English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 276
Total Replies: 230 125
Total Views: 82 382 182
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 573
Share all those nice recipes with everybody...

Gestopte mushrooms op die vuur

replies: 0
views: 1500
22 Sep 2016 @ 20:41:31 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
so n paar lekker groot mushrooms
1 tot 2 uie fyn gekap
25g botter of margarine
175g fyn gekapte ham stukkies
150g broodkrummels as jy vars kan kry hoe beter
10ml fyn pietersielie
50g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
1 eier geklits
Sny die stingel van die mushrooms uit en sny fyn.
Braai die uie in n pan met die botter of margarine tot sag. Gooi die mushroom stingels by en braai verder.
Gooi nou die ander bestanddele by behalwe die eier en roer goed deur en braai so n bietjie gooi die geklitse eier by en roer goed deur.
Gooi nou die mengsel in die mushrooms tot vol en plaas op die vuur en braai tot mushrooms gaar is en lekker sag is.
Haal af en geniet saam met die braai
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required