English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 643
Total Replies: 236 936
Total Views: 82 692 687
topics: 784
replies: 12 449
views: 4 940 931
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Gewone Trapezium of Straightliner

replies: 6
views: 14957
16 Apr 2007 @ 08:13:18 am
Deon
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 16 Apr 2007

Goeie dag.

Ons voertuig was so rukkie terug in 'n ongeluk nadat 'n dronk ou in ons vasgery het. Die gewone Trapezium op die voertuig is beskadig en ek wou nie 'n kans vat deur dit weer te gebruik nie.

Ek sleep 'n Gypsey Regal. Ek het verlede week gehoor van 'n Trapezium Straightliner. Hoe is die een anders as die ander. Die persoon by die ek ons nuwe sleepvoertuig koop, gebruik 'n Straightliner en het ook met 'n Trapezium gesleep. Hy sê die Straighliner is baie beter.

Gesien in die lig daarvan dat ek binne die volgende 10 dae weer 'n stabiliseerder moet koop, wat sou julle voorstel. Ek sleep met 'n KIA Sedona, 2.9 Handrat Diesel.

 Dankie solank vir julle raad.

Deon

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec 2007 @ 14:38:35 pm
ChristoB
New Member
11% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 21 Dec 2007
Deon, Ek val nou laat in die gesels in maar wil graag weet hoe jy die Kia Sedona ervaar. Ek kyk nou rond vir 'n volgende voertuig wat onder andere moet kan sleep en daarby meer gerieflik (krag vir die bulte gewys)m as my huidige Toyota Condor (2.4 petrol). Die Sedona (diesel handrat) het my aangenaam verras (gaan more die toetsrit deel doen) in meeste opsigte behalwe die aangeduide diesel verbuik indeks van 13.1 l/100 (=7,6 km/l). Dit is vir algemene gebruik so hoe ver gaan die syfer versleg as mens gaan sleep?? Sleep tans 'n Sprite Swing. Enige info in die verband sal waardeer word. Dankie by voorbaat, Christo B.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2008 @ 09:11:46 am
Marius
Gold Member
66% Profile Strength
Posts: 182
Joined: 14 Jan 2008
Experience: 44 years
Hi Kaspaas Ek wil nou nie onmin stook nie, maar om enige wa veral n' dubbelwiel bielie soos joune te sleep sonder n' stabilizer is moeilikheid soek. Ek het n' vriend wat n' dubbelwiel wilk sleep. Hy moes n' nood uitswaai "minuver" doen toe begin die ding swaai. Het jy al rook onder 8 wiele gelyktydig sien uitkom, hy het, nie van briek nie maar van sywaarts gly soos die wa hom oor die pad sleep. Hy was gelukig om dit onder beheer te kry. Hy het toe sommer by die naaste handelaar vir hom n' trapesium gaan kry. Ek het ook al gesien hoe rol n' nuwe Pajero met n' nuwe exclusive wat nie reg gepak was nie en sonder n' stabilizer gery het. Ek self sleep n' caravete 6 en het eenkeer n' paar kilo's ver sonder my tando gery en kon voel die wa is onstabiel. Sal dit nie weer doen nie. n' Trapesium kos nie soveel nie en kan jou baie geld spaar as dit jou "rig" regop hou in n' noodgeval. Jy sal dadelik ook die verskil voel waneer een van daai monster toerbusse by jou verbygejaag kom en jou wa amper tot in die anner baan suig. Dis n' dag en ang verskil glo my. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2008 @ 00:59:55 am
ZYLIE
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 25 Sep 2007
Stabiliseerdes vir sleep is 'n wye begrip. Die goue reel bly gewigsverhouding en korrekte laaimetode. Ek sleep reeds vir dertig jaar en het sleepvoertuie gewissel van swaar sedans, VW Mikrobusse, bakkies en 4x4 voertuie. Die beste was die VW Mikrobus weens die perfekte gewigsverspreiding daarvan. Die swakste was enige bakkie weens die eenvoudige veerstelsels daarvan. Groottes van woonwaens, Sunway, Swift en Gypsey Regal. Die teorie van stabiliseerders word verkeerd verstaan. Stabiliseerders hou die sleepvoertuig stabiel en nie die woonwa nie. Sywaartse kragte oor die lengte van die woonwa oorskry die weerstand of stabilieeraksie van stabiliseerders minstens 15 keer, sou jy dit tegnies bereken. Deur dus die voertuig te stabiliseer beperk jy dan die swaaiaksie van die woonwa. Die trapezium verskuif weer die skarnierpunt na die middel van die sleepvoertuig wat noodwendig die swaaiaksie sal verminder.Die goue reel bly dus: Die voeruig moet minstens 25% swaarder as die woonwa wees. Gewig moet gekonsentreer word op die wiele en meer na die voorkant van die woonwa se wiele. Spoed maksimum 100km/u ongeag die werkverrigting van die voertuig. Noodstoppe teen 100km/u is reeds al 'n risiko. Handhaaf hierdie reels en geen stabiliseerder sal jou ry en sleepgerief verbeter nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2008 @ 17:58:28 pm
Hans
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 02 May 2007
Toe my Penta se wiel Desember uitvoeter was dit die Trapezium wat 'n ongeluk verhoed het. As die Fordjie se radio bietjie harder was sou ek nie eers geweet het wat se gemors agter aan die gang was nie. Ek het gelukkig die onderaardse geluide gehoor en toe ek in die tru spieeltjie kyk sien ek hoe die woonwa terugkom in sy posisie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2008 @ 19:56:21 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years
Die ou gesegte het ek maar n stabilaseerder aangehad een dag is een dag ,sleep nerens sonder my trapezium nie en sleep al 40 jaar
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2008 @ 20:13:36 pm
Deon
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 16 Apr 2007
Hallo Christo en ander. Dis amper 'n jaar later en ek het toe maar die trapezium aangeskaf. Nog nooit spyt gewees nie. Christo, sien nou eers jou vraag. Ek geniet my Sedona BAIE en gaan DV volgende jaar weer een koop wanneer ek die huidige een inruil. Ek sal volgende keer egter mik vir die outomatiese ratkas; ek dink dis net makliker. Ek probeer altyd so veilig moontlik sleep en probeer my bes om nie oor 100km/h te gaan nie. As my kop soms bietjie dwaal, is ek sommer gou by 120km/h. Krag is daar oorgenoeg en vir my vrou en die 3 manne is dit 'n wonderlike voertuig. Ek sien die nuwe modelle kom met 'n 10jaar waarborg. Het jy toe 'n Sedona gekoop? Groetnis, Deon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First