English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 934
Total Replies: 224 850
Total Views: 82 149 087
topics: 10 666
replies: 121 987
views: 38 748 101
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Groot Foutjie

replies: 15
views: 412
17 Mar 2019 @ 12:27:33 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ons staandie afgelope week by ‘n lekker stil Shingwedzi, reg teenaan die draad. Baie min mense hier.

Vertrek more na Letaba, maar besef nou eers dat ons ‘n groot foutjie gemaak het - dit is skoolvakansie! Verwag dat Letaba, en daarna Balule en Satara tjokkeblok vol sal wees. 

Ek is nie bereid om vir kragpunte ens te stoei nie. Kan sien dat ek dalk vakansie kort  gaan sny.

Sal my ‘n les leer - volgende keer sal ek doodseker maak dat dit nie vakansietyd is nie!

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 12:30:07 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7323
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dis nie nodig om uit die wildtuin te vlug nie. 

Bly daar en geniet dit....

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 12:45:37 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1265
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

I made the same mistake once at Pilanesberg.

Maybe do as Chuck suggests, just ride it out, after all I presume you've paid up front.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 14:34:11 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6335
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Was gister Letaba heel leeg'

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 14:52:05 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Volgens SAN Parke se website is jy reg Frans. Kampplekke is vol bespreek by daai 3 kampe.

Maar ons weet ookal, hulle sisteem sê dis vol, maar dan is daar plek.

Ek sal my nie laat afsit as ek jy is nie. Jy is nou daar en het betaal.

Geniet dit net.laughing

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 17:46:05 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1408
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

As jy moet kamp skuif, doen dit vroegdag voor die groot gros opdaag.

Jy gaan ten minste nie sukkel vir 'n kragpunt by Balule nie, daar is nie kragpunte nie.

Geniet die tuin.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 17:46:37 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1652
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek sal daar eenkant agter in die kamp gaan staan waar jy vêr van die lawaai is en waar niemand jou pla nie. Baie geld om te verloor as jy ry...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 17:59:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13007
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

....dink die groot "rush" is meer oor die eerskomende lang naweek

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 22:07:37 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Verstaan nie. Het jul geboek of net kans probeer en hoop daar is staanplek. Wil nie graag n soortgelyke probleem vorentoe hê

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 08:02:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons was die naweek by Drieberge en alhoewel dit die eerste naweek was van die skoolvakansie was daar nog baie staanplekke oop.  Die toeloop is eers van die komende naweek af waar mense Verlof ingesit het vir die Vrydag.

Kuier maar nog daar rond. Kry net jou staanplek voor die Gautengers teen die kommende naweek daar opdaag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2019 @ 08:27:18 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ons het ons geliefkoosde staanplek by Letaba gekry. Baie gelukkig - maar nou het die hordes hier aangekom. ‘n Bogger oorkant ons wat nie drie woorde aanmekaar kan reig sonder om of fie “f” woord of die “k”woord te gebruik nie. Klomp raaserige kampeerders ook. Net wat ek gevrees het...☹️ Kon gelukkig ons ongebruikte dae skuif - teen ‘n fooi.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2019 @ 08:27:32 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ons het ons geliefkoosde staanplek by Letaba gekry. Baie gelukkig - maar nou het die hordes hier aangekom. ‘n Bogger oorkant ons wat nie drie woorde aanmekaar kan reig sonder om of fie “f” woord of die “k”woord te gebruik nie. Klomp raaserige kampeerders ook. Net wat ek gevrees het...☹️ Kon gelukkig ons ongebruikte dae skuif - teen ‘n fooi.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2019 @ 14:14:08 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1408
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons het ons geliefkoosde staanplek by Letaba gekry. Baie gelukkig - maar nou het die hordes hier aangekom. ‘n Bogger oorkant ons wat nie drie woorde aanmekaar kan reig sonder om of fie “f” woord of die “k”woord te gebruik nie. Klomp raaserige kampeerders ook. Net wat ek gevrees het...☹️ Kon gelukkig ons ongebruikte dae skuif - teen ‘n fooi.

Frans

Die ou wat so vloek weet nie eers hy doen dit nie.

Ek sou oorstap en op 'n mooi manier vra of hy asseblief nie so sal vloek in teenwoordigheid van jou vrou en gesin nie.

As hy kwaad raak, stap jy weg en hy het die boodskap gekry.

As hy sê jammer, hy sal daarop let, dan bedank jy hom.

Ek het dit al vele kere gedoen en ek is nog heel.

Sterkte met hierdie een.

Die ander voordeel van kamp is natuurlik dat as jy nie van jou bure hou nie, kan jy trek!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2019 @ 16:47:25 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Frans

Die ou wat so vloek weet nie eers hy doen dit nie.

Ek sou oorstap en op 'n mooi manier vra of hy asseblief nie so sal vloek in teenwoordigheid van jou vrou en gesin nie.

As hy kwaad raak, stap jy weg en hy het die boodskap gekry.

As hy sê jammer, hy sal daarop let, dan bedank jy hom.

Ek het dit al vele kere gedoen en ek is nog heel.

Sterkte met hierdie een.

Die ander voordeel van kamp is natuurlik dat as jy nie van jou bure hou nie, kan jy trek!

Net so Pottie.  Ek is afgetree. Een ding wat ek baie van het is tyd - kan enige ander tyd weer wildtuin toe kom. Ek gun diegene wat nie so gelukkig is nie hulle kansie ook. Ek het vir die verkeerde tyd bespreek - nie hulle nie...😀

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 09:38:12 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 495
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Shoe Louvan, jy het my laat skrik, ek het na my besprekings gegryp en gaan check. Ek staan in die Wille Kruger vanaf 24 Aug tot 08 Sept en ek sien dit val gelukkig buite die skoolvakansie-tyd. Glo my, ek het niks teen kinders nie, dis net hulle ouers wat somtyds n probleem is.

 

Dit bring my by n punt waaroor daar al in tydskrifte geskryf is. Daar behoort vir ELKE staanplek in die Kruger n kragpunt te wees. MAAR. Omdat SANPARKe blykbaar net besprekings vat vir die aantal ge-elektrifiseerde staanplekke vind ons gereeld dat daar nog heelwat oop staanplekke is wanneer ons by n kamp aankom. Mense gaan staan dan op n onge-dienste staanplek (party keer omdat daar meer skadu is) en lê dan n 50 meter kable aan van die naaste kragpunt, wat somtyds nog leeg is. Nou daag jy op by so n leë staanplek en tel probleme op wanneer jy jou kragpunt wil gebruik.  

 

Soos ek sê, kinders is nie die probleem nie .......

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2019 @ 17:11:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13007
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lower Sabie en Skukuza was gister chaos....hordes mense

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required