English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 505
Total Replies: 234 958
Total Views: 82 558 402
topics: 586
replies: 3 630
views: 3 324 275
Share all those nice recipes with everybody...

Geurige maalvleis ontbyt

replies: 3
views: 3655
18 Aug 2016 @ 17:41:08 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
tot op 1 kg bees maalvleis
1 heel naeltjie
1 lourieblaar 1 kaneel pyp
1 steranys
2 eetlepels asyn
mespunt borrie
1 teelepel kerrie
1 klein blikkie tamatie paste
sout en peper
halwe koppie appelkoos konfyt
1 groot aartappel geskil en in baie klein stukkies gesny
halwe koppie kookolie
Maak loie warm in braai pan en gooi naeltjie, steranys, lourieblaar, 1 kaneel stokkie en uie saam
Braai tot uiesag en deurskyned is
Gooi nou borrie, kerrie asyn by en braai vinnig deuren roer gedurig
Gooi die maalvleis by en roer aanmekaar en alles lekker deur mekaar is en laat prut vir so ongeveer 10 minute
Gooi aartappels by en voeg warm water by sodat die aartappels gaar kan kook
Kook tot die mengsel amper droog is oor matige hitte
Gooi nou die appelkoos konfyt en tamatie paste by en roer lekker deur laat stadig prut vir so ongeveer 5 minute tot lekker sappig.
Jy kan die kaneel stokkie en lourieblaar verwyder en so ook die naeltjie en steranys uit die maalvleis
Maak of stywe pap aan of wat ek doen lekker krummel pap
Ek glo almal weet hoe om krummel pap te maak
As die krummel pap gaar is skep in bak
Neem nou eiers hangende hoeveel jy wil bak een of twee per persoon
Bak die eiers en wanneer gaar is skep die warm pap op jou bord skep n lekker groot homp van die maalvleis bo oor die pap en sit dan jou gebakte eiers bo op die maalvleis en as jy wil strooi so n bietjie gerasperde kaas oor nie te veel nie en siedaar regte lekker groot bord ontbyt.
As daar maalvleis oor is maak sommer n jaffle daarvan vir middag ete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2016 @ 14:57:54 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2767
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Herman, almal van die Kaap laat weet dat hul nie papvreuters is nie, waarvandaan kom jy met al die pap resepte?
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2016 @ 17:03:52 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Campervan ek weet Kapenaars se mos hulle eet nie pap nie maar braai broodjies. Ek is maar van die kaap maar het seker amper 25 jaar in gauteng gebly maar pap was nog altyd my voor liefde net nie daardie regte transvaalse stywe pap nie gee my krummel pap dan is ek in die hemel
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2016 @ 10:10:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Almal eet pap, hulle praat net nie daaroor nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required