English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 120
Total Replies: 227 558
Total Views: 82 272 941
topics: 10 743
replies: 123 347
views: 38 803 928
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gebrek aan opvoeding

replies: 23
views: 420
02 Jul 2019 @ 17:36:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13433
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het vandag n bekende kampeer winkel besoek. Tydens die besoek is daar 2x lastige kinders wat die in die winkel rond hardloop en speel en skreeu terwyl ma en ouma rustig rond kyk......asof hulle nie eers van die kinders weet nie. Toe hulle nou klaar rond gekyk het en uitgang toe loop, stamp een van die kind n rak waar kampeer ligte op is en dit val op die grond en mens kan sien hoe van die skerms breek van ligte. Eers kyk die ouma net en toe sê die ma op n baie sagte manier vir die kind: Jy moet oppas wat jy doen my seun....dis al!!!  En daar stap hulle uit die winkel uit, los die gebreekte goed net daar op die grond....niks gekoop nie en meld ook nie ongeluk by bestuur aan nie. 

Toe sit ek en wonder hoekom deesdae weer die debakel op fb oor kinders by oorde? Hoekom verkies so baie mense deesdae om oorde sonder kinders te besoek? Nou sien ek.....dis nie die kinders nie....dis die ouers wat te slapgat is om ordentlike opvoeding aan hul kinders te gee dat hulle doen wat hul wil en ander mense irriteer terwyl hulle heerlik ontspan. Kinders weet nie wat is maniere nie want dis hulle nog nie geleer nie, so hoe kan ons hulle kwalik neem? Dis die ouers.....

 

Gooi die klippe!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 20:21:57 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 44 years

Jys heeltemal reg Geert  Jy kry nie probleem kinders nie jy kry probleem ouers 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 20:24:00 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1637
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Geert. Ek sê nog altyd jy kry nie kinders wat "Brats" is nie. 

n Kind is n produk van sy ouers se opvoeding of n mediese toestand wat n kind moeilik beheerbaar maak. 

Ek het saam met vriende gekamp. Hul het net een seun, 10 jaar oud. Die outjie is wat ek nog nooit gesien het. Beslis n gesonde kind en het nie n mediese toestand. Sal hy vir sy pa sê "ek wil nou my fiets hê" Sy pa staan op ry 140 kilometer ver en gee hom toe sy fiets wat hy nie een keer die naweek gery het nie.

Ons maak toe iets om te eet en mannetjie sê reguit hy is nie lus om daai kos te eet. Hy soek Steers. Pa staan toe op klim in sy kar, ry dorp toe en gaan koop vir hom Steers. Eet toe nie die steers maar net n klomp lekkergoed. Raas toe uiteindelik met hom (groot fout) hy sluit homself in die karavaan toe begin vreeslik te skree en breek die karavaan in stukke binne uitmekaar. So vir omtrent 2 ure geskree toe kom knaap uit die Karavaan. Dit begin tie kliphard te skree vir mense om ons. Help ek word verniel, bel child line asseblief help en en en.

Pa sit net en kyk en ma doen niks. Ek skaam my in my peetjie in en kon nie glo wat ek sien. Ek het n reel. Niemand slaan aan my kinders en ek slaan nie aan ander kinders. Versoeking was hoog.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 21:40:20 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 224
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Dit klink vir my nie na n gehoorsame kind nie maar na gehoorsame ouers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 22:14:51 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ja dit bly 'n probleem met ouers maar dink nou aan die onderwysers wat met sulke streke te doen moet he. My vrou help op 'n kol by 'n kleuterskool uit. Na minder as 'n week en 'n paar keer wat 'n 3jarige vir haar se "F.....Off" toe besluit sy om maar eerder nie meer daar te werk voor sy moord pleeg.

Ek sit nou die dag my 'n DR. Teen die toonbank is 'n kennisgewing met prestik vas. Na so 5 probeerslae kry die kind dit los. Dit gebeur voor die ma se ogies minder as 2m weg van haar af. Ja dit was ma en haar 3 kinders van tussen so 3 tot 6. Jy moes die kyk sien toe ek later vir die kind se "los die papier uit". Toe ontvangs vra wat is dit nou. Toe noem ek maar dat die kind die kennisgewing verwyder het en dit le op die grond.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 06:43:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Praat van klippe gooi................... ek gaan nou moet koes! ! ! ! ! !

Dit strek egter verder as net die ouers.  Want as ouers nie weet hoe om die kiddies op te voed nie dan het hulle nie die regte riglyne gekry nie.

Ons moet onthou dat opvoeding nooit ophou nie en jy het altyd 'n opvoedings plig teenoor jou kinders en klein kinders.  Die onderwerp van opvoeding verskil net so oor die jare.  Toe jou kinders klein was, was jou opvoeding om hulle te disiplineer. Hulle het toe nie kinders gehad nie so nou dat hulle kinders het moet jy hulle help/leer om hulle kinders te disiplineer. Jy sien die verantwoordelikheid word nie oorgedra nie dit word net groter nagelang die familie groei.

Maar as Ouma met haar dogter redeneer dat haar kind eintlik stout is, dreig die dogter om die klein kind van oupa en ouma af weg te hou.  So as 'n straf omdat jy durf dit waag om te sê ek kan nie my eie kind opvoed nie.  Wat gebeur dan, Oupa en Ouma bly eerder stil en laat dinge begaan.

99% van die ouers vandag dink die skool is verantwoordelik om hul kind maniere en dissipline te leer.  Ek is jammer om so ouer se bubble te bars maar jou kind moet weet wat is reg en verkeerd voordat hy/sy kleuterskool toe gaan.

Ons samelewing is wat dit is vandag omdat ons, ons plig versuim om die kleinste organisasie in die samelewing naamlik die gesin te disiplineer.  Oom Antie.... as jou klein kind nie weet hoe om hom/haar in die gesin te gedra nie, hoe gaan die optree in die res van die samelewing.

Dis nie omdat die regering die opleidings kurikulum by die skool verander het nie.  Dis nie omdat die onderwysers nie die kinders 'n pak slae kan gee nie.  Dis nie omdat die skool elke oggend meer met skriflesing en gebed open nie.

DIS OMDAT ONS NIE MEER DIE WAARDES BY DIE HUISE TOE PAS NIE.  OF JY NOU NET 'N PA EN MA IS OF  'N OUPA EN OUMA.

Die verantwoordelikheid hou nooit op nie. So as jou kind of klein kind stout is, is dit niemand anders se skuld as jou eie nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 06:56:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het nog nie die eer om 'n Oupa genoem te word nie. 

Ek weet beide van my kinders is toegerus met die nodige kennis en dissipline om gedisiplineerde kiddies groot te maak. 

En ek sal dit as 'n eer beskou om te help waar ek kan om dit reg te kry.  Dit begin by die huis met die regte basis "Die Woord van God" en Ons Vader se genade wat ons elkedag so mildelik ontvang.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 07:15:21 am
Anonymous

Dit is darem maar erg swak van die ouma om te noem, los die goed net so, ons het tog niks gekoop nie.

Die wil voorkom of sy die vark in die verhaal is as dit by die opvoeding kom.

As ons gaan kruideniers ware koop en ek kry kinders wat dink die plek is 'n speel plek, stamp ek hulle opsetlik met die waentjie sodat hulle die ouers kan vertel van die ongeskikte oom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 08:07:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dennis dis mos een manier om dit te doen. Die kind het dan voor jou ingehardloop. ha ha ha ha...........laughingtongue-out

Dis seker die verkeerde manier maar dan nou ook wie was eerste verkeerd.  Die ouers wat nie die regte opvoeding gegee het nie,..................  die kind wat op verkeerde plek rond hardloop,...................... of jy wat hom met die checkers trollie gestamp het.

tongue-outtongue-outtongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 08:47:52 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

ek het op Punda dieselfde ervaring gehad met kinders wat rondhardloop en skree en so hard as moontlik gil (tot laat aand). Ek dink die ouers sê sekerlik vir die kinders hulle moet op ander plek gaan speel en daar gaan raas en dan gebruik hulle die ablusies as hulle RV. dit is onaangenaam en irriterend. ek en buurman het op verskillende kere hulle verjaag maar hulle kom net weer later terug.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 09:22:18 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja, ek stem saam dat stout kinders baiemaal die resultaat is van ouers wat te lui is om hulle kinders op te voed.  Toe ek in die hoërsklool was, was daar onder 'n sekere kliek dames op ons dorp, wat almal lede was van 'n sogenaamde prestige damesklub, 'n gebruik om hulle kinders sogenaamd "sielkundig" op te voed.  Dit het bloot beteken hulle voed hulle kinders nie op nie en laat maar Gods water oor Gods akker loop- die kinders moes glo self uitvind wat reg of verkeerd was.  Die dames moet ek noem, was meestal met vername mans getroud maar ek weet nie of veel van hulle "sielkundig" kon spel nie.  'n Hele aantal van die kinders het maar sleg uitgedraai.

"n Vriend, eerder 'n kennis van my, het so 'n stout seun gehad.  Toe hulle eenmaal saammet 'n goeie vriend van my vleis gebraai het, vra die eersgenoemde vriend sy seun wat toe seker so 13 opf 14 jaar oud was om iets te doen en die seun sê vir hom om dit self te doen.  Hy vra toe vir vriend nr twee wat hy sou gedoen het.  Die vriend sê an hom as dit sy seun was, het hy hom onderstebo geklap, wat hy ook sou doen- ek ken hom. Die seun het hulle mettertyd so uitgeroei dat hulle hulle huis en voertuie verloor het en vir 'n tyd in 'n karavaanpark gewoon het, hoewel die man 'n senior pos aan 'n akademiese inrigting gehad het.  Die seun is later dood in ek dink 'n mootorongeluk en die ouers het erken hulle was verlig.  Watter verskil sou 'n pak slae op sy tyd tog nie gedoen het nie?

Verstaan my mooi: Ek glo nie dis nodig om gereeld die rtoede in te lê nie en as jy kan opvoed daarsonder, is dit beter, maar as daar nie so 'n finale opsie is nie, gaan die kind doen net wat hy/sy wil.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 09:23:05 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek sal graag ook 'n eier oor hierdie onderwerp wil lê. Ons word eersdaags 60 en wil dit tog waag om te sê dat ons baie meer gedissiplineerd grootgeword het. Ons ouers het die opvoedingstaak in die huis hanteer en die skool en kerk het dit ondersteun. Daarna het oom Magnus tydens ons dienspligjare net 100% seker gemaak dat ons op die smal weg bly. 

Vandag se ouers is meestal afwesig en besig om te werk, of andersins groei kinders op in 'n gebroke huwelik. Die opvoedingstaak word oorgedra aan hoofsaaklik die skool en "somtyds" ook die kerk. Onderwysers word vervang met jongmense wat "besig is om te swot" wat absoluut niks weet van die wetenskap van die opvoedkunde nie, met die gevolg dat hulle opvoedingstaak ook maar somtyds onder verdenking is.

Ons kan regtig maar net vir ons kinders en kleinkinders bid en bid en bid...........

      

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 09:27:24 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Heinrich, ek dink nie dis net "deesdae" se ouers nie. My twee verhale hierbo kom van so dertig en meer as vyftig jaar gelede.  Waar kom vandag se swak ouers vandaan?  Ek dink hulle is lank gelede reeds deur net sulke swak ouers geteel.  Daar is steeds vandag baie goeie ouers wat die opvoeding van hulle kinders ernstig opneem. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 12:30:49 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Gaan kyk by Beeld Expo of nou by Zwartkop 4x4 expo hoe besluit die kinders binne n wa en lê op die bed en jy moet buit wag.

Vandag se ouers is soos hierbo genoem gehoor saam. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 13:13:02 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Mense, ek is nou eintlik verlig. Ek het begin dink ek is die enigste een wat wil wild raak as ek in n kamplek met ongeskikte kinders moet deel. Ek stem saam, dis die ouers. Albei ours werk en die kind kry nie die aandag wat hy moet nie (i.e. DISSIPLINE / ondersteuning met gevoel) Wat dan gebuer is dat kinders van kliens af leer om hulle eie kop te volg.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 15:58:39 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 356
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Truly a new world!!

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 16:16:51 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 27 Nov 2017

Leer jou kind goeie maniere en dissipline by die huis en hulle sal jou nie in winkelsentrums  of in die openbaar "embarrass" nie ..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 18:11:13 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Ek het my kinders soms pak slae gegee en as ek te kwaad was hulle gem£$"r. Baie goeie maniere gehad, die twee. Sal my dogter nou die dag my kleindogter pak slae gee en toe ek wil inchip laat wiel sy" Pa het my gem£%^r as ons stout was , nou kry sy slae as sy stout is." Moet sê mense komplimenteer ons altyd oor ons soet kleindogter. Hoor ons tienerkleinseun backchat sy ander ouma en toe ek om die hoek kom begin hy huil. Het hom goed geklits en toe sy pa hoor daarvan, brand sy gat weer. Ons was nie gehoorsame ouers nie maar het wel gehoorsame kinders en kleinkinders. Maak hul net reg groot.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 21:56:32 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1637
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kinders wat nie stout is, is siek. Maar daar is n verskil tussen stout en stout.

Kinders mag mos nie meer pak kry. Dan vra ek hoekom moes ek so pak gekry het want eks nog steeds vol draadwerk.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 06:38:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My Pa het die gesegde gehad...... buig die boompie terwyl hy klein is dan groei hy soos jy dit wil hê.  Baie mense sê daar is ander metodes om te volg. Ongelukkig is daar net een wat werk.

My manier was (en so het ek groot geword).......... praat net een keer................ daarna die vyfboeke van Moses............. as hulle hul oë uitvee is daar 10 op die agterstewe.

So het my kinders groot geword en dit was weinig nodig om die hand te laat praat.

Mense dink dat jy jou kinders mishandel maar as hy groot word met die afdwing van wat is reg en verkeerd kry hy dalk 'n raps op die boud eenkeer 'n jaar.  Maar dit vat dalk drie rapse 'n maand om die dissipline daar te stel.  Dan is dit basies verby.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 09:45:24 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1637
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek wonder soms of n pak slae regtig die regte ding is.

Ek het op hoër skool nie n dag gemis om ses van die bestes te kry met n rottang, soms in drie verskillende klasse. Dan het onderwysers nog kompetisie gehou wie slaan die hardste terwyl jy nog nie op jou bas kan sit van die vorige klas.

My ouers was te oud om my n pak te gee,.en dit is waar my swaertjie in gekom het. Die man het daai jare bus bestuur vir die JMT. Hulle was uitgereik met sulke breë belde wat die hel uit jou slaan. As ek nie vir my ma wou winkel toe stap omdat daar groter seuns my lans die pad inwag en my boelie. Vat hy my na hy van sy werk af kom aan die nek en slaan my tot by die winkel, kry pak binne die winkel en terug huis toe, 2 kilometer ver en nie in n kar hy loop agter my aan en slaan my. Voor mense voor vriende. Dit het my net meer onmoontlik gemaak en gelos met baie woede wat ek sukkel om van ontslae te raak

As ek vandag my onderwysers moet raakloop breek ek hul vingers een vir een. Swaer wil ek eerder niks van se.

Ja ek was net n klein bietjie onmoontlik maar daar is beter maniere om opvoeding te gee. Vroeër jare was daar verskillende opvoedings. Leer belt, leer plak, stuk hout, ketel draad , Rottang.

Ook maar goed dinge het verander, gun dit vir niemand.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 09:56:58 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2324
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja Bak Oor, ek stem grootliks met jou saam.  Ek was maar 'n stil soet seun op skool, en nogtans het my boude gedurig gebrand, sefs omdat ek glo lelik geskryf het!  Sommige onderwysers het dit as 'n professionele byvoordeel beskou om kinders te kon afknou.  Baie van hulle sou vandag in die tronk gesit het eerder as voor 'n klas staan en ek onthou hulle vir meer as vyftig jaar met minagting.  Daar was ook gelukkig die ander werklike goeie onderwysers wat voorbeelde gestel het wat ons wat gelukkig was om met hulle in aanraking te kom, nou nog navolg. 

Maar ek staan nie die afskaffing van lyfstraf voor nie.  EK dink nie dit behoort 'n eerste opsie te wees nie, maar as niks anders help nie, behoort daar 'n manier te wees om die onmoontlike kind tot ander insigte te dwing.  Aanhoudende lystraf is soos jy mooi uitwys, teenproduktief want dit maak die kind eerder opstandig as om sy houdig te verander.  Ongelukkig kan baie ouers nie oordeel wanneer dit nodig is en wanneer dit net 'n uitlaatklep vir hulle eie frustrasies is nie.

Ek wonder soms of die manne wat so hoog opgee oor die pakke wat hulle elke dag gekry het en hoe voordelig dit vir hulle was, nie maar net sulke boelies is as wat hulle pa's was nie en nou hulle boeliegedrag probeer regverdig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 10:08:37 am
Anonymous

Ek stem ook saam. Om pakslae uit te deel is soms onnodig. Persoonlik het ek slegs een hengse pakslae by my oorlede pa gekry en dit het hom erg gepla.

Op skool het ek erg deurgeloop. Toe ons woonagtig was in die karoo, het my sport onderwyser, Kosie Du Toit genoem dat hy van my 'n goeie rugby speler gaan maak. Gedurig tydens oefening het hy met sy rottang rugby oefening toe gekom en dan ingeklim met die rottang.

Eendag roep hy my eenkant en noem, ek wil en kan jou nie meer pakslae gee nie, want ek wil nie sien hoe lyk jou boude teen hierdie tyd al nie. Ek het maar net geglimlag en voortgegaan met oefening en dan voel ek weer die rottang op my gatlaughing.

Om terug te kom na om teenstrydig met pakslae vanaf ouers, hang af van persoon tot persoon.

Ek was nooit gevra om gras te sny nie, ek het my eie initiatief geneem en die gras weekliks gesny.

Ander werkies was dit dieselfde, as kind moet jy geleer word om jou eie initiatief te gebruik en dit sal voorkom dat jou ouers met rooi gesigte van skaamte rondloop agv jou as kind se ongewenste gedrag.

My 2cent.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 10:32:11 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 356
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

What I observe  all the time is that the new generation of parents seem to have to beg their children all the time to behave !!

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required