English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 814
Total Replies: 256 705
Total Views: 83 382 873
topics: 11 741
replies: 141 624
views: 39 415 169
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Geniet julle Desember/ Januarie wegbreek!

replies: 46
views: 652
07 Dec 2020 @ 16:00:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Vir dié wat binnekort op die paaie gaan wees vir n wegbreek, veilig sleep en geniet jul ruskansie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2020 @ 16:01:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Vir dié wat binnekort op die paaie gaan wees vir n wegbreek, veilig sleep en geniet jul ruskansie

😏

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2020 @ 16:37:56 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Dankie Geert........baie treffend!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2020 @ 00:54:14 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 58
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Dankie Geert, lekker vakansie vir jou ook. 

Die " ONTHOU ASB!!! " reels is makliker gese' as gedaan, maar baie betekenis vol.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2020 @ 05:55:05 am
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Dis waar. En dan is Januarie nog 50 dae lank ook terwyl jy wag vir jou volgene pay.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2020 @ 12:08:31 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4850
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Ja ry versigtig hou oe op pad hou by spoed en dink maar vir ander op die pad

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2020 @ 14:18:08 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Groetnis.....

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2020 @ 15:16:14 pm
Shirundu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 76
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 34 years

Veilig ry en lekker kuier. Kom vertel volgende jaar hoe lekker het julle gekamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2020 @ 09:13:13 am
Skolopad
Titanium Member
70% Profile Strength
Posts: 441
Joined: 28 Feb 2018

Greetings, only camping from the 19 of December, but the vans in the N1 is increasing daily, have a jolly time all

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
10 Dec 2020 @ 17:04:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Wa vandag gewas, pak môre of saterdag my bier in.....lol.tongue-out

Nee, als is klaar in, sal daar bier koop. Ry sondag vir 3 wekelaughing

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2020 @ 16:34:20 pm
EstelleJ
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 16 Jul 2013
Experience: 11 years

Aan almal wat die waens gaan haak om te gaan kamp: geniet dit en kom veilig terug!!! Geseënde Kersfees aan almal!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2020 @ 16:46:33 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1181
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Wa vandag gewas, pak môre of saterdag my bier in.....lol.tongue-out

Nee, als is klaar in, sal daar bier koop. Ry sondag vir 3 wekelaughing

is jy veilig daar so in die reen

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2020 @ 17:10:40 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

is jy veilig daar so in die reen

Ja, dankie die reën meter hier het oor geloop.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2020 @ 18:07:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geniet dit Jin! Darem het jy gras wat help teen modder

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 06:11:33 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1116
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Voel so jammer vir die mense wat besprekings gemaak het by die see en nou nie die strande kan gebruik. As 'n mens gaan kyk na die Tuin roete, dan is dit 'n GROOT vakansie bestemming vir duisende.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 06:53:59 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1116
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

As 'n mens net na die tuinroete-distriksmunisipaliteit dorpe gaan kyk:

1. Bitou - Plett, Keurboomstrand, Kwanokuthla, Nature's Valley, Krantzhoek en Wittedrift.

2. George - George, Wilderness, Hoekwil, Heroldsbaai, Victoriabaai, Haarlem, Uniondale, Herold en Noll.

3. Hessequa - Albertina, Stilbaai, Riversdal, Heidelberg, Slangrivier, Gourits en Witsand.

4. Kannaland - Calittzdorp, Zoar, Ladismith en Van Wyksdorp.

5. Knysna - Knysna, Sedgefield, Brenton, Buffelsbaai en Rheenedal.

6. Mosselbaai - Boggomsbaai, Brandwag, Buisplaas, Danabaai, Fraaiuitsig, Friemersheim, Groot-Brakrivier, Glentana, Hartenbos, Herbertsdale, Hersham, KwaNonqaba, Klein-Brakrivier, Outeniqua-strand, Reebok, Ruitebos, Suidekruis, Tergniet en Vleesbaai.

7. Oudtshoorn - De Rust, Dysselsdorp, Oudtshoorn en Volmoed.

Soveel vakansie bestemmings.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 07:21:56 am

Ja...ons ken mense wat môre vir 15 dae Hartenbos toe gaan....hulle opgewondenheid het n groot knak gevang.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 07:42:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Hier is darm nog n plek langs my oop, moet net nie sand saam bring nie.

Die gras is mooi......

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 08:00:04 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3812
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

As ek beplan het om in die Ooskaap of Tuinroete te gaan kampeer, so ek dit steeds doen.  Om by die see kilometers ver op die strand te stap, is die nommer een item op my/ons lysie, maar as dit nie moontlik is nie, is daar steeds baie ander dinge om te doen.  'n Mens moet net 'n bietjie vindingryk en nuuskierig wees en jy sal baie ander dinge vind om ook te doen.  Swem in die see is iets wat ons nie in jare gedoen het nie, so dit sou ek nie mis nie, maar ek weet dit is die prioriteit van meeste binnelanders. Ook die geselligheid om net onder 'n strandsambreel te sit en ontspan, maar dit is nou uit.  As ek na Hennie se lysie kyk, is daar genoeg dinge om jou besig te hou.  Selfde by PE en Oos-Londen.  Die Swaeltjies kampeer soms vir ses maande by Eiland of Tsipise waar daar bitter min te doen is, en geniet dit (ek sien nie daarvoor kans nie), so om vir 'n week of twee net af te skakel, bbehoort ook deur werkende mense doenbaar te wees. 

Moenie dat jou kaas wat verskuif is, jou ontspoor nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 08:04:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Eintlik snaaks hulle maak Natalse strande toe....dit gaan natuurlik oor die massa locals wat daar gaan uitsak. Maar as hulle mos hul vensters in hul oorvol taxi oopmaak, is daar mos nie eintlik gevare nie? Of is die virus net op die ope lug strand.....miskien is dit dan maar tog beter dat hulle saam koek in hulle shibeens waar lyk my die virus ook nie eintlik teenwoordig is nie. Hierdie Covid is vir my n baie snaakse virus.....baie kieskeurig waar hy wil wees of nie.....nou al agtergekom hy hou nie van oorvol taxis nie, nie van oorvol shibeens wat deurnag oop is nie, met EFF optog by Brackenfell was daar 0% aangesteek....so virus hou ook nie van daai massa optog byeenkomste nie, maar op Ballito partytjie sommer 80%+ aangesteek. Ten op sigte van Ballito rage....ek moet ons polisie mag geluk wens.....al gehoor hoe sukkel hulle om 1x misdadiger op te spoor, maar hier kon hulle dit vermag om sommer 1300 partytjie gangers op te spoor in n dag of 2? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 08:23:17 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3812
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ag nee tog! Weereens 'n veralgemening en vingerwysing na "ander" mense! 

Kyk maar wie is die grootste oortredings.  As ek in sakesentrums hier rondloop, is "ons" mense in die minderheid, maar hulle is ook die meeste van die groep wat glo hulle moet slegs kenmaskers dra en dis OK as die neuse en selfs die monde nie bedek is nie.  Dit wil my voorkom die meerderheid kinders wat aan die Ballito Rage deelgeneem het, is nie "ander" mense nie.  Wees gelukkig dat ons nie in oorvol taxis hoef te ry nie en probeer verstaan hoe ander mense verplig is om te leef.  Glo ons werklik ons kinders lê nie onverskillig by drankplekke of privaatpartytjies rond nie?  Ek wil nie ook vingers wys nie, maar pleit net vir opjektiwiteit en verdraagsaamheid.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 09:15:23 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1116
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

As ek beplan het om in die Ooskaap of Tuinroete te gaan kampeer, so ek dit steeds doen.  Om by die see kilometers ver op die strand te stap, is die nommer een item op my/ons lysie, maar as dit nie moontlik is nie, is daar steeds baie ander dinge om te doen.  'n Mens moet net 'n bietjie vindingryk en nuuskierig wees en jy sal baie ander dinge vind om ook te doen.  Swem in die see is iets wat ons nie in jare gedoen het nie, so dit sou ek nie mis nie, maar ek weet dit is die prioriteit van meeste binnelanders. Ook die geselligheid om net onder 'n strandsambreel te sit en ontspan, maar dit is nou uit.  As ek na Hennie se lysie kyk, is daar genoeg dinge om jou besig te hou.  Selfde by PE en Oos-Londen.  Die Swaeltjies kampeer soms vir ses maande by Eiland of Tsipise waar daar bitter min te doen is, en geniet dit (ek sien nie daarvoor kans nie), so om vir 'n week of twee net af te skakel, bbehoort ook deur werkende mense doenbaar te wees. 

Moenie dat jou kaas wat verskuif is, jou ontspoor nie.

Fred, ek stem saam met jou dat daar SOVEEL ander dinge is om te doen/sien in die Tuinroete distrik. Ek myself swem ook nie in die see nie maar geniet wel my stappie op die strande. 

Ek dink net dat dit bietjie moeilik gaan wees met die ouers met kinders wat gewoond daaraan is om NET strand toe te gaan. Kennisse van ons gaan nou al seker vir die laaste 16 jaar af Hartenbos toe. Hulle gaan ELKE dag strand toe en lê die hele dag op die strand. Weet nie wat hulle nou gaan doen nie.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 09:46:03 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Elke ou is maar verskillend. Ons is een van die gesinne wat see toe kom om op die strand te sit en te swem....vir die volle 3 weke, elke dag. Ons het geen behoefte om in malls te wees nie....in Gauteng is daar genoeg. Die ander besienswaardighede wat aan die noord kus is wat ons geprikkel het, het ons klaar besoek.....geen behoefte om weer soontoe te gaan omdat daar niks anders is om te doen nie. So vir ons sou dit n groot terugslag gewees het as strande die volle tyd gesluit sou gewees het. Ek dink die meeste mense kom see toe vir die see. 

So vir my sou dit ook n kwessie gewees het van kanselleer indien ek sou kon. Gelukkig is dit net 4dae sover wat my beinvloed.....ek het oord vanoggend gevra of ek bespreking so kan aanskuif dat ek daai dae kan vermy, maar hulle wou nie, want hulle sê hulle twyfel of hulle daai spasie gevul sal kry oor dae wat strande gesluit is.

Dis maar hoe ons ons self weer besig hou, ander geniet dit weer net om daar te wees en heeltyd rond te rits en by plekke te gaan inloer en orals iets te gaan eet. So vermaak elkeen homself maar op sy eie wyse

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 09:55:17 am

Ekself hou gladnie van Malls nie. Ek dink jy het 'n groter kans om daar besmet te word as op 'n strand.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 11:14:33 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1181
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Hennie ek stem saam.

Ek vermy Malls soos die pes

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 11:27:23 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 960
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Hier is vir julle n idee van hoe Durban gelyk het toe ons laas so DOM was om daar te gaan kuier. Dis verstaanbaar dat hierdie gesig eenvoudig gestop moet word as ons Covit wil beheer.

Fred, wees verseker, daar IS n tyd wanneer ek openlik sê dis nie MY mense nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 11:48:14 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3812
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek wonder net hoe "strand" gedefinieër word.  As dit in Durban se geval nie ook die vermaaklikheidsdeel insluit nie, is dit nutteloos.

Ek hoor wat jy sê Danie.  Ek meen net dit is nie realisties of regverdig om altyd die "ander" mense vir alles te blameer as jou eie groep duidelik netso skuldig is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 12:15:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Hier waar ek is, is ons vyf waens, exclusive's en classique's.

Niemand gebruik die ablusie vir stort nie, als is mooi skoon.

Wonder hoe lyk daai strande se ablusie......yell

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 12:27:13 pm
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1116
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Hier waar ek is, is ons vyf waens, exclusive's en classique's.

Niemand gebruik die ablusie vir stort nie, als is mooi skoon.

Wonder hoe lyk daai strande se ablusie......yell

Die strand en swembaddens word 'n ablusie

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
15 Dec 2020 @ 16:33:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Soos ek reeds hierbo genoem het.....ons gesin gaan see toe om tyd op die strand deur te bring.....3 weke elke dag van oggend tot laat middag. Om dan te sê vermaak jou maar elders sou nie vir my alternatief wees nie. Dis so goed om in KNP te kamp, maar jy mag nie in die wildtuin wildbesigtiging gaan doen nie....hou jou self maar besig in Nelspruit, Malelane of Phalaborwa. Ek glo enige persoon wat wildtuin toe gaan en dan verbied word om in wildtuin rond te ry, sou baie teleurgesteld gewees het en dat aktiwiteite buite die wildtuin moeilik dieselfde plesier sou gee

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 16:57:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Die strand en swembaddens word 'n ablusie

Ja Hennie.

Of hulle begrawe dit in die sand.....yell

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 17:58:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Waar koop mens visvang lisensies by die see? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2020 @ 19:39:07 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Poskantoor het lisensies verkoop. Weet nie of dit nog so is nie.

Het lisensies vir 'n maand gekoop wanneer die kinders kom kuier het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2020 @ 08:15:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Poskantoor het lisensies verkoop. Weet nie of dit nog so is nie.

Het lisensies vir 'n maand gekoop wanneer die kinders kom kuier het. 

Ek moet seker dan by n poskantoor by die see koop? ....of gaan binnelandse poskantore ook kan help? Is daar verskil tussen lisensies vir dam hengel en see hengel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2020 @ 08:41:09 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3812
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek weet nie waar die lisensies bekombaar is nie, Google behoort te kan help.  Ek weet wel dat jy lisensies vir omtrent enigiets op die strand moet hê.  Jy moet een hê as jy wil visvang, as jy aas wil uithaal, as jy mossels wil oes, as jy kreef wil vang, as jy skulpe wil optel.  En jy moet weet watter vis jy mag vang en watter nie.  Ek glo darem nie jy het 'n lisensie nodig om in die see te swem of op die strand te stap nie- as jy toegelaat word om dit te doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2020 @ 23:40:22 pm
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 372
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 23 years

Hope the Addo is open in March next year. That's the earliest I can get away. Don't move from my suburb during December/January. Never have. Way to hectic for me. The pandemic merely endorses my decision this year...

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2020 @ 17:40:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Wat sou die rede wees dat daar skielik so verskriklik baie staanplekke oopgegsan het by Berg en Dal?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2020 @ 18:01:56 pm
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 372
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 23 years

Was there a lockdown on the campsites that they just opened up or what? Seems a bit of a sinister development if taken at face value....

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2020 @ 23:00:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek was 2 dae by Mountain Splendour in die Drakensberge.  Sal beslis weer gaan.

Oornag nou tans by Gariep ~ oppad Willows toe in PE.  Privaat strand maar as die toe is, is ek steeds gelukkig as ons net langs die see kamp.

Daarna Gouritzmond toe en dan Kaap toe.

Sal maar sien hoe en wanneer ons die pad terug aan durf.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec 2020 @ 07:20:31 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Nou n week al heel lekker en rustig, die blou ape kom kuier elke oggend maar die "kettie" doen sy werk.

Baie voëls wat kom eet.

Bier bly koud.....cool

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec 2020 @ 16:12:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Nou n week al heel lekker en rustig, die blou ape kom kuier elke oggend maar die "kettie" doen sy werk.

Baie voëls wat kom eet.

Bier bly koud.....cool

Sjo....tyd vlieg nê

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2020 @ 13:51:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dis so rustig en stil hier, ek is net bang dat ek huis toe kan verlang......lol.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2020 @ 12:47:22 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Gistermiddag by Drakensville aangekom en met die gebruiklike donderstorm verwelkom. Gelukkig net so 30 minute toe was alles verby en son skyn weer. Swembaddens oop maar maak toe vir 'n uur in die middag dan spuit hulle alles skoon en kan ons weer swem. 

Mens baie bedagsaam en hou afstand en woonwapark is so 90% vol op die oomblik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2020 @ 16:25:46 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Mooi so julle moet dit geniet en geniet julle geseende Kersfees. Ek en Susan het vandag die karavaan leeggemaak van al ons persoonlikke goed en los goed wat permanent in die karavaan bly. Gelukkig is my dogter en haar gesin van Gauteng hier. Sy vat 99% van die goed saam na haar karavaan toe. Dit is nie lekker nie maar dit moet nou afgehandel word. Die nuwe eienaar kom Sondag van Pretoria af en gaan Maandag met die karavaan terug.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec 2020 @ 08:29:10 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Lekker ge eet gister, nou al twee weke.

Dit bly rustig en stil.

Die gras kom sny en lyk nou weer mooi.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Dec 2020 @ 08:31:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Mooi so julle moet dit geniet en geniet julle geseende Kersfees. Ek en Susan het vandag die karavaan leeggemaak van al ons persoonlikke goed en los goed wat permanent in die karavaan bly. Gelukkig is my dogter en haar gesin van Gauteng hier. Sy vat 99% van die goed saam na haar karavaan toe. Dit is nie lekker nie maar dit moet nou afgehandel word. Die nuwe eienaar kom Sondag van Pretoria af en gaan Maandag met die karavaan terug.

So kom alle lekker dinge op n end.

Darm het jou wa n gelukkige eienaar.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2020 @ 08:32:26 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Vandag twee weke.

Dis lekker stil.

cool

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za