Indien ek reg verstaan kan die “reflective” seil skeur in sterk wind en daarom is dit raadsaam om ‘n stormnet daaroor te span.
Indien die “reflective” seil bv. 2 meter wyer is as die karavaantent, kan jy daardie stuk met tentpale ondersteun mits die stormnet die hele “reflective” seil dek? Die feit dat die laaste 2 meter van die “reflective” seil nie op die karavaantent rus nie, sal dit ‘n windskade risiko skep?
Dankie
Pieter
Pieter, baie mense het 'n aparte stel pale vir die seil.
Hulle sal moet leiding gee.
As silver seil direk op jou tent lê, kan jy hom seker dubbel vou tot op lengte dat hy mooi pas. Maar ek glo nie jou seil behoort so maklik te skeur van die wind nie. Die meeste skade wat deur wind veroorsaak word is deur jou pale wat uit posisie gegooi word en jou tent dan in mekaar tuimel. Ek het al in baie sterk winde by die see gestaan met silver seil sonder storm net....nie geskeur nie, ek het daai gewone een van Outdoor Warehouse
Dankie RC
Ek wil juis tent verandah effe vergroot met silver seil se overhang.
Ek sal dus seker “rinetjies” moet laat inwerk op presies die plekker waar dit oor hoiftent se tentpale-punte lê.
Ek sal die volgende voorstel:
Dankie Leon
Pieter hierdie item is reeds op die forum. Ek noem graag weer : Ek het my blink seile laat verander om apart op die karavaan en awning lê. Ek het vir die twee blink seile gaatjies laat insit wat presies op die pale van die awning pas. Dus gebruik ek die awning se toue om n dubbel funksie te verrig. Omdat die blink seile wat ons koop groter is as die awning en karavaan kan ek hulle op die randte dubble laat maak, EN versterking-seilstukke laat oppsit. Die twee stukke blink seil hanteer baie makliker as een groot seil.
Dankie Dansan.
Staan op die oomblik by Natalia. Die mense wat blink seile op het het ook almel storm nette op. Die blink seil is net so oor die tent gespan en dan die storm net. geen extra pale nie.
Dankie RC
Ek wil juis tent verandah effe vergroot met silver seil se overhang.
Ek sal dus seker “rinetjies” moet laat inwerk op presies die plekker waar dit oor hoiftent se tentpale-punte lê.
Daai ringetjies skeur maklik uit, oppas.
Gaan kyk na my draad skakel, dalk help dit.
Dankie Wilsur
Staan op die oomblik by Natalia. Die mense wat blink seile op het het ook almel storm nette op. Die blink seil is net so oor die tent gespan en dan die storm net. geen extra pale nie.
Staan op die oomblik by Natalia. Die mense wat blink seile op het het ook almel storm nette op. Die blink seil is net so oor die tent gespan en dan die storm net. geen extra pale nie.
Dankie Piet Ford
Hoop julle kamp lekker.
In 1988 staan ek in Natalia met my blink nuwe rooi Sierra XR6 ... met 2 tweemanstente.
Die manne om my met hul fensie karavane het ons nogal uitgekyk.
Dankie Piet Ford
Hoop julle kamp lekker.
In 1988 staan ek in Natalia met my blink nuwe rooi Sierra XR6 ... met 2 tweemanstente.
Die manne om my met hul fensie karavane het ons nogal uitgekyk.
As n ou met n karavaan neerkyk op n ou wat met n tent kamp is dit nie n waardige kampeerder nie...ek het lank met n tent gekamp en was net so lekker soos karavaan....het onlangs weer net n tent gevat.

My een vriend het onslae geraak van sy boswaentjie en is terug na tent kamp. Glo my, sy opset is ontsettend gerieflik en baie netjies.
Ons ondervinding.
1) Die silwer seil hou net n' totaal van 6 maande in vol son.
2) Skadu net van 95%, soos die vir car ports, is 10 jaar gewaarborg en hou.
3) Skadu net is nie so koel soos silwer seil nie en nie water dig nie.
4) All twee moet met paale van die tent gelig word om behoorlik koelte te gee.
5) Vir die langer leeftyd van jou duur tent is dit noodsaaklik om iets oor dit te sit. Hou die son en boom hars en voel miss en vlermuis opgooi van jou tent aff.
Waneer die wind opkom of voor dit laat sak ons die seil en trek dit met storm straps vas.
Ek kry liewer n' paar manetjies om te help met die opslaan en my tent hou vir lank.
Ons kamp vir maande lank en dit werk vir ons.
Die wit pyp is vir die was machien :)))
Lekker kamp.
Daar was die storm straps oor en die kant paale was ge-laat sak.
Satara met 70Km/h wind die nag.
---------------------------------------------------0--------------------------------------------------------
Pilanesberg met paale extended.
Onder Sabie.
Ons kamp al sedert 2003 met silverseil en cargo net op Jeffries baai. Eers net met die Silverseil, met genoeg storm straps. Die storm bande het die silver seil se blink afgehaal in een vakansie as gevolg van te veel beweeging konstant onder die straps.
Twee jaar later het ons met die Cargo net begin, nou le net en seil stil, met effe beweging in sterk wind. Ons kamp gewoonlik 6 weke op Jeffries in Desember, en glo my, as die Weste wind daar opsteek en vir 'n dag lank teen 50 Km/h waai en ruk tot en met 80 Km/h, sal jy jou silverseil in die diep blou see moet gaan haal, as jy nie jou cargo net oor het nie.
Menige manne het al die volgende oggend PE to gery en weer 'n silver seil by Outdoor Warehouse gaan koop, en dan sommer 'n Cargo net ook. Ek gebruk my Silverseil in die binneland, sonder die Cargo net, maar by die see, aikona!!
Daar was die storm straps oor en die kant paale was ge-laat sak.
Satara met 70Km/h wind die nag.
---------------------------------------------------0--------------------------------------------------------
Pilanesberg met paale extended.
Onder Sabie.
Is dit by Bakgatla?
Ja, Geert.
Ons will December weer daar gaan staan maar hulle is nou n' quarentein vasielieteid vir die Mogwase area en hulle weet nie waneer dit op gehef gaan word nie. Die COVID 19 beheer raad het onlangs Bakgatla se status weer verleng van 23 October tot "further notice".
Anders gaan ons maar Manyane toe?