English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 158
Total Views: 82 384 963
topics: 402
replies: 3 914
views: 1 473 311
Talk about the current road conditions throughout the country

Gariep Dam na Willows in PE

replies: 18
views: 3174
02 Mar 2017 @ 07:37:27 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Goeie Môre mede Kampers,

Kan iemand asseblief advies gee oor die beste sleeproete vanaf die dam na Port Elizabeth.

Info beskikbaar op die soekfunksie redelik oud en man wil nie onnodig sukkel as iemand meer onlangse informasie kan verskaf nie.

U hulp word waardeer

Groete

Andre

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2017 @ 09:47:53 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Andre, ons verkose roete is Hofmeyr, Steysburg, Cradock na PE.   Ek weet die padoppervlakte vanaf Cradock is baie goed maar is nie meer so seker oor die toestand vanaf die dam tot by Cradock nie.   Dit is 'n redelike stil pad en gewoonlik nie baie trokke nie, aangesien hulle meestal Graaff Reinet omry.  Johan Viljoen het dit 'n week gelede gery en sal hopelik hier vir jou meer kan vertel.

Dit is ook beter om vanaf Cradock in PE in te ry met 'n karavaan.   Jul ry nie in verkeer vas nie, vanaf die N2 bly julle op die snelweg.   Julle gaan mos Willows toe, as ek reg onthou?   Dan is dit net vanaf die snelweg deur Summerstrand en hou reguit aan tot by Willows.  As jul vanaf Graaff Reinet se kant kom, gaan julle die baie besige pad tussen Uitenhage en PE moet ry en in erge verkeer inry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2017 @ 10:36:38 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Baie dankie vir die terugvoer sover.

Ons waardeer en het nog nie voorheen die voorgestelde roete gery nie.

Veral die stuk tussen Uitenhage en PE was vir my ook 'n vraagteken.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2017 @ 15:52:02 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Andre ja, ons het Colesberg. Middelburg. Cradock pad gevat. (Eintlik andersom, vanaf die suide)
Al geneuk is by Middelburg ry jy deur die dorp.. die pad deur Hofmeyr ook jare terug gery. Probeer hom. Hy was so vier jaar terug oky.

Maar soos Freda se Cradock om kom jy by N2 uit en daarvandaan ry jy eintlik in die "buitewyke" na Willows.
Ons het biki gaan kyk na Willows na n afwesigheid van n paar jaar en nog steeds n uitstekende kampplek. Ons het altyd by die privaat ablusies gestaan maar die gewone staanplekke is 110% Is in elk geval met n beter "View" en spasie.

Geniet hom.
Onthou ontbyt by Daggaboer , net buite Cradock.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2017 @ 15:58:51 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ekskuus Johan, ek was onder die indruk julle het die  Hofmeyr / Steynsburg pad gevat vanaf Cradock.   Ons het altyd baie daarvan gehou om daardie pad te ry.  Mens weet net nie wat die huidige toestand van die pad is nie.  Dalk iemand anders op die forum wat Andre daarmee kan help?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2017 @ 16:08:53 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ekskuus Johan, ek was onder die indruk julle het die  Hofmeyr / Steynsburg pad gevat vanaf Cradock.   Ons het altyd baie daarvan gehou om daardie pad te ry.  Mens weet net nie wat die huidige toestand van die pad is nie.  Dalk iemand anders op die forum wat Andre daarmee kan help?


Geen probleem Freda. Noudat ons weet hoe lyk ons is daar nie meer hare-orent-staan gedagtes nie. Jammer oor die verlede se byterigheid. En. Ek is nog steeds spyt ons het nie nog langer daar by vanstadens gebly nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 06:26:15 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Goeiemôre Kampmaters,

Weereens baie dankie vir die terugvoer.

Ek gaan 'n kans vat en oor Hofmeyer en Steynsrus ry en sal dan na die "pensioen inoefening"kom terugvoer gee hier.

Oom Koos -- ek gaan daai Daggaboer plek van jou beslis raakry. Ek gaan  nou op Oom Google probeer vasstel presies waar dit is anders gaan ek weer bakhandjies en oop ore staan vir raad.

Groete

Andre en Magda

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 06:39:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het Desember daar by Daggaboer se padstal gestop.  Dis in die Dagga pas of Daggaboer pas. Of Daggaboer Nek kan nie presies onthou nie.

Hoender en Mayo op tuisgebakte brood. Baie lekker.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 06:42:53 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Andre, probeer gerus Daggaboer se plek, ek ken dit nie maar ek weet Johan hulle het daar geëet so jy kan sy woord neem daarvoor.   As jul egter nie daar eet nie, kan ek die Nanaga Padstal ten sterkste aanbeveel.   Jul kry dit op die roete net soos julle op die N2 opgaan.  Dit is 'n baie groot plek en hulle het 'n  groot verskeidenheid kos wat jy daar kan eet by tafels binne of buite of kan wegneem.  Hul is bekend vir hul tuisgebakte pasteie en roosterkoek.

Ek sal graag wil hoor hoe die Hofmeyr/Steynsburg pad nou is.   Ek hoop julle geniet die paar dae by Willows en die res van jul pensioen inoefening.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 08:18:07 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ons het Desember daar by Daggaboer se padstal gestop.  Dis in die Dagga pas of Daggaboer pas. Of Daggaboer Nek kan nie presies onthou nie.

Hoender en Mayo op tuisgebakte brood. Baie lekker.



Wil net sę. Ek het hulle gevra of hulle nie dalk n man kan uithelp met so.n arm dagga nie. LOL
Maar ongelukkig verkoop hulle net lekker kos. Vetkoeke en en en .
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 08:28:55 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Sien ons trek nou al by dagga aankope op die draad.

Glo die puriste gaan in hulle broeke glipsies maak oor die afwyk van die onderwerp maar aangesien André'tjie die draad begin het kan ons mos maar maak hoe ons wil né.

Oom Koos -- sien op hulle amptelike blad hulle joke dat die dagga voor 6 in die oggend verkoop word maar die padstal maak eers 8uur soggens oop. 

Sien dis so 2uur 40 min se ry van Gariepdam volgend Garmap en met die sleep budget ek op so 3 uur.

As ons 6uur padvat is ons dus net by hongor word tyd daar.

Praat myself nou hier in 'n spoegbek in.

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 14:38:43 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2696
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Bestel by daggaboer roosterbrood en koffie.
Ammer sal jy nie wees nie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2017 @ 04:16:17 am
Antonf
Bronze Member
62% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 13 Nov 2016
Hi Andrew, het julle toe die Gariepdam, Steynsburg, Hofmeyr roete gery? Indien wel, hoe was hy? Ons wil hom oor so 3 weke ry met die Discoverer.
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 13:47:30 pm
Charles
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 20 Mar 2017
Ons wil ook einde April die roete ry vanaf Cradock na Gariep dam. Hoop daar is terugvoer oor toestand voor dan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2017 @ 09:03:02 am
Charles
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 20 Mar 2017
Hi, pad tussen Cradock en Hofmeyer goed. Pad vanaf Hofmeyer na Steynsburg en Venterstad nie baie goed nie en besig met padwerke. Pad vanaf Venterstad na Gariep goed. Pad gery in April.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2017 @ 21:08:15 pm
Antonf
Bronze Member
62% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 13 Nov 2016
Hierdie draad is een vanes hoekom ek spoed verloor met die forum. As ek nie iemand 'n boodskap kan stuur om (hopelik) 'n vinnige antwoord te kry nie leef jy in hoop dat die lid sy eie posts dophou. Ek en Charles het vrae gevra middel April. Toe Charles homself antwoord was dit geskiedenis.
SWAMBO het die vraag op GesigBoek gevra, en die antwoorde was binne ure daar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2017 @ 07:45:12 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Hierdie draad is een vanes hoekom ek spoed verloor met die forum. As ek nie iemand 'n boodskap kan stuur om (hopelik) 'n vinnige antwoord te kry nie leef jy in hoop dat die lid sy eie posts dophou. Ek en Charles het vrae gevra middel April. Toe Charles homself antwoord was dit geskiedenis.
SWAMBO het die vraag op GesigBoek gevra, en die antwoorde was binne ure daar.

Dit is ongelukkig so dat mens soms iets vir iemand vra en dit word nooit geantwoord nie.   Hier is nie 'n funksie vir privaat boodskappe nie en jy moet dalk eerder 'n heel nuwe draad begin met jou vraag omdat ou drade vinnig ondertoe beweeg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2017 @ 08:57:52 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Dit is ongelukkig so dat mens soms iets vir iemand vra en dit word nooit geantwoord nie.   Hier is nie 'n funksie vir privaat boodskappe nie en jy moet dalk eerder 'n heel nuwe draad begin met jou vraag omdat ou drade vinnig ondertoe beweeg. 



Ek wou ook geantwoord het maar sou waarskynlik die verkeerde uitspraak gelewer het.
Dankie Freda. Dis presies soos dit is. Ek het dit ook al so ondervind dat die draad oud word en min lede lees die ouer draad. As jy n nuwe ene begin dan antwoord almal sommer vinnig.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2017 @ 09:18:49 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Goeiemôre Anton,

Sien vanoggend hierdie draad vir die eerste keer raak vandat ek die aanvanklike navraag geplaas het.

Ek het gelukkig nie jou frustrasie beleef nie en was vinnig gehelp.

"Hi Andrew, het julle toe die Gariepdam, Steynsburg, Hofmeyr roete gery?"

Geen idee by wie jy 'n antwoord gesoek het nie so ek vra om verskoning as jy met MY wou praat en ek nie op ANDREW gereageer het nie.

In elk geval nou heeltemaal te laat om detail terugvoer te gee maar ek sal beslis weer daardie roete ry. Baie stil en 'n lekker verandering van die "normale" oor Middelburg en Graaf Reinet.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required