English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 434 875
topics: 10 888
replies: 126 365
views: 38 909 772
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gradering van oorde wat NIE gelys is nie

replies: 6
views: 137
25 Sep 2019 @ 08:43:33 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ons het tydens ons Blomme Toer by 'n hele paar oorde gestaan wat nie op die Forum gelys is nie. Ek dink dit is tog die moeite werd om mense attend te maak op diesulke fasiliteite want sulke inligting kan baie beteken vir kampeerders én die kampterreine. Hoe gemaak?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:51:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nico eerstens dit was aangenaam om jou te ontmoet al was dit net vinnig soos 'n warrel wind.

Raakende die oorde terugvoer kan jy in die "dashboard" direk met admin praat.  Sodoende kan hulle by die oorde hoor of hulle hiervan deel wil wees. Indien nie Begin maar 'n onderwerp vir elke oord en gee jou indrukke daar volgens die Resort Rating se stappe.

Sou die oord wel besluit hulle wil deel raak van die Resort Rating kan mes dit altyd gaan opdateer. Of vir admin vra om die info oor te dra.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:17:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het 3 weke terug ook n oord gerate wat nie op lys was nie. Ek het net die oord se website link vir admin gestuur en dit was volgende dag gelaai gewees. Soos jy sê Nico....hierdie minder bekende oorde se terugvoering is waardevol vir ander.....veral as jy nog fotos ook het 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 10:15:04 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1744
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit sal beslis waardevol wees as alle oorde wat deur ons lede besoek word wel dan deur lede gradeer sal word. CPC is soos dit is die mees omvangryke webtuiste. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 10:39:57 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Admin het al 'n paar oorde, wat ek besoek het, op hul lys geplaas. Ek dink o.a. aan The Vale tussen Beaufort-Wes en Drie Susters, asook Kroon Lodge by Kamieskroon. Ek het ook Kromfontein in die Sederberge aanbeveel, maar ek neem aan dat hulle nie deel van die "rating" proses wil wees nie. Nogal jammer oor laasgenoemde, want dit is 'n puik plek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 11:49:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Admin het al 'n paar oorde, wat ek besoek het, op hul lys geplaas. Ek dink o.a. aan The Vale tussen Beaufort-Wes en Drie Susters, asook Kroon Lodge by Kamieskroon. Ek het ook Kromfontein in die Sederberge aanbeveel, maar ek neem aan dat hulle nie deel van die "rating" proses wil wees nie. Nogal jammer oor laasgenoemde, want dit is 'n puik plek.

Ja....weet nie altyd wat die rede sal wees om nie deel van die rating sisteem te wees nie....veral soos jy sê hulle n goeie rating kry. Ek het ook destyds Willemsrus gerate....daar was toe ook heelwat ander wat reeds gerate het.....almal baie positiewe terugvoering gegee....dit kan net goeie resultate bring vir oord.....en dis gratis publisiteit, maar lyk my hul verkies eerder om geld uit te haal op advertensies in maandelikse buite lewe tydskrifte. Ek weet daar is heelwat oorde wat nie eers adverteer nie....floreer net op positiewe terugvoering op social media 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 12:05:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis dalk die goeie terugvoer op sosiale media wat dit vir hulle dalk onnidig maak om deel te wees hier by CP.com.

Dan ook weet ons nie wat is admin se stand rakende 'n deelnemende oord nie. Betaal die oord iets of kry hulle die blootstelling verniet.

Ek weet nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required