons aanhoudend probleme gegee. Toe die hele spulletjie laat balanseer in posisie en probleem opgelos.
Nou die gedagte - hoeveel wiellaers word beskadig deur wiele wat nie gebalanseer is nie. Sal mens die vibrasie voel gedurende die sleep? Hoeveel keer balanseer ons die wa se wiele?
Temperature wat deur laers aanvaar kan word word sterk beïnvloed deur die hok ("cage") van die laer en ook, natuurlik, die smering.
Toets temperatuur vir laers is gewoonlik 40ºC, m.a.w. teen die temperatuur word die verwagte lewe van die laer bepaal.
Op die onderwerp van smering is genoeg gepraat, maar, die meeste van ons alledaagse laers het gewoonlik 'n hok van ligte plaat materiaal. Die aanvaarbare hoogste temperature word vir die materiaal gestel op 70ºC, maar tot 90ºC is nog moontlik, teen baie kort tye.
Weens kostes is die ligte plaatmateriaal in sommige laers vervang met Polymide materiaal (lig kleurige plastiek/teflon tipe materiaal). Die byvoordeel van hierdie materiaal is dat alhoewel die maksimum temperatuur nog steeds 70ºC is, hoër temperature aanvaar kan word, aangesien die Polymide materiaal sal smelt en verdere beskerming en smering aan die laer sal verskaf - nou beslis nie iets wat 'n mens sal wil toets tydens 'n rit af Kaap toe met jou karavaan nie, maar dit is daar.
Met byvoeging van allerhande addisionele middele is daar selfs van hierdie laers wat nou sonder enige verdere smering kan loop - maksimum temperature is tot 200ºC. Smering word verskaf deur die laerkompenente wat teen die hok raak/draai, en so smering kry. Die goed het selfs die voordeel dat jy kan SIEN as die smering van die hok onvoldoende is - die hok word óf spierwit óf blou (n.a.v. die toepassing en die tipe laer!!), maar dit kos geld!! Maak egter sin by applikasies waar dit moeilik is om laers geduring te kan smeer, en/of waar dit moeilik is om laers te kan bereik (dink aan wind kragopwekkers ens.)
Ander materiale wat gebruik kan word vir hierdie hok is koolstof ("carbon"). SKF Suid Afrika het die voorreg gehad om die eerste maatskappy ter wereld te wees om van hierdie laers te verskaf (wat temperature tot 350ºC kan weerstaan) aan 'n baie bekende maatskappy wat sogenaamde "wafers" verskaf vir roomys. Ongelooflik om te kan verneem dat hierdie laers - die hok verskaf die smering, so geen verdere smering word vereis nie - nou al 15 jaar loop sonder enige probleme (net so wel: die laers wat ons vervang het destyds het R25.95 elk gekos, maar moes elke 2 - 3 weke vervang word, met meegaande produksie probleme ingesluit. Die "nuwe" laers het 'n ongelooflike R1192.00 ELK gekos, en daar is 72 van hulle ......) Koste van die laers is dus gedek deur die minder probleme en vervanging van die laers op die lang duur.
Wiellaers op ongebalanseerde wiele word verder beskadig deur die ekstra las wat op diesulke laers geplaas word. As jy dink hoe die stuur van die motor deur ongebalanseerde wiele beïnvloed word, kan jy dink hoe die arme klein laertjies moet voel! Verdere skade word aan wiellaers aangerig deur foutiewe skokbrekers, wielsporing, wiele met sogenaamde "flat spots" ens.
Dankie Nico vir weer baie insiggewende inligting rondom veral die sintetiese "hok". Ek het amper begin dink ons praat van Rotties"
Ek is heel tevrede met die instrument. Ek het so klompie plekke getoets soos bv waar die uitlaatpyp uit 'n enjin kom en soos jy verder weg beweeg na die knaldemper kan jy die verandering duidelik lees. Die enjinblok ook warmer gemeet as bv 8cm weg v d enjin op die uitlaatpyp.
Huis se plafon bv 29 as die mure 25 is wat reg lyk. Dis is baie sensitief en neem net 0.8sek om 'n lesing te kry.
Weens die tydperk wat hierdie tegnologie beskikbaar is dink ek die akkuraatheid het alreeds baie verbeter maar dit bly 'n aanduiding.