Vir die van julle wat nie plek het vir n skadu-net struktuur oor jou karavaan nie. (n Skadu-dak sou te hoog wees in my geval) Ek het hierdie stuk blink materiaal by n viniel-winkel gekoop en dit laat vaswerk aan my huidige sonskerm. Ek het gaatjies laat maak elke 400mm al langs die kante. Dit bedek my hele karavaan en dis verbasend hoe koel dit die karavaan hou. Wanneer ons gaan kamp rol ek dit eenvoudig op en neem dit saam. Dit pas perfek wanneer die dak opgetel is. Die materiaal het n handdoek-materiaal aan die binnekant.
dis nou 'n blink gedagte
Ry met een saam wat ek nog nie eers uit sy plastiek gehaal het nie.
Wat was die kostes per meter en hoe breed is die materiaal? Lyk of dit beter kwaliteit kan wees as die standaard silver seil wat mens by jou lokale kamp winkel koop
https://hayfordtraders.co.za/product/ripstop-foil/
Dankie Swanie.....waardeer!