English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 503
Total Replies: 234 912
Total Views: 82 549 798
topics: 85
replies: 1 559
views: 186 769
Share your best or worst experiences to help others out.

Groot dankie aan medekampers se hulp

replies: 27
views: 669
16 Sep 2018 @ 17:01:46 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

My nuwe 220V A-raam mover is amper klaar. Nog net die handvatsel en koppel hefboom en dan verf.

Ek wil graag hierlangs my dank betuig aan Leon, DK en Nico vir hul hulp met sekere meganiese dele vir die aandrywing.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 18:26:02 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1320
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Wow, that looks excellent.

Let us know how it works.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 18:40:49 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Lyk na n bielie wat hard kan werk ,geluk met die eindproduk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 18:45:33 pm
Anonymous

My nuwe 220V A-raam mover is amper klaar. Nog net die handvatsel en koppel hefboom en dan verf.

Ek wil graag hierlangs my dank betuig aan Leon, DK en Nico vir hul hulp met sekere meganiese dele vir die aandrywing.

 

laughing

kiss Bliksement!!!, toe jy my vra oor die "bushes", het ek jou gevra wat jy probeer doen.

Welgedaanlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 19:37:36 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

@John - Thanks. I am sure it will work well as I have been using a 12V unit I built 5 years ago which had only a 200W motor. The previous one I used a hand held forward/reverse/off switch. On this unit I select the direction on the white box but decided to use a remote unit for start and stop.

@Dirk - dankie

@Dennis. Baie dankie.  Jammer dat ek nie geantwoord het waarvoor ek die buste wou he nie. Ek het dit seker mis gelees. Iets wat deesdae nogal met my gebeur. Die buste is gebruik op die 25mm as en die 34mm deel kom aan die flense vas waaraan die wiele vasgebout is. Die 50mm deel is waar my "grup screws" vaskom op die 25mm as.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 19:47:31 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1941
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Pragstuk. As n man kan dan kan jy. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 21:48:43 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2608
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Met 'n A-raam mover is daar natuurlik die probleem van vastraf teen opdraendes, maar met die tipe wiele wat jy gebruik, behoort die probleem baie kleiner te wees.  As jy reeds so-iets gebruik, het jy sekerlik nie die opdraende probleem nie.  Die ding lyk baie professioneel- geluk- jy kan maar!  Hoe sterk is die 220V motor en watter soort is dit- ek raai nie brushless nie aangesien jy duidelik nie spoedbeheer het nie.  As dit professionele geheime is, met nie antwoord nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2018 @ 22:16:26 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie Fred. Ek kan net noem as die oppervlak goed is soos plaveisel of teer dan kan mens selfs teen die strate se skuins randsteen opry voor die wiel gly. Wel ek het lank my enkelwiel eenheid gebruik en nou het dit 2 wiele ipv net 1.

My neus gewig is 100kg en ek vind geen probleem met gly op die grasperk behalwe as dit goed nat is. Tydens 'n onlangse toets met my ou mover het ek gevind as die neus gewig bv 50kg is dat selfs 'n 700kg wa baie ver kan loop terwyl die mover stilstaan en op plaveisel sleep.

Verder dis 'n 0.75kW induksie motor. Ek wou nie gaan vir spoed beheer nie want ek is nie bereid om te toets hoe goed die inverters is waar mens spoed beheer kan toepas van omtrent 10Hz tot 50Hz. Ek het al 3 vriende gehelp waar hul inverters vir spoed beheer ingegee het. Dus @ die koste wat meer is as 'n nuwe motor vir die inverter gaan ek maar eerder sonder die spoed beheer.

Dit kon wel 'n "brushless motor gewees het en steeds nie spoed beheer nie. Ek wenbs mens kon 'n plek in SA kry wat al die "brushless" motors invoer. Hulle sal vir dieselfde krag net meer as 50% weeg wat die induksie motor weeg.

Vir die wat belangstel die mover beweeg teen 0.9km/h en baie stiller as 'n gelykstroom motor soos algemeen gebruik word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 04:52:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14524
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lyk baaaaie nice Danie...geluk!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 05:03:50 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6430
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

lyk baie mooi.

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 06:34:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daars hy Danie. Die hulp was 'n plesier veral as die eind produk so spoggerig lyk.  Nou gaan jy en ma glad nie sukkel om daai wa oor die gras te kry nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 06:36:59 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 811
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

My nuwe 220V A-raam mover is amper klaar. Nog net die handvatsel en koppel hefboom en dan verf.

Ek wil graag hierlangs my dank betuig aan Leon, DK en Nico vir hul hulp met sekere meganiese dele vir die aandrywing.

 

Mooi Danie. Jy kan vir my video stuur as jy hom toets.

Mymover is ook nou klaar en ek het die bedrading mooi in "sleeving" gesit.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 09:27:24 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie julle.

Hennie jou mover vat die koek. Ten volle.onafhanklik van krag. Jou ontwerp is uniek. Ek sal vir jou 'n video stuur. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 12:46:43 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Danie, dit lyk baie professioneel. Netjiese werk.

Ek is maar stupid met die goed, maar waar kom die bolhaak om die wa mee te haak?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 13:20:34 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 811
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Danie, dit lyk baie professioneel. Netjiese werk.

Ek is maar stupid met die goed, maar waar kom die bolhaak om die wa mee te haak?

Danie gebruik nie die bolhaak. Laat hy maar vir jouself verduidelik.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 13:29:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Uitstekend.

Sal goed in sand werk.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 13:33:32 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Pottie ek het 'n aparte stuk yster met 'n gat in waarin die pyp wat jy kan sien indruk aan die teenoorgestelde kant as die jockey. Deur nie die bal te gebruik nie kan ek die woonwa ry tot presies oor my haak en net die wa optel en die mover uithaal en dan weer laat sak.

Verder is die pyp dikte so gekies dat dit binnie in die jockeywiel pyp ook kan indruk. Dis hoe ek dit in die begin gebruik het maar dan moet mens eers iets onder die a-raam sit na dit hoog opgetel is sodat dit daar bly om die mover uit die jockey se pyp te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 14:12:09 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dankie Danie.

Ek het die mover dus van 'verkeerde kant' af bekyk.

Nou maak dit sin.

Wonderlik wat bietjie ekstra inligting/kennis vir 'n mens kan doen.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2018 @ 14:49:13 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Die foto van my ou mover het nie die stuk pyp wat ek insit net as ek hom op die wa het dat ek hom makliker kan stuur en dit skuif net in. In die begin het ek sommer met die voet die motor gedruk om te stuur. Dit loop nogal lank reguit sonder om te moet stuur.

In my geval sal die klein wiele in die lug wees sodra die pyp binne in my monteer posisie inskuif en dra die trek wiele al die gewig.

Wat ek wel gaan mis is my ou mover met die 1 oppomp wiel het maklik gedraai en nou sal mens die 2 wiele oor die grond moet trek om te stuur daarom het ek nou die handvatsel aangesit. Dit help ook om hom te verskuif sonder om hom op 220V in te prop. Ek gaan ook net 'n kort 220V koord he tot in my neuskas waar my kragpunt sit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 06:24:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14524
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie julle.

Hennie jou mover vat die koek. Ten volle.onafhanklik van krag. Jou ontwerp is uniek. Ek sal vir jou 'n video stuur. 

Miskien sommer n link hier plaas wat mens na die video neem

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 06:43:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Danie jy sal maar 'n video moet maak van waar die krag in prop tot by die mover en hoe die ding werk en jy hom stuur.

Youtube hier kom ons.

Jy gaan 'n ster raak..............Ha Ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 09:48:56 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon en Geert ek sal maar vir julle moet Watsaap. Ek het nog nooit iets op YOUTUBE gelaai nie. Ek sal kyk of ek met Ma se hulp op FB kan plaas.

Leon ek moet darem se ek gebruik my huidige enkelwiel "help my trap" mover nou 4 jaar en glo die dubbelwiel gaan net beter werk. Dit het vir my 95% v d tyd gewerk so dit is vir my goed genoeg. Ek het net 3 keer met ou een gesukkel en 2 keer was dit sopnat en op daardie dag met die mover afgehaal moes ons 4 mense help stoot om die wa oor die gras te beweeg. Ons het selfs gegly weens die gebrek aan vastrapplek. Een ander plek was die gruis teen 'n skuinste in Pretoriuskop.

Soos genoem prop die mover in by 'n 220V prop in my neuskas soos op die foto. Die wit boksie op die foto is waar ek rigting verander en aan en af kan sit. Die 220V in die neuskas word dan aan en af gesit via 'n gewone hek tipe "remote".  Dus kan ek rond beweeg en dit enige tyd stop of aansit. Dan hoef ek net vir die stuurwerk by die mover te wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 10:18:01 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1064
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Wel gedaan Danie ... lyk pragtig en ek hoop jy het baie geluk met die dingetjie. Ek antwoord nou eers want met die voornemende getrekkery wat ons be-oog, is ek maar vrek besig en ver van "gesels" af.

Moet egter erken, my huidige mover werk ook baie goed, en is heelwat mooier as joune ..... ek noem haar "Joanie", of "Liefie"!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 10:25:44 am
Anonymous

Wel gedaan Danie ... lyk pragtig en ek hoop jy het baie geluk met die dingetjie. Ek antwoord nou eers want met die voornemende getrekkery wat ons be-oog, is ek maar vrek besig en ver van "gesels" af.

Moet egter erken, my huidige mover werk ook baie goed, en is heelwat mooier as joune ..... ek noem haar "Joanie", of "Liefie"!!

laughing Jy gaan ook in die ''Dog Box'' belandsealed

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 10:37:07 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel gedaan Danie ... lyk pragtig en ek hoop jy het baie geluk met die dingetjie. Ek antwoord nou eers want met die voornemende getrekkery wat ons be-oog, is ek maar vrek besig en ver van "gesels" af.

Moet egter erken, my huidige mover werk ook baie goed, en is heelwat mooier as joune ..... ek noem haar "Joanie", of "Liefie"!!

Ek het altyd gedink jou mover is eintlik jou Jimny - hahaha

Sterkte met die pak en sien jou die lang naweek iewers................................

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2018 @ 11:03:08 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 546
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Nico, daardie "mover" van jou kos baie geld alhoewel dit 'n meerdoelige "mover" is.☺☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2018 @ 10:15:52 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4441
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon soos jy aangevra het hier is die muurprop vir die mover. Die wit prop kry krag vanaf 'n remote om die mover aan/af te sit. Hierdie muurprop het ook nou 'n 2e doel en ek kan 'n lekker skerp lig buite opsit sodat as mens iets in die nag hoor kan die lig met die remote aangesit word. Ek het juis op 'n puik 220V 50W LED lig afgekom so week gelede. Dit lyk sommer so stuk blik maar sjoe dit lig 'n hond uit 'n bos uit.Dit sprei omtrent 170 grade. Dit weeg ook seker minder as 350 gram. Ek glo dit lig net so goed soos die visstok tipe ligte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2018 @ 14:12:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon soos jy aangevra het hier is die muurprop vir die mover. Die wit prop kry krag vanaf 'n remote om die mover aan/af te sit. Hierdie muurprop het ook nou 'n 2e doel en ek kan 'n lekker skerp lig buite opsit sodat as mens iets in die nag hoor kan die lig met die remote aangesit word. Ek het juis op 'n puik 220V 50W LED lig afgekom so week gelede. Dit lyk sommer so stuk blik maar sjoe dit lig 'n hond uit 'n bos uit.Dit sprei omtrent 170 grade. Dit weeg ook seker minder as 350 gram. Ek glo dit lig net so goed soos die visstok tipe ligte.

Hoe sê hulle.................... nou is dit net "Plug and Play! ! ! !"

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required