English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 098
Total Replies: 227 150
Total Views: 82 257 164
topics: 100
replies: 1 521
views: 33 964
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Gypsey Romany omskakel van buisligte na LED

replies: 7
views: 178
11 Aug 2019 @ 18:20:46 pm
Pierre
New Member
70% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 31 Jan 2012
Experience: 13 years

Ek beplan om Gypsey Romany 1994 se buisligte aan die binnekant om te skakel na 12v LED ligte

Ek het bietjie geloer en getoets maar wil weet of dit moontlik is om direk op die bestaande ligte 'n LED strip te koppel wat dan sal werk soos wat ligte voorheen gewerk het - wat my pla is dat ek bietjie getoets oor die naweek en ek meet 12,4 volts op die bestaande lig indien dit aangeskakel is en dan as ek die led toetsliggie koppel brand dit glad nie so duidelik as wat ek direk op voertuig se battery sal koppel nie wat ook 12,4 volts meet

Is dit nie die regte uitweg nie en sal ek dan die hele lig moet vervang ?

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2019 @ 19:40:11 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Pierre dit is ongelukkig nie moontlik om op jou foto te sien hoe jy die kpppeling gemaak het nie.

Verwyder die ou lig se binnewerking, behalwe vir die skakelaar, heeltemal en koppel dan jou LED ligte direk aan die inkomende drade.  Het my Palma so verander en dit werk baie goed.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 00:01:32 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4143
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Pierre jy hoef nie die omhulsel te vervang nie. Soos Flip genoem koppel jy direk die 12V op die led lig. Maak net seker watter draad is positief. Jy kan enige v d 12V led ligte insit. Maak net seker jy gebruik 'n 12V drywer of koop die reghoekige LEDS wat van 12V af werk en gebruik die lengte wat vir jou skerp genoeg is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 06:20:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13631
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Onthou die buis ligte het gewerk deur 'n klein PC board. Dit moet jy ook uit haal.

Jy kan die 12V krag toevoer drade direk netso op die LED strip koppel.  As dit aanvanklik nie werk nie ruil net die twee punte om.  Soos Danie sê maak net seker watter een is pos en watter neg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 10:34:37 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7566
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 10:46:58 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4143
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hierdie liggies werk vir my baie goed. Mens kan dan self kyk hoe skerp is 2,3 of 4 en aanpas volgens behoeftes en is baie goedkoop(R20). Dan verder het elke liggie ook omtrent 5 LEDs in en sou 'n LED ingee dan brand die oorblywende LEDs steeds. Sou mens verkies kan mens in die bestaande lig se deksel 'n 2e switch insit om bv vir dim net 1 te laat brand soos as mens net 'n effense lig wil he.

Die liggies gebruik omtrent 1W elk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 12:07:49 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Jip Danie, daai mannetjies werk goed, veral waar jy min spasie het.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2019 @ 22:26:24 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4143
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het 2 in my bagasiebak en lekker skerp. Ook 2 in my neuskas. Die foto hierbo is geneem waar ek 5 bokant my garage deur het as ek houtwerk buite doen. Ek het ook 3 ingepas in 'n 10W LED spot wat uitgebrand het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required