English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 689
Total Replies: 237 592
Total Views: 82 729 522
topics: 1 137
replies: 11 618
views: 4 816 799
Jokes and everything else that makes you laugh

Generator-tjie (In 'n E-pos gekry besluit toe

replies: 3
views: 14447
06 Feb 2008 @ 10:05:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15072
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit lat hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag onderbrekings. My Oupa dink 10% is kragonderbrekings, die anner 90% is die Munispaliteit se geld wat my pa innie borrelstoor bel. My pa s dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is wat sy krag afsny, of daai simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy wil 'n generator h. Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want my Pa s my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se rekening. Jy koop en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se rekening. Ek reken die Budget outjie gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat my pa alles op sy rekening koop. In elk geval, ons gat loop koop toe die generator ding, en dis net mooi daar waar die moeilikheid begin. Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens kan sien, dan moet julle weet, hy weet bokkerol van krag af. Dis wat my ouma s, dis so. Maar my pa worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag verstaan. Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop, solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met 'n fancy Japanese naam. So, voor my pa die ding aan die krag loop koppel, toe swiets hy eers die generatortjie af, en hy s vir my: " Dawie, as 'n ou met krag werk, dan moet jy slim wees, en nugter". Wel, my pa is nie een vannie twee nie, so toe beginne ek worrie. Maar ek het verniet geworrie. Toe my pa daai drade vat, en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien aan die kragpunt te koppel. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien my pa weet van. Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop en hy maak reg om sy generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koppel. Dis glo solat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die se krag sal die swietsbord maak werk. Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle s lat as die ppo die fan tref, dans daar moeilikheid. Daai ooms wat so s het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie. Kyk ooms, toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se kragdraad so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval kry of hy kry 'n seningwee instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding. Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk dog ek my pa gat die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los. Nie syne nie, maar een innie muur daar waar die swietsbordtjie was. Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy skreeu ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou kwaad is virrie swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige lyfie rond bo-op daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem. Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur dit; hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet nie, en toe verstaan ek hoekom party mense s " hy't daar afgemoer", want daai wassie 'n val nie, daai wasse afmoer. Miskien hoekom Koeberg se moer weg is, lyk my met die krag saam het 'n ou maar probleme met die moere. In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lig trek, nes daai ouens op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie lug maak. Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy alie val, toe skrik ek, want my ma s my pa het 'n harde kop maar hy is 'n lamgat. Ek wil toe nie h my arme pa moet sy gat verder lam maak nie. Maar toe is ek te laat, toe val my arme pa plat op sy blaker. Maar toe my pa so sit en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek kan sien hy is nie heeltemal 'n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker vinnig wikkel. Toe ek in my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my gesigte ok, maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek sien net die wit soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se trieks oorlat ek nie weet wat anners om te doen nie. Toe kom my oupa ingehardloop om te sien wat gebeur met die geskreeu. Toe vat oupa so aan my pa en toe begin oupa ok jaaif. Toe dog ek dis 'n paartie toe beginne ek ok jaaif solat hulle kan sien ek kan ok jaaif. Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe staan ek ok maar daar rond en kyk wat gat my pa nou met die generatortjie doen. Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan die draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is oorlat die plug binne in my pa se boud ingesteek het. Toe gebeur daar 'n vreeslike ding, my pa vat daai genratortjie wat Budget nog moet betaal, en hy gooi daai ding binne innie bure se swembad en hy ruk daai draad uit die swietsbordtjie uit soos 'n sweepslag. Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is alles weer normaal, behalwe lat ons nou nie weer 'n generatortjie het nie. (Klink amper soos een van dawie se stories)Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2008 @ 09:00:19 am
Dawie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 630
Joined: 15 Feb 2005
Experience: 49 years
Hello Leon, Dit is een van Dawie se stories wat oorspronklik op die webwerf geplaas was. In elk geval sal ek vir Dawie vertel dat sy storie nou op e-pos versprei word en dat hy maande voor sy tyd was, hy sal nie verbaas wees nie, hy is altyd maande voor sy tyd. Ek en Dawie se ma was net vier maande getroud toe word hy gebore, vyf maande voor sy tyd! In elk geval, ons kom nou net terug van verlof af en ek het gesien Dawie het aantekeninge gemaak, so ek neem aan julle sal dalk iets van Dawie ontvang gedurende hierdie week. Lekker groete Dave
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2008 @ 12:58:18 pm
Paul
New Member
14% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 17 Mar 2008
Hallo Leon, nice een. Pas die wiele toe op die trailor?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2008 @ 20:11:53 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years
Eina ver daai GEN. wILLEM
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required