Middag almal,
Was n ruk laas op na ons karavaan verkoop het voor boeta gebore is in 2020. Nou dat boeta 2 is het ons weer karavaan gekoop. Vorige wa was 1985 Fleetline L en nou het ek mooi opgepaste 1999 Gypsey Regal gekoop by 'n oom in Centurion.
Sleep nogsteeds met Ranger DC behalwe nou die 2.0 SiT. Mense die wa is lang en groot en hoog. Ek het nie die beste sleep ervaring gehad met die Jurgens nie so meer skrikkerig vir die een. Die Jurgens het 'n enkel arm gehad en die een darem 'n A-raam. Is stabiliser die antwoord of sleep ek hom net so.
Ek sleep ons Penta sonder enige iets en hy bly stabiel agter my teen ń gemiddelde spoed van 110-120 km/uur.
Alles hang ook af van jou bande.
Ek het BF Goodridge op en vind hulle baie stabiel.
Ek sleep ons Penta sonder enige iets en hy bly stabiel agter my teen ń gemiddelde spoed van 110-120 km/uur.
Alles hang ook af van jou bande.
Ek het BF Goodridge op en vind hulle baie stabiel.
Dit sou een van my volgende vrae gewees het. Die wa het vir +-4 jaar gestaan so nuwe stel bande is op die kaarte voor ek sleep.
Dit is 185/70 R14C en sal kyk wat ek kan kry
Het altad my pad karavane met n tando gesleep. Met die 4x4 karavane gebruik niks nie.
Ek dink nie daar sal probleme wees as jy om reg laai nie. Maar, dit is soos hulle se, n tando of yellow blade ens. is net eksta versekering.
As jy Tando wil koop ek sien Comet het op special vir R1200
Geluk met die nuwe ou wa..
Lekker kamp.
Op die explorer het ek nie n tando gebruik nie.
Met die classique het ek een met twee stange op.
Nee wat, ek glo ook as jy die gewig reg pak, sleep jy lekker.
Maak ook seker jy pak nie alles in die karavaan nie, jou bakkie het ook gewig op die as agter nodig.
Ek glo nuwer karavane met groter wiele is baie meer stabiel as vroeër se karavane met die klein wieletjies wat nog lyk of hulle ver binne toe is ook. Regte bandruk maak groot verskil in "swing" van karavaan.
Nee wat, ek glo ook as jy die gewig reg pak, sleep jy lekker.
Maak ook seker jy pak nie alles in die karavaan nie, jou bakkie het ook gewig op die as agter nodig.
Ek gooi gewoonlik die tente en pale in die bak en sit dit nie in die karavaan nie.
Op die explorer het ek nie n tando gebruik nie.
Met die classique het ek een met twee stange op.
Ek kan onthou op die Jurgens het Oom Chuck vir my daai dubble stabiliser geleen om te toets of hy sou werk
Ek glo nuwer karavane met groter wiele is baie meer stabiel as vroeër se karavane met die klein wieletjies wat nog lyk of hulle ver binne toe is ook. Regte bandruk maak groot verskil in "swing" van karavaan.
Ek het dieselfde gesit en bespiegel. Die een wheel arch het skade en moet weer geseel word aan die binnekant. Wil laat kyk of dit moontlik is op die arch te vervang en grooter te maak om 15" wiele te kan gebruik.
Geluk met die nuwe wa.
Ek sou eers erenstig gaan oplees oor hoe die "Sway control" of wat ook al die vervaardigers dit noem.
Ek sal niks sleep met 'n stabiliserder nie. My keuse.
Sien dit so dat jy sit nie 'n 30 amp fuse op bedrading wat aanhou die 10amp blaas nie. Jy stel net die probleem uit om later groote skade te he.
Die fabriek elektronika werk so dat hy net die limiet verskuif, en jou voertuig pro aktief op tree, as jy nou nog extra meganika by sit is die margenaal grooter en as hy glip is die gevolg net baie grooter
Watter grootte bande jy ookal op sit, maak seker dis kommersiêre of bakkiebande, ook genoem "8 ply". Gewone motorbande het nie voldoende dravermoë vir jou redelik swaar karavaan nie. Hou wat jy het. Destydse kaaravane is strukktureel en vering-gewys ver beter as hedendaaagses en kan potenieël baie langer hou.
https://www.towbarexpress.co.uk/trailer-stability-control
https://mycardoeswhat.org/towing-affect-cars-safety-features/
My vrou weet van karavaan pak.
Ek los daardie "joppie" vir haar.
As sy hom pak, sleep ek soos ń droom wat werklik geword het, maar as ek hom pak is sleep nag en ń nagmerrie (LOL)
Ek kan onthou op die Jurgens het Oom Chuck vir my daai dubble stabiliser geleen om te toets of hy sou werk
Yep. En nou het ek hom op die classique en werk hy 💯
We had a Gypsey Regal for many years. It was very stable when towing (and I never used a stabiliser). I think if it’s packed correctly (weight distributed correctly), and your tow vehicle meets the weight/tare requirements, you won’t have any problems. No need to stress...