Walter, baie welkom op die forum - ek kry die gevoel jy gaan lekker saam gesels. 'n Paar vrae:-
Ek hoor selfs hierdie stewige boskaravane kry nog skade op Namibie se paaie. 'n Vriend vertel van die man wat Spreetshoogtepas afgery het met sy duur nuwe boswa. Toe hy onder kom en die deur oopmaak, le van die kassies op die grond.
Die voordeel van die ou Gannet is, die kassies staan klaar op die grond wanneer die mure platgevou word
Walter dankie vir die inligting oor die Gannet. Natuurlik is ek te jonk om te kon weet dat daar ooit so iets gemaak was. Ek onthou net die Slipstream en Camp pride van ouds.
Walter, jy is een van die min ouens wat sommer gou-gou die foto-storie baas geraak het. Baie dankie vir die fotos tot dusver want ons weet nou mooi hoe lyk jou "rig". Nou soek ons fotos van jou kampopset en jou geliefkoosde kampplek.
Ek's maar net te bly om iemand te kry wat belangstel
My vrou rol net haar oe as ek die onderwerp in 'n geselskap aanroer hehe!
Daai twee het mos seilkante gehad?
O, Lennie, so dit klink my die foto's oplaai is 'n soort inlywing hier by julle?
Jis, ek hou die kampopset maar basies, want ons staan gewoonlik net 'n aand of twee op 'n plek oor. Die oorspronklike tent is ook al jare terug deur die plaasrotte opgevreet.
Gebruik net 'n afdak af en toe.
Is hier dalk iemand op die forum wat ook 'n Bedoeine-tent by sy karavaan gebruik? My broer het so 'n opset en hy is nogal in sy skik daarmee.
Dankie Piet Pad. Is ons nie familie nie?
Dit is onverstaanbaar dat hulle nie meer die tipe karavane maak nie. Ek self het groot geword met n Camp Pride. Ons het die hele Namibie en Mosambiek deur getoer met paaie wat maar swak was en het die Camp Pride nooi enige probleme gegee nie. Dit was maklik om te sleep en baie vinnig en maklik om op te slaan.
Ek dink dat die konsep veral hedendaags baie aftrek sal kry. Wie weet, miskien sien iemand die lig en ons sien dalk een van die dae iets soortgelyks, miskien selfs n offroad weergawe.
O, Lennie, so dit klink my die foto's oplaai is 'n soort inlywing hier by julle?
Jis, ek hou die kampopset maar basies, want ons staan gewoonlik net 'n aand of twee op 'n plek oor. Die oorspronklike tent is ook al jare terug deur die plaasrotte opgevreet.
Gebruik net 'n afdak af en toe.
Is hier dalk iemand op die forum wat ook 'n Bedoeine-tent by sy karavaan gebruik? My broer het so 'n opset en hy is nogal in sy skik daarmee.
Vertel of wys bietjie meer van die Bedoeine-tent waarvan jy praat.
Smaak my dis goete van "Va-me-lee-se-dae" die. Waarde vol as jy my vrae.
Vertel of wys bietjie meer van die Bedoeine-tent waarvan jy praat.
Smaak my dis goete van "Va-me-lee-se-dae" die. Waarde vol as jy my vrae.
Piet Potlood (Walter), kontak my asb by hierdie e-pos adres (jnventer at gmail.com) en stuur jou selnr vir my asb. Ek sleep hierdie naweek vir die eerste keer met my Duster en wil graag bietjie met jou gesels. Baie dankie.
Dankie vir die informasie. Jy het nou net 'n naam by 'n prentjie gesit.
Ek dink voordeel van so tent is jy kan sommer die tent dak laer af trek as die wind of reen van 'n kant af kom sonder om ekstra kante op te sit.