Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22123 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17866 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6324 |
Bostoe | 5503 |
BrianB | 5423 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2729 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2153 |
Chris Boucher | 2014 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1875 |
Nico | 1775 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1693 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1324 |
George | 1281 |
Louvan | 1260 |
RichardJ | 1192 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 863 |
JohanMarais | 821 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 665 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
Platinum Member | 250 + |
1Pierre2 | 444 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 422 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 279 |
Meerkat | 271 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 199 |
BigG | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





Groep kampe rondom Pretoria
Goeie dag, Ek wil graag weet waar rondom Pretoria vind julle die lekkerste oorde om as groepe te kamp. Groep kamp is vir my anders as huisgesin kamp. Jy wil saam met 'n klompie mense kan sit en kuier en braaiers deel ens. Soms is die uitleg van die oord van so aard dat jy baie privaat is maar nie lekker as 'n groep kamp nie.
Nou se dae sukkel mens ook omÃÂ besprekings vir groepe te doen.
Ek hoor graag van julle waar julle lekker kamp as groep.

Lebra Rest in Dinokeng. Lekker klein....as jy klompie mense is kan jy sommer die hele oord vir jou groep bespreek
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Lebra Rest in Dinokeng. Lekker klein....as jy klompie mense is kan jy sommer die hele oord vir jou groep bespreek


WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Laai die Kamp en Leef Gids hier op die forum af.
Daar kry jy alles.
Al weer oppad iewers heen.

Welkom op die forum
Sal nie vra watter Marlize dit is nie........
Al weer oppad iewers heen.

Die vraag is nie net vir 'n kampplek nie.........dit is vir 'n kampplek wat lekker kamp vir groepe. Ek kan hoeveel keer die Kamp en Leef Gids gebruik maar dit vertel my nie daarvan nie. Miskien lees ek dit verkeerd.
Asook watter kampplekke is behulpsaam met groep besprekings. Enkel besprekings moet binne n paar dae betaal word.
Groep besprekings wil graag 'n aantal plekke bespreek maar jy het nog nie die spesifieke persone nie. Deposito 'n maand vooruit dalk en teruggee van staanplekke wat nie opgeneem kon word nie.
Het julle dalk vir my sulke plekke se name asseblief?

Probeer, Almega in Dikoneng Ons het al 2 kerk kampe daar gehad en die jaar is dit weer daar.
082 452 0269
079 476 6821
Al weer oppad iewers heen.

Hoeveel mense is julle omtrent....hoeveel staanplekke neem julle gemiddeld?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Die groot ding is om die datums gefinaliseer te kry.
As jy dit het sal enige oord jou help. Ons het gevind dat aanvanklike reelings met oord getref word maar elke ou doen sy eie bespreking en betaling.
Hartbeeshoek het 'n tipe van 'n lapa wat mens as 'n groep kan gebruik vir saam braai.
Bosfontein het ook 'n groot lapa.
Ek dink Bush 'n Buck ook.
Drie berge het 'n Lapa in die middel van 'n plaas dam. Ongelukkig by die swem area en nie naby die kamp gedeelte nie.
Edenpark se staanplekke is van so aard dat groep by een staanplek kan bymekaar kom.
Andante se swem area is in die middel van so half maan kamp staanplekke en hulle het 'n klein kerkie vir 'n Sondag erediens.
Thaba Monate het ook 'n plek wat mens kan huur vir die saam braai. Dis by die swembad en ontvangs area somaak seker die besprekings is almal in daai omgewing en nie in die ander kamp nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Laaste drie oorde is nou bietjie verder van PTA af.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Nog 'n Oord net buite Warmbad langs Bosfontein Is Kleine Bella. Hier is 'n lekker braai area en vuur put tussen die karavane en tans is dit nie nodig om spesiaal te reel vir die gebruik daarvan nie.
Die plekkie is tussen die karavaan staanplekke. Die hout word voorsien solank as wat die eienaars besig is met ontbossing vir nog staanplekke.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Probeer ook: Achterberg Oase-Krugersdorp asook
Bush 'n Buck
Groete
Hierdie staanplekke by Mbizi is ook baie gewild vir groepe.....2 4 6 J H D E F G. Hulle staan dan rugkant na pad se kant toe. In die middel het hulle nou paving gesit waar almal lekker saam kan kuier en braai

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Afhangend hoe groot jou groep is.....ons het al by Weesgerus n vol sirkel van 16 staanplekke bespreek.....alhoewel ons net 14 karavane was....ons het daai oop 2 staanplekke gebruik om bymekaar te kom om te braai en te kuier....het goed gewerk. Daar is ook so n concrete blad tussen sirkel 1 en 2 wat groepe gratis kan gebruik. Ons het toe sommer tafels en stoele by Weesgerus gehuur wat hulle vir ons op staanplek gesit het....huurprys was baie billik.
Weesgerus was nog altyd baaaaie hulpvaardig met groepsbesprekings....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek dink op die einde is enige oord geskik vir groep kampe. Jy rig dit so in en maak dit lekker vir jouself.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Die beskikbaarheid van 'n Saal, Lapa of groot braai area maak die net makliker.
Ons was gaste een jaar saam met 'n karavaan organisasie by Atlanta daar het die mense maar so tussen die twee rye staanplekke gekuier. Dit het gewerk maar was nie die ideal nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

