English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 316
Total Replies: 250 481
Total Views: 83 156 987
topics: 11 440
replies: 137 737
views: 39 294 036
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Grondseile ..........

replies: 23
views: 490
30 Jan 2020 @ 13:53:37 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1194
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ons staan hier by Umfula, net duskant Parys (kamp lekker 7,6 km van ons huis af!) sedert Sondag (lekker pensionaris week!)

Pragtige plek, mooi uitsig oor die pragtige Vaalrivier en ook die berge aan die anderkant. Heerlik.

Maar nou kom die naweek kampeerders hier aan - pragtige karavane, pragtige sleepgoed, word reg getrek hiernatoe, bietjie soontoe reg .... karavaan op sy plek. Goedjies word uitgehaal, stutte word gedoen, en dan .....

DIE GRONDSEILE word gespan ..... op die heerlikste mooiste, koelste, lieflikste groen gras!!!!

Nou my vraag - VIR WAT??? Is dit deel van hulle "ons-kamp-nou-lekker" storie, of miskien uit gewoonte? Kan nie wees vir stof nie, want die gras is lowergroen. Kan nie wees om gras uit die karavaan te hou nie want ons staan al 'n week hier en die waentjie is nog pragtig skoon!!

Of, mis ek iets???

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 14:07:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17164
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek is weer die ou wat so min as moontlik werk soek. So as ek op n staanplek kom en daar is net bietjie gras, probeer ek my wa só parkeer dat ek nie grondseil hoef uit te haal nie....hou van daai gras onder die voete. 

Dit waarna jy verwys het ek ook al by Bosveld Oase en Villa Spa gesien......weet nie....seil word seker maar uit gewoonte uitgehaal?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 16:22:10 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1060
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek is weer die ou wat so min as moontlik werk soek. So as ek op n staanplek kom en daar is net bietjie gras, probeer ek my wa só parkeer dat ek nie grondseil hoef uit te haal nie....hou van daai gras onder die voete. 

Dit waarna jy verwys het ek ook al by Bosveld Oase en Villa Spa gesien......weet nie....seil word seker maar uit gewoonte uitgehaal?

..so min moontlik werk soek...  Klink na ‘n Relaxed Camper...๐Ÿ‘

Never too old to have a happy childhood
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 16:29:13 pm
Anonymous

Ek verkies ook om op mooi groen gras NIE 'n grondseil te span nie..

Ek het ook so gedoen laasnaweek by wamrbad aangesien ek mooi gras staanplek gekry het.. MAAR TOE REEN DIT DIE NAG...

Volgende oggend loop ons in en uit ens en die gras is bietjie langerig en net met die heen en weer begin dit als natmaak, waar jy dus maklik nat sad saam optel en jou voete is nat ens... (alhoewel ek ook sonder die awning eers was...) 

Toe sit ons maar grondseil op en sit awning ook op die saterdag... Alhoewel dit nie die water sou keer voor die karavaan deur nie want dit wa laat mos water afvloei tot naby deur en dan drup dit daar af en die water le toe mos nou ook mooi voor deur en die in en uit van kids ens trap als modder deur........

Ek verkies gras onder my voete, maar as dit kwaai gereen het ens dan wil jy nie eintlik modderplasse trap nie..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 17:05:00 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 392
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Nico bespreek n mens n spesifieke staan plek of gee nie as dit Moontlik is is daar lekker staanplekke naby die ablusie blok

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 17:40:45 pm
Anonymous

Nico bespreek n mens n spesifieke staan plek of gee nie as dit Moontlik is is daar lekker staanplekke naby die ablusie blok

Tjaart, Umfula is redelik populêr.

Ek glo buite seisoen gedurende midweek sal nie probleme wees as jy vra of jy kan staan waar jy wil nie, maar naweke en seisioen tyd moet jy bespreek.

Ek moes voorheen buite seisoen bespreek omrede my tydperk oor ล„ naweek sou val.

Ons het toe maar eerder Dube gekies daardie tyd.

Ek het weereens Desember gesien hoe baie voertuie daar in en uit beweeg en glo die plek kan nogals vol raak en bedrywig.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 18:58:23 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4666
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Van die oorde laat nie grondseile meer toe op hulle gras reeds omdat gras later dood gaan van die seil

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 20:55:19 pm
Anonymous

Van die oorde laat nie grondseile meer toe op hulle gras reeds omdat gras later dood gaan van die seil

As elke staanplek mooi bolvormig is dat water nie inloop nie, dan yes, stem ek saam.. Maar holvormige staanplekke is 'n probleem met water al is die gras hoe mooi, modder sal jy deur daai gras trap in jou karavaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 21:24:01 pm
Anonymous

Weesgerus en Dube laat nie soliede grond seile toe op grasperke nie, maar wel gewone grondseile met luggate.

Ek hou van netheid, sodoende gooi ek my seile soos benodig.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 21:57:32 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Elke keer as ek klaar kamp was ek my grond seil. So die gras Kan nie kla nie my seile is skoon en ek vee dit so twee keer per dag. 

Kosie: Ek hou ook van netheid my seil is geontwerp om op gras te gooi. By Dolphin het die gras deur die seil gegroei en na twee weke het dit nie eens gelyk of iemand daar gekamp het.

๐ŸŒช๏ธ Worry ends where faith begins ๐ŸŒช๏ธ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 07:21:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal ook eerder sonder die grondseil op die gras staan.  By Merry Pebbles het die staanplek 'n sand kol gehad toe gooi ek maar eerder die grond seil oop.

Als hang maar af van hoe lyk die staanplek oor die algemeen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 17:05:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17164
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Elke keer as ek klaar kamp was ek my grond seil. So die gras Kan nie kla nie my seile is skoon en ek vee dit so twee keer per dag. 

Kosie: Ek hou ook van netheid my seil is geontwerp om op gras te gooi. By Dolphin het die gras deur die seil gegroei en na twee weke het dit nie eens gelyk of iemand daar gekamp het.

My vrou laaik dit ook om elke keer die seil te skrop.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 17:06:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Nee as daar gras is bly die seil in sy Las.

Soek gras onder my voete.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 10:13:28 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

As dit netjiese gasnyde kikuyu of LM gras is loss ek die seil in die kas. As dit nie aangeplante gras is nie soos kweek gras dan gooi ek die gaatjies seil uit. In kruger waar daar geen gras is nie gooi ek eers n' 80% skadunet en dan boop gooi ek my grond seil.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 20:53:30 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ekskuus as ek die draad kaap maar dink tog dit is rellevant hier by die grondseile. Hoe maak julle met die bietjies gras wat deur die grondseil groei as jy lank staan? Oral kom daar na die reen hier klossies gras deur wat nie netjies lyk nie. Ek wil nie gras beskadig nie maar hulle net hou waar hulle hoort.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 20:59:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17164
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ekskuus as ek die draad kaap maar dink tog dit is rellevant hier by die grondseile. Hoe maak julle met die bietjies gras wat deur die grondseil groei as jy lank staan? Oral kom daar na die reen hier klossies gras deur wat nie netjies lyk nie. Ek wil nie gras beskadig nie maar hulle net hou waar hulle hoort.

Probeer hom op te lig en weer neer te sit.....om die pale is dit maar gesukkel en dis juis daar waar hy die meeste groei....geen  verkeer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:49:26 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ekskuus as ek die draad kaap maar dink tog dit is rellevant hier by die grondseile. Hoe maak julle met die bietjies gras wat deur die grondseil groei as jy lank staan? Oral kom daar na die reen hier klossies gras deur wat nie netjies lyk nie. Ek wil nie gras beskadig nie maar hulle net hou waar hulle hoort.

Dit is nou maar iets wat gebeur.  Die rede vir die gras wat moet deur kom is mos maar om te keer dat die gras heelte mal vrek onder die grond net.

Ons het een jaar amper 3 weke in Balito gestaan.  Ek het die kantseil penne uitgetrek alles uit die tent gedra wat nou nie veel was nie en toe die grassnyer van die oord op hoë verstelling oor die net wat mooi vasgekap was gestoot.

So het dit weer chapperig gelyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:58:05 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek span die grondseil waarvoor dit gemaak is - GROND

As ek bv staan op plaveisel sal ek nie die seil inspan nie, as die gras groen os, ook nie.

As dit wintergras is, ja dan sal ek die seil inspan want anders trap jy daai dooie gras orals in.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 09:15:10 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 961
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek verkies ook om op mooi groen gras NIE 'n grondseil te span nie..

Ek het ook so gedoen laasnaweek by wamrbad aangesien ek mooi gras staanplek gekry het.. MAAR TOE REEN DIT DIE NAG...

Volgende oggend loop ons in en uit ens en die gras is bietjie langerig en net met die heen en weer begin dit als natmaak, waar jy dus maklik nat sad saam optel en jou voete is nat ens... (alhoewel ek ook sonder die awning eers was...) 

Toe sit ons maar grondseil op en sit awning ook op die saterdag... Alhoewel dit nie die water sou keer voor die karavaan deur nie want dit wa laat mos water afvloei tot naby deur en dan drup dit daar af en die water le toe mos nou ook mooi voor deur en die in en uit van kids ens trap als modder deur........

Ek verkies gras onder my voete, maar as dit kwaai gereen het ens dan wil jy nie eintlik modderplasse trap nie..

Dit is hoekom ek van Bosveld Oase hou. Groen gras oral.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 20:37:18 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 78
Joined: 18 Sep 2019

Ek gooi maar die seil. dan lyk dit of ek baie hard gewerk het

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 06:40:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Nog 'n rede waarom ek die grondseil uit lê is om te verhoed dat iemand anders onder my rally kom kamp.

Ons het op 'n slag by Dube gekamp en weens die staanplekke wat nie daai tyd deeglik gemerk was nie en die plek so vol was het ander mense amper hulle kinders se tent teen aan ons tent en wa opgeslaan.

Van toe af gee ons die oord maar 'n mis.  Verstaan dit al beter daar maar ja...................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 14:55:35 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het ook n' klein stukkie swart vis dam plastiek wat ek in die loop pad sit as dit moderig is. Dit is net in n' noodgeval maar werk goed as die staanplek voll modder raak. Die gaatjies gedeelte langsaan verdwyn sommer in die modder. Die seil moet nie te groot wees nie anders word dit n' dam :) Die plastiek is ook goedkoop. As dit droog raak dan trek ek dit weer uit. Dit versamel grond bo op. Julle moet onthouo ons kamp vir n' maand op een plek

80% skadu net onder die grondseil werk die beste vir stof en water...nie vir modder nie. Tot die kweek/wilde gras onder was nie dood nie en het met ons volgende besoek, n' maand laater, weer heeltemaal herstel.

Jy kan nie net 80% skadu net gebruik nie want dit is so glad soos seep en nie so sterk soos die grond seil nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 04:51:12 am
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Ekskuus as ek die draad kaap maar dink tog dit is rellevant hier by die grondseile. Hoe maak julle met die bietjies gras wat deur die grondseil groei as jy lank staan? Oral kom daar na die reen hier klossies gras deur wat nie netjies lyk nie. Ek wil nie gras beskadig nie maar hulle net hou waar hulle hoort.

Pull a rope through under the groundsheet hold both ends, the Swambo will have to help, walk from one side to the other dragging the rope it will pull the grass back under the groundsheet. 

We did this sometimes while we were permanent campers for long periods. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 07:56:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Pull a rope through under the groundsheet hold both ends, the Swambo will have to help, walk from one side to the other dragging the rope it will pull the grass back under the groundsheet. 

We did this sometimes while we were permanent campers for long periods. 

 

I found that the rope tend to hook here and there then you have to lift the  ground sheet high enough to unhook it.

Nowadays I use the garden hose. Have one to fill the caravan tank in any case.  And with the hose you can even do it without removing the ground pegs.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za