English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 250
Total Replies: 229 801
Total Views: 82 365 930
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 131
Share all those nice recipes with everybody...

Gesoek: Sago poeding

replies: 4
views: 14614
29 Oct 2006
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Dags,

Ek is op soek na 'n resep vir sago poeding. 'n Vorige meisie van my het een gehad wat in die mikrogolf gedoen word en 'n blik kondensmelk word ook ingegooi.

Ek sal dit waardeer as iemand my kan help.

Robert
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2006
johann.buitendach
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 01 Jan 2007
Sago poeding

2 koppies sago (500 ml)
2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt

Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met 'n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180C. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of room.

Krediet aan FUNKYMUNKY.CO.ZA
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2006
johann.buitendach
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 01 Jan 2007
Hier is die soete!

SUPER SAGOPOEDING.

180 ml. ( 3/4 kop.) sago.
250 ml. ( 1 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) room.
knippie sout.
1 blik ( 397 g.) kondensmelk.
3 ml. ( ruim 1/2 tl.) bakpoeier.
3 ekstra-groot eiers, geskei.
80 ml. ( 1/3 kop.) sagte bruinsuiker.
7 ml. ( 1 1/2 tl.) fyn kaneel.

Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en
goudbruin. Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense.

Krediet aan FUNKYMUNKY.CO.ZA
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2006
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Johan,

Dankie vir die resepte, my vrou het seker so 6 verskillende soorte, maar ek weet van die een wat jy in die mikrogolf gaarmaak. Dit vat seker so 30 minute, as ek reg kan onthou. Ek sou die gewese meisie self gevra het, maar sy is oorsee iewers.

Sal op funkymunky gaan soek.

Dankie vir jou hulp.
Robert
Meyerton
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2018 @ 18:56:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required