English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 762
Total Views: 82 446 770
topics: 780
replies: 12 356
views: 4 928 586
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Gewigte by die weegbrug, die ware storieGewigte

replies: 15
views: 448
10 Jun 2019 @ 11:47:25 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Hallo almal wat al so baie ge-chat het oor julle wettige gewig en laai-gewig. Ek het vanoggend my Fortuner laat weeg, ek sluit foto's ook in. My tenk is vol, en net EK is in die motor, plus twee leë Engel yskaste. Kyk gerus hierna.

My lisensie sê my kar weeg 1,85 ton

Die lisensie sê ek mag nie meer as 2,51 ton weeg nie

Dus kan ek 700kg byvoeg, dis baie, oorgenoeg

Die weegbrug sê dat my kar  2,18 ton weeg (330kg meer!)

Ek mag nie meer as 2,51 ton weeg nie 

Dus mag ek volgens hulle nog NET sowat 400kg byvoeg, alles ingesluit. 300 kg VERSKIL!  

Ek mag net 1,36 ton op die voorwiele sit

Die weegbrug sê daar is op die oomblik 1,18 ton daarop

Ek kan dus nog 180 kg op my voor-as byvoeg

Ek mag 1,47 ton op die agter-as sit 

Die weegbrug sê ek het op die oomblik 1,0 ton daarop.

Ek kan dus volgens hulle nog 470kg byvoeg op die agter-as 

 

DAN : Saam met die karavaan mag ek nooit meer as 4 ton op die pad hê nie. Dus kan ek 1,8 ton sleep. Ek kan dus ongeveer 700kg in my Fleetline laai, dit klink baie erg vir my.  

 

 

DUS : Dit lyk my asof die syfers wat Toyota verskaf redelik ONakuraat is. Dit sluit duidelik 'n leë tenk in sonder bestuurder.

 

Maar : Shoe, ek kan eintlik nog NET 400 kg in my kar laai, en ek het al soveel keer met ses jerry-kanne EN 'n ekstra spaarwiel, vol gaskanne, vuurmaakhout en BAIE kampgoed in my kar gaan toer. 

Ek raai julle manne aan om ook die moeite te gaan doen en 'n besoek aan die weegbrug bring om seker te maak julle ry binne die wet. 

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:16:00 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Hi Danie, ek het ook die toets gedoen met my Penta by die Donkerhoek weegbrug. Daar is baia gewigte wat nie mag oorskry word nie maar die belangrikste wat eerste na gekyk word is dat die GVM van die woonwa nie die Tarra=1850 van die sleep voertuig mag oorskry nie. My Exclusive GVM=1800kg en Penta GVM=1400kg. Die aste van die voertuig (1300 voor en 1400 agter) en die woonwa (1600) se max kg mag ook nie oorskry word nie so ook die dra vermoe van all die bande (gewoonlik so tussen 600kg - 900kg per woonwa band). Die gewigte word deur die weegbrug per band gemeet. As jy dus die neuse van die woonwa swaarder maak (payload voorentoe in sit) dan dra die agterste as van die voertuig meer en die woonwa as dra minder...

Ek was goed binne perke met my Penta standaard gelaai.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:23:12 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Wat my ook pla is dat .... as ek dit reg het, moet jy 'n kode 10 bestuur-lisensie hê as jy meer as 3,5 ton sleep.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 17:22:26 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5647
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

" meer as 3,5 ton sleep."

Dit is net die sleepsel se gewig en nie die totale gewig nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 19:29:09 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Haai Willem, jy het al in 2016 op jou 2011 Exclusive hierdie onderwerp uiteengesit. Ek dink...ek weet...ek sit met jou probleem van Tarra en GVM op my Exclusive. My Pajero is gelukig Tarra 2200kg. Maar dit lyk vir my ek gaan GVM op die woonwa oorskry. Al is hy "leeg", sonder, gas, tent, paale,penne en gepakery.

Ek gaan dit laat check/uitsort waneer ek weer in PTA terug is.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 19:42:49 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5647
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Paul

Ja jy is reg, hier is my skakel.

Dit is presies wat ek ook onderfind het, daarom het ek dit gedoen.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 06:29:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Op Danie se weeg strokie sal duidelik gesien word dat Tara nêrens 'n roll speel wanneer die voertuig geweeg word nie.

Die GVM op die strokie en GVM op die ID plaatjie stem oor een.  Die strokie dui geen GCM aan nie maar die ID plaatjie wys 4010kg.  Dus met 'n GVM van 2510kg mag Danie net 1500kg wettig sleep......................... maar sy voertuig se "Actual Mass" op daai oomblik is 2180Kg. Dus kan dit wat hy sleep 1830kg weeg.

Danie maak die opmerking dat hy dan 700kg in sy Fleetline kan laai.  Dis seker so om by die totale GCM van die hele rig uit te kom. 

Moet net nie vergeet dat die karavaan ook op sy eie geweeg word nie.  En hier mag die karavaan se:

  • As gewig ook nie oorskry word nie
  • Bande gewig ook nie oorskry word nie
  • GVM ook nie oorskry word nie

Danie se weeg strokie is 'n puik voorbeeld van hoe die weegbrug werk en wat toegelaat word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 06:33:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kanse is goed dat Danie se Fleetline se gewigte hom sal beperk en die 700kg wat hy kan laai om by die GCM uit te kom  afbring na net 200kg toe.

Enigste rede is maar dit wat die Fleetline kan dra.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
11 Jun 2019 @ 09:42:15 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Leon, by my weeg loopie het hulle net die heele combinasie op die brug getrek en elke wiel appart geweeg. Dan twee voorstes bymekaar getel en middlestes en woonwa as wiele om as lading te bepaal. Toe die voertuig en woonwa plaatjies genoteer en daarop is die LEGAL gebaseer. Hulle het ook die band max dra vermoe genoteer en vergelyk met elk wiel se gewig.

Hier is my Penta se geweegde gewigte. Soos julle kan sien alles is LEGAL.

Ek het eer geweeg met all my standaard goed ingepak. Bedegoed, tent, pale, gas bottle ens. Toe weer geweeg met alles verwyder. Dus twee sertificaate. Albei is LEGAL.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 09:43:46 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Nou gaan ek alles weer moet doen met my Exclusive, en as ek hier lees dan is daar n' probleem wat vir my wag.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 10:57:19 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Bakgat mulderpm! Ek is be-indruk met die syfers. Dalk is my situasie nie so sleg nie. Ek moet ook die moeite doen en my karavaan volgende keer saamsleep. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 08:38:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon, by my weeg loopie het hulle net die heele combinasie op die brug getrek en elke wiel appart geweeg. Dan twee voorstes bymekaar getel en middlestes en woonwa as wiele om as lading te bepaal. Toe die voertuig en woonwa plaatjies genoteer en daarop is die LEGAL gebaseer. Hulle het ook die band max dra vermoe genoteer en vergelyk met elk wiel se gewig.

Hier is my Penta se geweegde gewigte. Soos julle kan sien alles is LEGAL.

Ek het eer geweeg met all my standaard goed ingepak. Bedegoed, tent, pale, gas bottle ens. Toe weer geweeg met alles verwyder. Dus twee sertificaate. Albei is LEGAL.

Dit is 100% Paul en klop presies met dit wat die Weeg Beamptes van die weegbrug tussen Witbank en Middelburg my mee gedeel het.

Hulle het die vermoë om die gewig op elke as te meet. Dus as die gewig by die wa se as die GVM van die karavaan oorskry het jy probleme.

Of as daai gewig plus die aste se gewig van jou sleep voertuig die GCM van die kombinasie oorskry het jy probleme

As ek na die info van jou Pajero kyk kan hy 3,3 ton sleep.  So met jou voertuig sou jy nooit 'n probleem hê nie.  Die issue lê maar by die data wat Jurgens verskaf het en die ware gewig van jou karavaan en wat jy dan daarin laai.

 

Laat weet ons asb wat jou uitslag was as jy die Exclusive laat weeg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:17:20 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Reg so Leon. Ek is nog tot einde Junie op die toer met woonwa. Ek gaan hierdie naweek net gou Pta toe vir n' byeenkoms by my vliegveld. Dan vat ek weer die pad Tshipise to. laughing

Die Tarra van my Pajero is 2155Kg so dit beteken dit is die max GVM van dit wat ek mag sleep, met over-run remme.  Die GVM van Pajero is 2810Kg en GCM is 6200Kg. Met ander woorde die "spaar" gewig is GCM(6200)-GVM(2810)=3390Kg. As die woonwa electries remme het kan ek dus 3390Kg sleep. Pajero is n' wonderlike sleep voertuig.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 18:43:54 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Reg so Leon. Ek is nog tot einde Junie op die toer met woonwa. Ek gaan hierdie naweek net gou Pta toe vir n' byeenkoms by my vliegveld. Dan vat ek weer die pad Tshipise to. laughing

Die Tarra van my Pajero is 2155Kg so dit beteken dit is die max GVM van dit wat ek mag sleep, met over-run remme.  Die GVM van Pajero is 2810Kg en GCM is 6200Kg. Met ander woorde die "spaar" gewig is GCM(6200)-GVM(2810)=3390Kg. As die woonwa electries remme het kan ek dus 3390Kg sleep. Pajero is n' wonderlike sleep voertuig.

100% so. 

Ter inligting die verkeers afdeling het nie n vermoe om die tara regulasie af te dwing nie. Hiermee se ek nie jy moet die daar by hou nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 21:18:20 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1884
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hoe weet n persoon dat n weeg brug se lesings ten opsigte van gewig korrek is. Hoe gereeld word daardie skale gekalibreer en gesertifiseer deur die regte en gekwalifiseerde mense.

Weegbrug word bloot gestel aan abnormale vragte en baie wear en tear daagliks. Ek weet van baie gevalle waar daar groot verskille was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2019 @ 06:20:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel daar is kalibrasie sertifikate beskikbaar want jy as persoon het die reg om dit te sien.  Die kalibrasies moet gereeld gedoen word soos met die snelheids meters.

Onthou as jy die boete teenstaan is dit die owerhede om te bewys hulle was reg en in plek om die aanklag teen jou uit te reik.  Dit sluit in kalibrasie sertifikate van uitrusting, opleiding sertifikate van personeel en dies meer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required