English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 323
topics: 4 360
replies: 29 238
views: 17 320 175
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 424
replies: 200
views: 8 977

Gethlane Lodge - Terugvoer aan Johan Viljoen

replies: 11
views: 4868
22 Feb 2016 @ 22:20:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3625
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Soos belowe, hier is terugvoering Johan.

Jy het seker al hul website gegoogle so ek gaan net ons ervaring aan jou oordra.

By aankoms word jy vriendelik ontvang by die hek en ook by ontvangs waar 'n verwelkomings drankie ook bedien word. Die keer het ons in een van die grasdak chalets gebly. Baie gerieflik met 'n lekker swembad binne 30 meter van die stoep wat 'n ingeboude braaier het. Alles was mooi skoon by aankoms en word daagliks skoongemaak.

Die oggend na jou aankoms is daar 'n "Meet and Greet" by die hoofswembad wat die bestuur aanbied. Ook 'n lekker geleentheid om die ander gaste te ontmoet. Die personeel was deurentyd baie vriendelik en hulpvaardig gedurende ons verblyf. 

Hulle het 'n pakket waar jy eenmalig R120 per gesin betaal wat die gebruik van die jacuuzi, suana, putt putt, ens vir die hele tydperk insluit.

Ek kan regtig nie oor iets kla nie en kan die plek met 'n geruste hart aaneveel.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 05:47:38 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
1000 danq's Hendrik
Ons is altyd op soek na n plek met die flexiklub punte om te gebruik.
Hierdie is goeie nuus.

Hier was n draad van iemand wat gekamp het. Blyderivier, merry pebles, swadini. Week op elke plek.
Dis nog n ietsie wat ek wil ondersoek. Was baie lank terug laas in die oos transvaal.. ons het in 2005/2006 by krugerpark, hazeview gebly met die flexiklub pinte. Sal graag wil kamp daarrond. Net biekie ver van bloem, sal n vakansie moet maak daarvan. Ons is eerder natuur bewonderaars as swembad etc, mense en oos transvaal daar tussen berge is van die mooiste.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 08:14:23 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Dankie vir die terrugvoering
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 08:17:15 am
Anonymous

Was jare gelede daar en ook in een van daardie chalets gebly. Baie netjiese plek. Ek wonder of die een oog perd nog daar is? As daar perd gery was, het ek hom altyd gekies, met een oog en al het hy gat geskop onder die ander perde.

Die ander perde moes pote lig om by hom te bly. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 10:55:06 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Hendrik het jy toe Ohrigstad/Lydenburg terug gekom wil graag weet hoe die pad toestand was.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 11:19:28 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Was ook al twee keer daar en ook baie aangenaam gevind - het ook bring en braai gehou - het ook wild in berg.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 13:04:00 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3625
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Hendrik het jy toe Ohrigstad/Lydenburg terug gekom wil graag weet hoe die pad toestand was.

Jammer Hannes. Nie gelyk of die ouens op die ander draad in my aanbod belang gestel het nie.undecided

Maar weer kortpad huistoe gery. Vir wat dit werd is, die paaie in Lydenburg dorp is sleg tot by die afdraai na Burgersfort. Wees versigtig.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 14:02:13 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Dankie Hendrik sal maar liewer, Nelspruit om Satara toe ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2016 @ 17:38:07 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3625
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Dankie Hendrik sal maar liewer, Nelspruit om Satara toe ry.

Weet nie wat is jou tydskedule nie. As jy 'n dag voor jou beplande aankoms by Satara kan inpas stel ek die volgende voor.

1. Slaap oor by Numbi Hotel Caravan Park. Die volgende oggend is dit net 10 km na Phabeni Hek vir 'n rustige rit na Satara via Skukuza.

2. As jy vroeer by Satara wil wees probeer plek kry by Orpen, Maroela Kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2016 @ 09:30:36 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Hendrik as ek Maroela toe wil gaan watter pad beveel jy dan aan van Gauteng af, ek kan Numbi Hotel oornag ook, maar sal eerder wil deurry Orpen toe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2016 @ 09:46:37 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3625
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Van Nelspruit ry ons na Swadini of Hoedspruit via Witrivier-Hazyview-Bosbokrand-Acornhoek en net voor Klaserie draai jy af na Orpen. 

Die pad is in 'n goeie toestand. Die enigste is vanaf Bosbokrand na Acornhoek ry jy deur ou tuisland so daar is heelwat speodbeperkings. Ons het nog nooit probleme op die pad gehad nie. Gelukkig is die ertsvragmoters vanaf Phb. ook iets van die verlede.

O ja! Passop vir die spoedwal as jy Acornhoek inkom. Nie baie sigbaar nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2016 @ 10:03:50 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Dankie Hendrik sal my opsies oophou nogmaals dankie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required