English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 983
Total Views: 83 205 655
topics: 11 525
replies: 138 750
views: 39 321 698
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gaan ek n virus aanvat in Portugal?

replies: 35
views: 616
11 Mar 2020 @ 12:30:02 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Middag al die manne en girls, ek was die afgelope ruk gruwelik afwesig, wou darem vir julle 'n kans gee om minder van my gwarra-gwarra te ervaar. Was darem ook bietjie anderkant die berg gewees.

Ek en Bekkie Bokkie Baby gaan al weer die Camino stap, hierdie keer die Portugese ene. En nou kom daai lêlêk-dêng virus die planeet soos 'n marsman wat glimlaggend kom kuier het en sy streke uitgehaal het pas nadat hy geland het. Kan daai blêddie skrefies-oë nie verstaan dat 'n mens eet nie die naels van leeus en die velle van donkies nie? Hulle minister van on-gesondheid het alle diere-karkas-markte laat sluit, maar hy weier om te erken waarom hy dit doen. Die poe ....l.

Wat dink julle manne, moet ek my kaartjies kanselleer en liewer gaan vakansie hou op die Valkland-eiland? Ek meen, ek is nie juis bekend daarvoor dat ek 'n bang ou is nie, maar ek wil darem nie twee dae voordat ek huistoe moet kom hoor dat ek vir 14 dae in 'n Portugese of Spaanse army-kamp moet gaan sit nie. Ek het al gehoor dat daai army-verpleegsters 'n man lelik seer kan maak as hulle jou eers vasgedruk het.

So wat is julle oorwoë aanbevelings?

 

 

 

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 12:47:22 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek persoonlik dink nie dis wys om enigsins te reis op die stadium nie.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 13:13:04 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Die probleem waarmee ons mos sit is ..... geld.

Skielik is die versekering wat jou vlugkaartjie jou bied EN jou mediese fonds n kardinaal-belangrike item. Discovery Health bied R5 miljoen per persoon versekering. Maar as hierdie virus jou beet het gaan daai klomp geld niks help nie.

Uit die aard van Suid Afrikaners se persoonlikheid is sal ek op hierdie stadium gaan. Net n globale verbod op vlugte gaan my keer. Maar ek is darem ook nie stupid nie.

Ek sien nou daar hierdie topic is reeds op die forum .... sorry.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 15:08:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17353
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die ou wat vandag in SA positief getoets is vir Corona, het op die 7de van Portugal gekom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 19:04:48 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Danie die probleem wat ek sou hê met steeds gaan is dat jy hier en daar getoets word en ook as jy hier land. Sou jy ongelukkig wees om dit op te getel het beteken dit dadelik afsondering as jy hier land. Ek glo nie mens sal dit wil ervaar nie.

My roep sal dan wees stel dit eerder uit tot daar meer deursigtigheid is oor die verspreiding en moontlike medikasie om die skade te verhoed 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 19:06:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Danie die kole is nie die sous werd. 

Dit is een ding om van Al die goed te hoor en n ander ding om betrokke te wees. As jy Reis weet jy nie waar om te vat of sit. As iemand nies of hoes vlug jy en worry jou siek.

Ma pa kanseleer nou sy Reis na Israel. My dogters het skoon terug gekom van Italia. Dank die Here daarvoor maar hulle het hulself vir nog twee weke in isolasie gesit na dokters hul die ok gegee het.

Sou iets verkeerd loop en jy word ge "lock  down" kos dit jou geld. Vlieg tye verander dit kos meer geld

Die vrese en kommer, nee wat ek sal net hier by die huis bly. Worry nie oor geld wat verlore gaan. Nou besluit jy op Valkland en terwyl jy daar is Kan dinge baie vinnig skeef loop, Klein plek, vinniger verspreiding. Bere daardie stap skoene sou ek se.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 21:20:45 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Darm is die virus in China, gemaak, gaan nie lank hou nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 21:32:39 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Stem saam met die ander bendelede Danie, bly vir nou eerder by die huis. Ons is vandag ook by UP ingelig dat internasionale reise tot verdere kennisgewing nie goedgekeur sal word nie en ook versoek om die wat reeds geboek is eerder te kanselleer. Ons is selfs aangeraai om plaaslike reise na bv konferensies eerder 'n mis te gee. Ek weet ook dat die WNNR en ander instansies dieselfde doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 21:41:20 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

So laat weet Johannes vir die chinese," julle moet carburator cleaner gebruik vir daardie virus in die corolla. Hier by ons in Suid Afrika , as ons die virus het ons drink die brandewyn. Dan die virus hy is gou dood."

Op n ligter noot.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 21:53:26 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 06:12:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk die mediese vermoë van elke land verskil vreeslik baie.  Die vraag of die virus by jou gaan uitkom moet eintlik wees wanneer hy by jou gaan uit kom.

Daar is geen "vaccine" tans nie so hy versprei en gaan maar rustig sy gang.  Tans vertraag reelings en prosedures net die verspreiding.  Vraag is waar wil jy wees wanneer die virus jou beet kry.

Sommige sal sê verseker op 'n plek waar die mediese behandeling die beste is of ander weer by die huis waar my dokter my ken en ek met die omgewing gemaklik is.

Dit is maar mens se keuse.  Jou huidige gesondheid en ouderdom behoort jou te lei met dit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 09:10:41 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1204
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Danie, oorweeg ernstig 'n kansellasie.   Julle kan altyd dit weer doen.

In Centurion raak die maskers op.  Inteendeel ek kon nie kry by DisChem nie;   ook nie die alkohol handwas nie.   Verlede Donderdag het mense (vrouens) baklei in DisChem by Raslouw vir die alkohol handwas.  My dogters werk in die mediese omgewing in Centurion en Midstream;   die een by 'n patalogie laboratorium sê hulle maskers raak op en hulle hoop op 'n besending wat in Durbanhawe sal aankom.   Die alkohol raak op en is al by verspreiders onbeskikbaar.   Ons landjie is dus nie in 'n baie goeie posisie om die pandemie te beheer nie.

Europa het ook 'n probleem met die hordes Sjinese wat daar rondloop.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 09:29:51 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 383
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Hoe se die engelsman "its a catch 22" Jy kan gaan en niks gebuer of jy kan gaan en jy steek vriende en  famielielede aan sonder dat jy iets oorkom.

Die probleem is jy weet net nie vooraf of dit okay gaan wees nie. Vir my gaan dit nie oor wat met my gebuer nie, dit gaan oor die gevaar en skuld gevoel wat dit inhou as ek famielie en vriende aansteek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 11:27:29 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Een van die nuutste virus gevalle is 'n persoon wat dit plaaslike by 'n Sjinese sakeman aangesteek het.  Dit is in die Vrystaat.  Dit gaan die Sjinese winkels en markte hard slaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 12:23:24 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ernstiger is die feit dat dit die eerste plaaslike oordrag geval is...in alle ander lande het daar kort daarna 'n skerp styging in gevalle voorgekom...

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 13:36:29 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dan weer wonder ek. Ons volg wereld se trend op corona paniek en yes ons het rede om versigtig te wees.

Europa, China is eientlik vreedsame plekke in vergelyking met ons en as iets hulle lewe in gevaar bring dan gons dit daar en dis die eiende van die wereld. As daardie mense hier moet Bly sal hulle dink hulle is in n oorlog. 

Hier in SA Kan jou eiende kom as ware by elke stop straat of Robot. Ons het soveel gevare wat ons Kan inwag buite op straat, winkel sentrums, eet plekke, selfs in jou eie huis. Mense en kinders is nerens veilig.

Hoe groot verskil is die SA vrese teen oor die Corona. Of gaan dit meer oor bang Vir die ongekende.

Iets wat ons nie moet vergeet. Ons eerste asem teug asook die laaste is vooruit bepaal. Ja ons loop verskillende draaie en ompad na ons bestemming maar ons gaan op daardie sekere tyd en dag gestop word. So kommer minder en leef meer in die tyd wat  vir ons geskenk is.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 14:12:00 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 783
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Fanx allie manne, julle echo min of meer almal se opinie.

Ander groepe wat ook die Camino gaan stap gaan die Camino-France stap. (Dit begin in Frankryk en jy stap oor die Pirinieë en dan 800km in Spanje) Hulle begin al volgende maand stap en hulle gaan tans voort daarmee. Op die oomblik rus ons beplanning op wat die Roomse Confraternity of St James aan die wêreld oordra en die Camino is tans nog oop. 

Ons grootse probleem gaan kom indien EUROPA sy lughawens vir ons toemaak. Dan is ons ge-be-choinks.

Die vraag is dan ook : Wil jy in 'n moderne Europese wêreld-standaard hospitaal lê, of wil jy jou kanse vat in ....... TYGERBERG hospitaal? Wie van julle was al DAAR? Ek lê liewer by die huis! Indien al die lande voortgaan met hulle 14-dae kwarantein sal ek genoeg tyd hê voordat ek op 01 Junie vertrek om my maaind op te maak.

Daar is 'n kans dat my dogter Valklande toe sal verhuis, dalk moet ek daar in kiemvry-heid gaan kuier. Dis so naby aan die Suidpool dat geen kiem daar uithou nie. Tensy Argentinië hulle weer inval.

Ons hou maar dop wat gebeur.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 14:46:34 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Magtie Danie, wat 'n dilemma!  As jy in Europa onder kwarantyn geplaas word of dalk lank daar sal moet aanbly, kan dit 'n fortuin kos.  Hoe seker is ons dat lande nie dalk onkostes van veral nie-burgers sal begin verhaal vir kwarentynverblyf nie- dis gaan lande baie kos om baie mense so te huisves.  'n Mens beplan lank vooruit en dis 'n reuse teleurstelling as jou planne geskrap moet word. Die virus self lyk dit my is nie so ernstig as die ander gevolge daarvan nie.

En nou wonder ek ook, waaroor gaan jou dogter van alle plekke na die Falklande?  Dit klink vir my nou regtig 'n troostelose, vaal en yskoue plek.  Ook sommer terloops, dit klink of hierdie virus, soos ander griepvirusse, meer toeslaan in die winter en wyk in die somer as dit warmer is, so of die Falkland eilande se koue klimaat dit sal verhoed, dink ek nie is 'n gegewe nie.  Toegangsbeheer sal egter wel makliker wees as digter bevolkte lande, so hulle sal dalk kan keer dat dit virus ook daar uitslaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 16:30:41 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek kan nie raad gee nie. Daar is baie beter ingeligte ouens as ek wat dit beter kan doen. Wat ek wel kan sê is wat ek sou oorweeg alvorens ek oorsee vlieg.

Ek was toevallig netnou by 'n jongerige oor neus en keel spesialis, en het hom gevra of hy nou sal reis.

Hy sê onder geen omstandighede nie. Wat hom die meeste pla is die uitslaan tafeltjies in vliegtuie, wat volgens sy wete nie gesteriliseer word tussen vlugte nie, en nugter weet wie het voor jou daar gesit en hoes en proes. Hy reken ook in 'n vliegtuig is die risiko groter as in 'n bus omdat, anders in 'n bus waar ventilasie van buite kom, word die lug in 'n vliegtuig deur die lugreeling gehersirkuleer.

Hy voel ook fist bumps en elmboog vrywe is onsinnig. Daar behoort geen aanraking te wees nie. 'n Waai van die hand beteken mos dieselfde.

Ek persoonlik dink die gevaar bestaan dat 'n reis verbod ingestel kan word soos wat Amerika nou gedoen het met vlugte vanuit Europa. Indien dit gebeur met 'n Suid Afrikaner wat oorsee sit is hy daar gestrand en sal daar nie hulp vanaf die regering beskikbaar wees nie.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 18:50:40 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kanneman goeie draad. Jy het hom goed raak gevat met belangrike feite

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 08:29:44 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Of daar nou 'n reisverbod kom of nie, meen ek al minder mense sal wil vlieg.  Een Britse redery het alreeds as gevolg hiervan gevou en ek dink stellig nog ander gaan volg.  Dit is al baiemaal gesê lugrederye is nie baie winsgewend nie en as daar dan nog afnames in passasiersgetalle is, kan dit hulle net breek.  Dit is moontlik om vlugte te verminder wat bedryfskoste sal verminder maar oorhoofse koste bly maar dieselfde.  Rederye wat vliegtuie gekoop het, sit dan met onproduktiewe eenhede en die wat gehuur het, kan dalk nie die huurooreenkomste heronderhandel of kanselleer nie. Maatskappye wat die vliegtuie verhoor, gaan onvermydelik die druk voel. Vliegtuigvervaardigers gaan ook minstens vir die afsienbare toekoms nie 'n afset hê nie en bestaande bestellings sal dalk gekanselleer word.  Sal hulle die krisis oorleef?  Dink ook aan al die personeel verbonde aan die rederye wat waarskynlik hulle werk sal verloor of minstens op verminderde of onbetaalde verlof geplaas gaan word.

En dis maar alles net in een gedeelte van die wêreldekonomie.  Ek dink nie ons verstaan naastenby wat hierdie griepkrisis nog alles tot gevolg gaan hê nie.  Al wat ek hoop, is dat dit vinnig sal uitspeel want dan sal alles waarskynlik weer redelik gou normaliseer.  Hoe langer dit egter neem, hoe minder normaal gaan die wêreld daarna wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 12:42:25 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek sou graag meer perspektief wou sien t.o.v. hierdie virus.

Hoe vergelyk dit met die nuwe virusse wat elke jaar hulle koppe uitsteek t.o.v. sterftes in die verskillende lande. 

Waaraan het die oorledenes gesterf? Nie die virus nie, maar die een of ander komplikasie. Wat is hierdie komplikasie en hoe vergelyk dit met virus komplikasies wat sterftes veroorsaak het in die verlede.

Ons het plaaslik ook 'n virus wat elke dag talle mense se dood verooraak. Gister het die nuus 18 sterftes gerapporteer. Vandag so vêr nog net 'n skamele vier. Die virus het ook 'n tweeledige naam, en het ook 'n erge geskiedenis van sterftes in ons land. Geen voorsorg of maatreels word egter deur die regering getref om dit te beperk of in toom te hou nie. In Suid Afrika gaan baie meer mense daaraan dood as aan griep-tipe virusse. Ek weet nie wat die wetenskaplike naam is nie, maar in die omgangstaal staan dit bekend as Minibus Taxis.

Ek is oortuig daarvan dat indien sodanige Taxis se spoed tot 50 kilometer per uur beperk sou word binne stedelike/dorps grense, snelwëe ingesluit, en tagtig op alle ander openbare paaie, sal die sterfte syfer ten minste halveer. 

Waarom doen ons regering dit nie? Want hulle het nie die politieke wil nie, en sit boonop met 'n spul onbekwame wetstoepassers wat geen idee het van oorsaak en gevolg nie.

Ek was al baie gesê om nie te kritiseer as ek nie 'n oplossing het nie. Wel, ek stel voor dat finansiële aansporings aan die amptenary ingestel word vir Taxi oortredings,  slegs betaalbaar aan die inisieerder nadat sodanige boetes vereffen is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 13:16:25 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar was 'n ruk gelede sprake wat stedelike spoedbeperkings tot 50k/u verminder sal word, maar ek het niks weer daaroor gehoor nie.  Dit klink nie of dit deel maak van die nuwe verkeerswetgewing wat deur die Parlement goedgekeur is nie.  So 'n beperking sal egter vir almal geld. 

Of dit enige effek sal hê op die spoed wat die taxis ry, twyfel ek.  Hoekom sou hulle nou skielik spoedbeperkings begin respekteer.  Maar moenie 'n fout maak nie- dis nie net die minubustaxis wat verkeersreëls oortree nie. Baie gewone motoriste oorskry ook gereeld spoedbeperkings, ignoreer stopstrate, praat op hulle selfone terwyl hulle bestuur, maak nie hulle veiligheidsgordels vas nie, hou nie hulle kinders veilig in die voertuie nie, sy in die geel streep en so meer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 13:39:39 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Wel Fred, ek reken dit is tyd dat die Taxis vasgevat word. As ons die Australiese wetstoepassers gehad het sou dit 'n ander storie gewees het.

Ek wonder waarom.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 13:51:02 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Net die taxis?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 15:18:07 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die vraag was mos "Hoe eet mens 'n olifant?" Antwoord "een happie op 'n slag".

Ek sou raai die happies kan in die volgorde van Taxis, selfone en stopstrate wees. Wanneer die owerhede daardie drie gewen het sal die ander oortredings 'n baie vinnige afname toon, want dan sal almal weet daar word nie gespeel nie.

Kaapstad is veronderstel om selfoon oortreders se selfone te konfiskeer. Moenie laat ek lag nie.

Ek kan nie meer onthou in watter stad nie, maar ek het iewers gewoon waar elke mobiele verkeersbeampte 'n doelwit gekry het vir bewegende oortredings, d.w.s. omtrent alles buiten parkeer oortredings. Dit het gemaak dat die verkeerspolisie op die uitkyk was vir oortreders.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 15:30:16 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit maak sin, maar kan dit hier gebeur?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 15:35:43 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

@Danie - ek wil nie spoke opjaag nie maar as mens wel sou siek word en dit nie maak nie - dan is mens in vir 'n hele boedel gebruik net om iemand van oorsee hierheen te bring. Ons het onlangs moes ervaar hoe dit oor die R50 000 was om iemand net van Namibie hierheen te bring na 'n afsterwe by Hentiesbaai.

Ek weet nie of die watsaap van 'n vrou uit Italie wat vertel hoe erg dit is met die helfte v d land in kwarentein. Die grootste gedeelte v d land se grense is ook reeds gesluit. Hul gaan blykbaar binnekort die hele land se grense sluit vir in en uit.

Verder vertel sy dat hulle omtrent 20 uur 'n dag moet werk en hoe groot tekort daar is aan verpleegpersoneel.  Ook dat hulle nooit saam met iemand mag uitgaan om kos te koop nie - nie eers hul eie kinders nie. Hul mag net 2 dae per week uitgaan en dan moet jou hele lyf toe wees.

Dit sal waardeer word as mens kan vasstel of dit weer een van hierdie baie goeie vrees aanjaende boodskappe is wat ons so lief is om paniek te saai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 15:41:13 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het daardie whatsapp beluister en ek dink die vrou suig duim.  Ek wil eerder nie haar bewerings hier herhaal nie want ek wil nie valse gerugte versprei nie.  Ek wonder of sy wel in Italië is en 'n dokter is.  Ek dink sy herhaal maar wat sy lees en voeg haar eie verdigsels by.  Die manier wat dit aan my voorgehou is, is dat dit persoonlike korrespondensie is en nou blyk dit dat ander mense dit ook gesien of beluister het.  Dit laat my nog verder twyfel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 16:22:26 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

As haar bewerings waar is, dans die media verkeerd. As die media reg is, dans sy verkeerd.

Ek het die boodskap eergister vir die eerste keer gehoor en dadelik simpatie gehad. Maar nou dink ek dis n hoax want die boodskap swerf nou vanaf kaapstad tot in gauteng tot in die noord kaap rond. 

Lyk eerder vir my na duiwelse maniere om paniek te saai. 

Gelukkig is ek nie iemand wat sulke dinge maklik versprei nie.

My siening is ek glo vas aan Psalm 91daarom is ek nie bevrees nie. 

Maar om roekeloos te wees is nie baie aan nie.  Dus om die topic vraag te beantwoord.

Bly veilig.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 21:28:09 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Die ding is so lank en ek het net so plek plek geluister. Na die tyd gedink hoe kan mense net 2 keer per week gaan kruideniers koop maar hulle werk 20 uur per dag. Dan word die oorleg met "Turkey" ingegooi en ek nie seker hoe praat sy van sus maar sy praat ook van haar sus se ma? Mens lag eintlik as jy dink oor sekere dinge asook die herhaling van wat reeds gese is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 10:49:21 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Sien nou al hoe meer werkgewers wat alle buitelandse trips van hulle werknemers verbied asook die wat reeds bespreek is om oorsee te reis se trips met onmiddelike effek te kanselleer - hulle vereis ook nou spesiale toestemming vir selfs plaaslike reise. Die SKA (Square Kilometer Aray) mense het dit so pas gedoen, asook UP onder andere. Terselfdertyd het beide Maties (Stellenbosch) en UCT hulle gradeplegtighede in wese ook gekanselleer, graduandi se graad sertifikate sal per pos of koerier na hulle gestuur word...vir universiteite om gradeplegtighede af te stel is 'n baie groot ding, dink nie dit het al ooit gebeur nie... Die aantal covid-19 gevalle het van zero na 24 letterlik oornag gespring, ek glo dit gaan nog baie erger word voor dit sal beter gaan. Slim ding om nou te doen is maar soort van 'n pseudo kluisenaar lewe vir minstens die volgende paar maande te lei? Ons is more oor 3 maande in Scottburgh vir 'n maand en begin al reeds wonder of dit slim sal wees die jaar om te gaan...daai tyd van die jaar is meeste kampers pensioenarisse wat in die hoë risiko groep val en ook makliker vatbaar vir die gogga is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 12:46:59 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Hurricane, daar word mos gesê om te meet is om te weet. Ek dink nie ouer mense is makliker vatbaar nie, maar statistieke wys dat die sterfte syfer soos vold is: ouderdomsgroepe in hulle veertigs 0,4 %, vyftigs 1,3 % , sestigs 3,6 %, sewentigs 8 % en tagtigs 14,8 %.

Besluit dus maar self hoe grrot jou kanse is om te groet a.g.v. die virus.

Vir my gaan dit oor kontak met ander mense, en om gedurende spitsaankoop tye uit winkels te bly.

Terloops, ek het netnou 'n foto van 'n vriend gekry wat wys hoe leeg, soos in dolleeg, die winkelrakke in sy seun se naaste winkel in London is. Mense raak paniekerig en koop die winkels leeg.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2020 @ 13:08:09 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

"Vatbaar" in die verband gebruik as 'n "los" begrip. Of dan anders gestel ouer mense (asook diegene wat onderliggende gesondheids kondisies het soos diabetes, ens.) is geneig om  ernstiger siek te word omrede hulle immuun stelsel nie meer is wat dit was nie. Mens kan seker dit ook as meer "vatbaar" beskryf. By wyse van ekstrapolasie dan sekerlik ook dat hulle ander makliker sal aansteek? In alle geval as van die plaaslike (en buitelandse universiteite) met van die beste navorsers en mediese skole sê dat die virus wel baie ernstiger is as wat baie van ons graag sal wil glo moet mens seker bekommerd raak. Tyd sal seker ook leer wat op ons kontinent gaan gebeur veral met gesondheids dienste wat meestal nie naby is wat hulle moet wees nie? Wat myself en my familie aanbetref gaan ons verseker nie loop en moeilikheid soek nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 19:54:52 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

So daar het ons nou die antwoord. President nou aangekondig ons grense sluit vanaf maandag. So gaan daar seker wereldwyd grense gesluit word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 17:36:22 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

So daar het ons nou die antwoord. President nou aangekondig ons grense sluit vanaf maandag. So gaan daar seker wereldwyd grense gesluit word.

En Portugal is nou op Oom Cyril se lys van medium risiko lande. Verstaan ook dat die EU ook besig is om interne en eksterne grense te sluit. Dit gaan nou baie moeilik wees om soontoe te reis. Wonder net hoeveel lugdienste die ding gaan oorleef? Dink SAA staan nou nie meer 'n kans nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za