Dit lyk sleg, liewe ouers dit is die ergste wat daai dam nog was.
Good heavens...
Die dam se water word gebruik om krag op te wek; dit help keer dat daar beurtkraag toegepas word. Die impak van die droogte op die dam se watervlak word skynbaar nie ten volle waardeer nie.
Daarby is die Krugersdrif-dam by Bloemfontein ook op sowat 5%. Die boere langs die Modderrivier het die water uit die dam nodig in die rivier vir besproeiing. Koffiefonteindam is leeg.
Ons in Gauteng kyk na die Vaaldam en dink als is nog reg.
Mense maar dit lyk nie goed nie. Ons in Gauteng besef nie die impak van die min reen nie.
Was by die Vaaldam gewees toe ons by Bloekompoort gekamp het. Dit het nie te sleg gelyk nie maar die impak op die dam is nie so groot nie want hy word gevoed deur die Lesotho water skema. Dis baie water wat daar deur in die Vaaldam in loop.
My een werks kolega het 'n plaas tussen Welkom, Theunissen en Virginia, hy se vir my dat daar op die stadium glad nie veld gras vir sy diere is nie, hy moet hulle nog voer. Hy sit nou spulpunte op in die veld om te kyk of dit die gras sal aan help hy het darem redelikke water in sy boorgate.
Glad nie lekker nie
Ek onthou mid '90 het ek met my kar tot onder in die bodem van die Tzaneen dam gery en die damwal van die binne kant gesien.
Dit is "scarry"
Sjoe, dit lyk nie goed nie. Volgens kenners, (RSG Landbouprogram), behoort die weerpatrone later die maand te verander en bogemiddelde reënval word verwag. Soos Chuck sê, ons moet net vertrou.
Vandag....🙏🙏
Dis wonderlik! Ek het nie besef dit het so goed in die opvangsgebied gereën nie.
Hierdie is n eye opener. Ek self gebruik dubbel soveel water want alles word gewas, groceries, vloere, huis, skottelgoed, klere, skoene en nogmaals gewas. My hanne lyk al soos hoener pote.
So ek dink water verbruik skiet nou die hoogte in en daar is nie water nie
Interessant dat ons hier in Pietersburg sedert die inperking nog nie eenmaal waterprobleme gehad het nie. Ons is gewoond daaraan dat daar nie 'n week verbygaan sonder dat die water vir ure of soms die hele dag af was nie. Wonder waarom.
Blykbaar is die dam vol ?