English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 633
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 803 944
Jokes and everything else that makes you laugh

Gold Reef City

replies: 9
views: 3346
22 Feb 2017 @ 16:41:05 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Ek is ʼn pa. Soms moet ek my soos ʼn pa gedra. In die ou dae was dit albasters, tolle en ketties. Dinge het verander. So twee weke gelede fluister die twee stoutgat buurkinders oorkant die straat mos die woorde " GOLD REEF CITY " vir my laaitie.

Nou wat kan ʼn man nou doen? Jy gaan maar GRC toe. Oukei, so beloer ek mos hulle webwerf. Nananana, lyk heel mak, hier en daar ʼn ry en ʼn rol of twee. Ek wil in elk geval ook in die myn afgaan. So trek ek my plakkies aan, kam my hare en daar gaan ons, die hele fendÍmillie.

Ons kom nogal vroeg daar aan. Ek kap manhaftig twee worsbroodjies weg, en ʼn halfliter melk, en besluit om maar die pa-seun voetjies-vleg ding te doen en ry saam met sy eerste rit genaamd die Wegholtrein. Eers gedink die ding is vir kleuters, tot hy sywaarts ook begin beweeg.
Effe ongemaklik gevoel toe ons afklim. Waggel toe maar agter die mannetjie aan na die volgende een.

Hoor hom voor ek hom sien. Klink soos ʼn Boeing wat land.
Toe gewaar ek die groot naambord: Anakonda!

Ek het al gehoor van die goed. Nog net ʼn tuinslang van naby gesien. Maar nou ja, ek's mos die PA van die huis, dra die broek, issie ʼn sissie nie. Ek maak my arms bak, en ek loop fier en regop teen die dekplank op. Ek gaan die ding ry. Wat kan nou eintlik verkeerd gaan?

Eerste fout is die lang tou waarin jy moet wag. Gee jou kans om te sien wat doen die ding aan mense. Toe hy die tweede keer kom stop, klim daar so ʼn jong student af met spiere waar ek voue het. Hy skiet ʼn kat net daar oor die reling. Sy tjerie se denim is nat en ek kan sien sy het reeds Ďn kat geskiet!

Nou weet ek, my twak is uitgeknip en afgerol vir my. Ons beurt. My klein snotneus trek kleinkoppie, maar ma kyk my uit. Dis hier waar 'n mens maar maak of jy windgat en manlik is.

Hou my ken hoog en knyp die boude styf. 'n Mens klim in die ding en maak soos ʼn vlermuis, jy hang half onderstebo. Die veiligheidstaaf wil nie oor my hoenderborsie nie, so toe hou ek maar my lyf Ville Valo, en maak myself dun. Haak die belt een gaatjie te styf . . . dink ek. KLANG KLANG KLANG KLANG . . . en kom ons neuk nie rond nie . . .

Skielik is ek so bang dat ek ʼn nieraanval kry . . .
Dan draai die ding en dan HEL HY NA BENEDE MET DIE SPOED VAN WEERLIG. Glo my maar, vergeet van enige kar, bike, vliegtuig of wat ookal jou maatstaf is waarmee jy manlikheid meet, die ding gee gas soos niks wat ek al ooit gevoel het nie. Maar of dit nou nie genoeg is nie, gaan voeter die ding onderstebo met jou. Ek voel daai worsbroodtjies en melk hier teen my ribbes.

Nee wag, ek voel hulle tekstuur, elke enkele veseltjie en grein van hulle.
KÍrels, ons kom uit daai eerste draai met die spoed van flippen wit lig. Ek wil hÍ hy moet stop. Ek bid vir die eerste keer in 22 jaar. Ons maak weer gelyk. Toe slaan ons daai tweede kurwe.

Korter radius as die eerste.
Ons move so vinnig daar deur dat ek een van my plakkies verloor.
Eers onderstebo, dan deur twee reghoekige draaie waartydens ek tien jaar ouer word. En toe kurk-flippen-trekker hy met ons.
Klits daai worsbroodjie en die melk laat dit lyk soos daai gemors wat jy oor bobotie gooi.

Nog ʼn draai en, ag te hel daarmee, traak nie wat vroutjie of die wÍreld van my dink nie, toe skree ek soos ʼn Namibiese vlaktevlermuis wat se sonar gekalf het.
Ons kom daai stasie binne met gemors teen my bene en bobotie gemors in my hare teen 200 km/h en net vir die grap en net vir die pret, briek hy doodstil binne 10 tree.

Ek sit net daar, versteend, te bang om te roer.
Alles in een slag verloor. My trots, my valstande en my worsbroodjie.
Vroutjie wil nog soos ʼn wafferse Eva, ooo! en aaa! en kom ons ry weer die slang, maar ek bly dikbek en naar en hou voet by stuk ek wil huis toe gaan.

Die slang in die paradys was sekerlik ook ʼn Anakonda...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2017 @ 16:59:56 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dassie, NOU het ek lekker gelag.  Jy vertel hom goed, my vriend!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2017 @ 17:18:45 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Afrika is nie gebou vir sussies nie. Gold Reef City is in die middel van afrika
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2017 @ 18:43:08 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Dassie, NOU het ek lekker gelag.  Jy vertel hom goed, my vriend!laughing


Freda dankie vir die compliment maar soos ek vroeer gese het en vind die goed orals oppie web dan plaas ek dit maar hier vir lekker lag .Ek wens ek kon soos die man n storie vertel
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 06:36:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wil nog daaiding gaan ry. Man ek dreig nou al lank om dit te doen, maar ek is die enigste. Ma sê ek moet myself maar gaan geniet sy gaan nie eers saam soontoe nie.

Nou wie wil dit alleen gaan doen. So nou wag ek maar tot die geleentheid hom voor doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 08:04:45 am
mamba
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 22 Dec 2013
Experience: 39 years
Ek het al laaaank teruge geleer om nie daai goed te klim nie (aap streeke) daai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 12:39:17 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Mooi vertel, lekker gelag,
Dankie vir die deel...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2017 @ 08:45:30 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Willie, jy het nou my dag gemaak! Amper van die stoel afgeval!
'n Man moet maar jou perke ken, of hoe sÍ ek!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2017 @ 22:03:36 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Leon ek wil ook gaan ry maar my vrou na die 2 kids se nee, sy dink sy sal letterlik haar blaas en als verloor, so ek mis ook uit.. vroeer jare toe ons nog "gedate het" kon ons sulje dinge doen.. laaste was met swagerskap van dogtertjie (nog nie tie geweet) met die canopy tours by magoebas, iets anders maar ook so storie.. het later ook nagalies gaan dien maar nie so nice soos magoebaskloof nie.. daai anakonda ding klink rof, ek sal net graag heel voor wil sit in so ding en nie eet nie.. dink net jy sit agter en ou voor jou maak leeg?!!!!
geoooooorge! Bluuuuuuugh... nee dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2017 @ 16:52:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lekker gelag en goed vertel.

Leon sal hom saam jou gaan ry.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required