English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 481
Total Replies: 234 460
Total Views: 82 523 219
topics: 10 932
replies: 127 526
views: 38 948 805
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gaan JY miskien Klein Kariba toe?????

replies: 12
views: 279
19 Sep 2019 @ 09:34:40 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1063
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

My mede-kampeerder, indien jy wel Klein Kariba toe gaan, het ek 'n GROOT VERSOEK asseblief .......

Faan en Suzette Rabie het saam met ons getoer deur Namakwaland, en ek het Faan een van my knipmesse geleen. Ongelukkig het beide van ons daarvan vergeet en nou sit hy net anderkant Klein Kariba en ek hier in Parys. Faan kan nie die knipmes aan my terugbesorg nie want Warmbad (Bela-Bela) het nie 'n poskantoor nie, en DHL ens. vra 'n plaas se prys vir verskeping.

Nou, indien enige mede-kampeerder DALKIES in daardie rigting gaan, kan Faan moontlik die messie by jou aflewer, en kan ek jou, op jou pad terug deur my omgewing - Potch, Parys, Vereeniging, Van der Bijl, Sasolburg - ontmoet.

Enige kans dat dit mag gebeur? Ding is, die messie is deel van 'n stel en ek sou dit graag wou terugkry.

Help, ASSEBLIEF??????????

By voorbaat dank - en laat weet wat ek kan doen om jou te vergoed!

Jy kan my direk kontak by nicow039 by gmail.com of 071 agt sewe sewe 6079

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 10:21:17 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Nico, my oorle Pa het altyd gesê: daar is paar dinge wat jy NOOIT uitleen nie, onder andere jou knipmes!!!innocent

Ek sal nie oor ander praat nie!!

Groete.

Frans

NS: Jammer ek gaan ongelukkig nie in daadie rigting nie!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 11:00:48 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 359
Joined: 28 Feb 2018

Ph....t, your  Pa was a clever man, you can always get a new wife, but a new knife lots more expensive 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 12:10:52 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Nico

Daars 2 goed in die lewe wat jy NOOIT uitleen nie...

1. Jou Hilux 

2. Jou Knipmes

不不不不不不

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 13:15:51 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 395
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Ons gebruik Pep Stores om pakkies te versend.  Werk baie goed.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 14:19:52 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 129
Joined: 26 May 2017

Die oudste brat vat my en sy ma Montecasino toe vir lunch, die sekeriteit se ek mag nie met my ou Swiss Army Macgyver mes die plek betree nie ( maar daar binne het hulle lang steak messe wat jy in jou sak kan druk en iemand mee lem sou jy so voel), in elk geval, daar vergeet ek die ding in sy bakkie, hy was skaars uit die hek uit toe ek hom bel, hy weier om die mes terug te bring, maar reken my as ek kom kuier kan ek hom terug kry, so ja ñ knipmes kan selfs ñ afpers middel word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 14:43:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Postnet tot Postnet....R99 vir pakkie tot 5kg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 15:06:57 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1381
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Nico

Daars 2 goed in die lewe wat jy NOOIT uitleen nie...

1. Jou Hilux 

2. Jou Knipmes

不不不不不不

Die hilux hoef jy nie uit te leen nie, jy kan hom sommer weggee of hy  verdwyn Mosambiek toe om sendingwerk te gaan doen :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 07:07:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My Niggie se man het vir my 'n pragtige Knipmes gemaak. Eintlik iets uniek.  Die dra ek in my bean bag.

Gaan met 'n trip af Oudtshoorn toe en op die lughawe kry die sekuriteit die mes in my beanbag.  Nou wat nou..........................  Dis iets wat mens nie sommer in daai drom wil gooi nie.

Gelukkig werk my dogter vir Mango Airlines en kon ek dit vir een van haar kollegas vat daar in hulle kantore anders was daai mes weg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 07:08:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14746
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nico ek het gehoop iemand kon die mes dalk bring tot in PTA vandag dan sou ek hom verder gevat het tot by Deo Volente.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 09:29:58 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8368
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Nico

Daars 2 goed in die lewe wat jy NOOIT uitleen nie...

1. Jou Hilux 

2. Jou Knipmes

不不不不不不

1. Vrou.

2. Perd.

3. Wapen.

Dis wat my oorlede oupa my vertel het.

Hulle leen jy nie uit nie. 

Wie het al vir LEEN ontmoet.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 11:06:21 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Soveel moeite vir 'n knipmes. Hy moet seker iets werd wees.....!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 11:52:41 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ons gebruik Pep Stores om pakkies te versend.  Werk baie goed.

We use them as well - no hassles

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required