As gevolg van omstandighede moet my D/C plek maak vir n SUV, maar iets wat ons Penta kan sleep. In die begroting pas die 2.0L auto van Honda en Mazda (2015 modelle), beide +-114kw. Dis sal ons dag-tot-dag motor wees, so kan nie te oud met te veel kilos oorweeg.
Penta wys 1300kg gross, beide voertuie mag wettig 1400kg+ sleep volgens wat ek lees.
Gaan dit werk?
My skoonpa ry ‘n Honda CRV 2.0. Lieflike voertuig maar baie pap. Ek dink jy gaan sukkel om ‘n groot wa soos die Penta te sleep. Net my opinie . Weet nie van die Mazda nie.
Kyk mooi na nm en gewig van jou motor
Welkom op die forum Chris.
Ek voel ook die Mazda en Honda in hul petrol modelle kan sukkel met 'n Penta. As dit egter die Mazda 2.2D dan was die antwoord baie positief.
Kyk gerus hier en kies 'n woonwa met dieselfde gewig as die Penta.
https://towcar.info/GB/
Chris. Die geskikte kombinasie werk op n 80 - 20 ratio. As jou voertuig nog 20 persent oor het ivm gewig om te sleep is jy fine. Op die limit te werk is risikos loop van vele probleme.
Tyd gelede was Honda CR-V deel van sleep Kar van die jaar. Ek dink dit was n diesel model. Wat ek wel Kan onthou die toets was gedoen met n Penta. Hy het glad nie sleg gevaar onthou ek maar ongelukkig niks meer detail.
Die Mazda is natuurlik een van die mooiste SUV's vir my. Maar daar sal ek ook Vir diesel gaan. Jy gaan sukkel om n Penta te sleep met n petrol engin onder 2.4 capacity
John ja die Hondas is oorsee beskikbaar met 'n diesel en in hierdie klas was die Honda H-RV Diesel ook motor v d jaar maar nog nooit beskikbaar in ZA. Dis egter baie jammer.
Meer inligting:
https://www.thetowcarawards.com/tow-car/honda-hr-v/
Car Mag 2014
Gaan op Google. Search what tow car .com
Sit jou karre daarin en kry terugvoering's van sleep vermoee
Hier is die link
https://towcar.info/GB/
Baie dankie vir die goeie terugvoer mede-kampers!
Lyk my ek moet maar vir eers verder huiswerk doen.
Groete
Ek is ook van opinie dat 'n petrol voertuig onder 2.4 so effe te lig is vir gemaklik sleep met 'n Penta.
Dit is maar 'n feit dat jy beter sal vaar met 'n diesel voertuig. Dan Chris is die gewigte wat op die karavane aangebring is nie 100% korrek nie. Kanse is baie goed dat jou Penta swaarder is as wat aangedui is.
Hoop jy kry gou 'n plaasvervanger vir die Tipper.
Laastens welkom op die forum. Ek hoop jy gaan nog baie saam met ons kuier.
Welkom op die forum.
Ek was 3 jaar terug gedwing om sleepkar te koop.
Het Suzuki Grand Vitara gekoop. Het heeltyd met diesel Hilux'e gesleep.
Die Vitara is 2.4 petrol en ek het Swing gesleep. Dit was n enorme aan passing en ek het by tye gesweet om te sleep. Ook swaar op petrol. Het 6km/lt gekry as ek sleep.
My raad....gaan vir Diesel.
Wat Honda betref, daar was n paar diesels in SA bekend gestel. Hulle is bitter skaars. Het n man by die Eiland ontmoet wat een het en hy was Hoog in sy skik met die sleep vermoee.
Het `n hele paar jaar terug met `n CR-V (2.2) diesel model gesleep.
Die ding het oraait gesleep maar turbo het gegaan en dit was `n storie (`n Duur storie) om dit reg tekry. Het die voertuig verkoop terwyl hy nog reggemaak word. Tot Honda het kop gekrap met daai kar.
Nogmaals dankie almal vir vriendelike verwelkoming en die advies.
Beter om advies van ouens wat al daardeur is te kry. Maak sulke forums lekker.
Soos met baie dinge lyk als mos "grand" op papier
Hou ons maar op hoogte oor jou besluit. Ons nuuskierigheid is nou geprikkel en sal graag wil weet wat jy gekoop het om die Penta te sleep, hoekom jy daai tipper gekoop het, en dan volgens jou hoe werk hy vir jou?
Diesel verseker die antwoord hy lewer meer NM
Slotsom van die verhaal:
1. Na al die advies en oplees/google het ek besef die petrol motors gaan nie die pyp rook nie.
2.Het na meer diesel opsies gekyk (Cx-5, Kia Sorento, Hyundai Sant-Fe) maar almal ver bo ons begroting of anders met baie kilos op. (Die Mazda bly maar vir my een van die mooistes.)
3. Ek stap toe toevallig by n handelaar in en daar staan n gebuikte Audi Q5 2.0tfsi Quattro vir die presiese 'begroting' prys met billike jaar en kilos. Heng jy hoor skaars daai enjin 'puurrr'... En ek dog 'wow, hierdie is nou van Bo', maar hengit hul bied my toe R35000 minder vir my bakkie aan as wat ek gedink het billik isπ.
Na die tyd gewonder of ek rerig al die kamp goed (stoele, rooster, tafel, ens) in Audi sou laai π€ (ek verkies om niks los in karavaan te pak om krappe en skade te beperk).
So het toe besluit die Navara bly vir die sleep en ons sal maar op ander plekke plan maak om als te laat klop. Met al die loadshedding betaal ons darem minder vir krag ook π...
Maar om nou n sprong te maak, dalk n duisend of twee maandeliks te spaar en heel moontlik sit met n kombinasie wat nie saamwerk/kar wat ingee agv vrag is nie die moeitewerd.
MAAR KAMP SAL ONS KAMP.
Laat die vure brand!
Maar net my gevoel, voorkeur en ondervinding met sukkel.
Ek ry eerder met n Navara Kairo toe voor ek Vereeniging toe ry met n Audi. Slag my maar af oor die Audi storie maar ek het nog net 3 keer in n Audi gery, Al drie het soos nuut voor gekom en Al 3 het my Lang's die pad weg gegooi. Dit is net my vrees vir daardie brand.
Baie sal weer se dit is n fantastiese Kar en ek se beslis so as Hy nie probleme gee en dit is n baie mooi voertuig. Nuut en onder full maintenance plan, yes. anners lyk Hy vir my baie mooi by n ander baas.
Goeie besluit om eerder by jou Navara te Bly.