English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 716
Total Views: 82 362 894
topics: 10 816
replies: 124 757
views: 38 850 933
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

GYPSEY LEEFSTYL

replies: 30
views: 498
06 Sep 2019 @ 16:39:20 pm
Jackchris
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 04 Sep 2019

Ek en my man wil nou oppak en pad vat.  Het al 'n paar maal gekamp toe kinders klein was maar agv van sy werk het ons min vakansie gehou.  Dink ons verdien nou 'n laaaang vakansie en miskien kan dit jare hou.  Ek wil graag weet wat is gemiddelde maandelikse koste?  Verblyf in oorde, brandstof, en ander wat jul van weet behalwe kos.

Ons beplan om tenminste n maand by n oord te bly en miskien n provinsie van n kant af aan te pak - of hoe?

Gee asb moets en moenies - ons moet van punt no. 1 begin. Julle sal meer weet as wat ek kan vra.  Dankiecool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 17:01:37 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3660
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Welkom Jacomina en man.

Jy kan verwag om tussen R2500 en R3500 per maand te betaal vir jou staanplek by oorde wat maandtariewe aanbied, behalwe binne skoolvakansies. Dan word jou sak geskud tensy jy wegkruipplek het.

Brandstof is jou tweede groot uitgawe maar kan beperk work deur jou roete slim te beplan. 

My raad is, begin om deur die forum te werk deur die soekfunksies te gebruik. Hier is heelwat onderwerpe wat meeste van jou vrae kan antwoord.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 19:43:08 pm
Badger
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 78
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Hello Julle,   wow!!! this is an enormous question  and really needs more thought than just the cost of a campsite and petrol, which has basically been answered by HM. One of the best answers I have seen was posted several months ago by a lady, I think she was from Mosel Bay. They started by first securing a dwelling in the bay to which they could retreat whenever necessary, like high priced seasons, medical and other emergencies , and I suppose when they need a break from camping.

My guidance would be, give this a great deal of thought, and when you've done that give it more thought, and a lot of planning. Remembering that Costs, prices and expenses will increase all the time and at times faster than others. Usually this happens at a faster rate than happens with our pensions.

Don't get me wrong, I think you have a great and exciting idea, I wish I had the guts.

GOOD LUCK

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 20:03:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13699
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat ek sou doen is indien jy n huis eienaar is, verhuur dit op n kort termyn basis en gebruik daai inkomste om jou droom te beleef. Sodra dit nie meer jou skoen pas of mediese redes verhoed jou om verder te kamp, het jy altyd weer n heenkome. Jou gewone uitgawes gaan nog steeds daar wees soos kos, medies, petrol ensovoorts. Dis moeilik om te sê hoeveel jy moet hê per maand.....sommige mense pas aan en leef soos konings op R20k per maand....ander sukkel om bestaan te maak met R40k per maand

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 20:33:24 pm
George
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 224
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years
click on the full timers section, mine amongst others , preparations and planning is mostly there,
 
its a great life style , you just need to be ready for it.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 07:52:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek is nie in julle posisie nie, met ander woorde nie 'n langtermynkampeerder nie, maar ek en my vrou het al heelwat oor die tipe kampering gedink en gesels.

Die advies om 'n basis (huis) te hê dink ek is noodsaaklik maar om dit te verhuur klink vir my onoprakties, veral as dit korttermyn is.  Die idee van 'n basis is juis dat jy 'n plek het om na terug te keer as dit om een of ander rede nodig word en dan sit jy met die huurders.  Huurders is ook baiemaal baie meer probleme as plesier omdat hulle soms nie betaal nie en jou plek verniel. As een van julle onverwags siek word byvoorbeeld, sodat julle die vakansie moet onderbreek, is die huis nie beskikbaar nie. Dan is dit so goed jy het nie 'n huis nie. As jy nie 'n basishuis het nie, met ander woorde julle verkoop julle bestaande huis nou in 'n baie swak tyd vier huisverkope, gaan julle iewers in die toekoms dalk vind julle kan nie bekostig om weer 'n huis te koop nie omdat pryse dalk in die tussentyd meer gestyg het as wat die beleggings gedoen het.  En julle gaan een of ander tyd weer na 'n huis wil of moet trek- dis net 'n feit dat ons oud word en dat die gypsy bestaan nie vir altyd kan aanhou nie.

Dit is dalk nie altyd moontlik om gedurende skoolvakansies terug te gaan na jou basis nie omdat dit dalk bietjie ver is, maar jy kan dalk iewers naby waar jy op die stadium staan, 'n kamp kry wat nie vakansie-georiënteer is nie en wat dus nie buitensporige tariewe vra nie, waar jy die vakansie kan deurbring.  By Strandsfontein by Gansbaai is daar byvoorbeeld 'n deel van die kamp afgesonder vir pensionarisse waar jy redelike tariewe betaal.  Dit is minder aantreklik as die res van die kamp- wat baie oulik is- maar heel geskik om 'n skoolvakansie deur te staan teen bekostigbare tariewe.

Al bly julle ook permanent in 'n huis is daar ook maar vaste uitgawes en die gaan bly, ook die uitgawes van jou basis huis minus waarskynlik water en elektrisiteit en miskien 'n landlyn telefoon.  Die addisionele  kostes is maar eintlik jou staankoste en waarskynlik ietwat meer brandstof want julle sal interessanthede in die omgewing gaan besigtig.

Hou ons asseblief op hoogte van julle doen en late.  Ons beleef op die Forum graag mekaar se avonture.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 11:29:07 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Gaan kyk n bietjie wat sê Flip en Tilla se website. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 16:26:34 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6405
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ons het dit gedoen baie lekker, maar dink as een siek word of val en jup breek moet n plek he om terug te val op.net my 2ic

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 17:54:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is 'n geleentheid wat julle nie moet mis nie. Daar is redelike drade wat julle baie info kan gee

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 21:29:08 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1734
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ons het dit gedoen baie lekker, maar dink as een siek word of val en jup breek moet n plek he om terug te val op.net my 2ic

 

Gaan met jou een honderd persent saam stem. 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 23:04:02 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4120
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

We sold the house, stored the furniture and traveled for two and a half years and now resettled. Was a wonderful experience and would do it again tomorrow, just have to convince the wife. Maybe one day in the not too distant future.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 05:23:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13699
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

We sold the house, stored the furniture and traveled for two and a half years and now resettled. Was a wonderful experience and would do it again tomorrow, just have to convince the wife. Maybe one day in the not too distant future.

 

Ek sit nou en dink....seker nie slegte idee om te verkoop nie. Daai geld kan jy eenkant sit en glo dit groei deesdae vinniger as die waarde van jou huis as dit reg belê word. Voordeel is dat jy ook nie hoef te stres oor onderhoud issues by jou huis terwyl jy kamp nie. Sou jy terugval om in n huis te bly, koop jy weer....sonder dat jy miskien n wag periode moet ondergaan om huurders kontrak te laat afloop. Om huis te hou en nie uit te verhuur nie, is nie n goeie opsie in SA nie.....ek het al baie huise wat rondom ons is gesien dat as n plek vir n wyle onbewoon is, dan besteel hulle die plek en plunder daai huise.....ruk al wat staal is uit en strip van alle krag kabels. Twyfel of enigiemand na so n huis wil terugkeer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:00:34 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4120
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ek sit nou en dink....seker nie slegte idee om te verkoop nie. Daai geld kan jy eenkant sit en glo dit groei deesdae vinniger as die waarde van jou huis as dit reg belê word. Voordeel is dat jy ook nie hoef te stres oor onderhoud issues by jou huis terwyl jy kamp nie. Sou jy terugval om in n huis te bly, koop jy weer....sonder dat jy miskien n wag periode moet ondergaan om huurders kontrak te laat afloop. Om huis te hou en nie uit te verhuur nie, is nie n goeie opsie in SA nie.....ek het al baie huise wat rondom ons is gesien dat as n plek vir n wyle onbewoon is, dan besteel hulle die plek en plunder daai huise.....ruk al wat staal is uit en strip van alle krag kabels. Twyfel of enigiemand na so n huis wil terugkeer

I would never lock up and go for more than one or maybe two months at the most unless you have someone/family  who will check in regularly and do necessary maintenance and clean up. 

We were away for seven weeks earlier this year but luckily had someone to check in and arrange for the gardener as well as check items like our 12v battery system for the house lights etc. 

Again this December we will be away for a month and next Feb March so we will organise the same again. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:23:25 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal dit ook doen en die huis hou en iemand kry om net n ogie te hou.

Bly in n sekerheids landgoed met cctv voor die huisen sekerheids wagte wat rondloop, het goeie bure en ons kyk en help mekaar. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 11:32:32 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4120
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Chuck, as long as you trust them then that works well for me for short periods. However if I were to go on the road for a long time say a couple of years then I would sell again. I can get more interest than what I can rent it out for and then without the hassles of working about maintenance or if the renters are destroying the property which I would have to pay to repair when I returned or if they move out.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 11:50:05 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Chuck, as long as you trust them then that works well for me for short periods. However if I were to go on the road for a long time say a couple of years then I would sell again. I can get more interest than what I can rent it out for and then without the hassles of working about maintenance or if the renters are destroying the property which I would have to pay to repair when I returned or if they move out.

Dis die beste as jy vir n jaar of meer weg is, ek Sal seker net n maand en dan weer vir n ruk by die huis wees en beplan vir n volgende toer. 

Of soos die gogga byt.

Maar ek het my wa in die mark en sal maar sien teen Maart volgende jaar wat sê die dokter. 

Darm kan ek nog droom, dis hoeka my punt. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 12:06:48 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2689
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Huis uitgehuur vir 5 jaar. Sal daarna verdere besluit maak vir die toekoms...

 

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 12:55:04 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As dit vir julle moontlik is om te doen, GAAN VIR GOUD.

Ek sal nie twee keer dink nie.  Soos nou al genoem is daar vele opsies om te oor weeg.

Dit is eendag ook my droom om so die land plat te ry en met die wa kamp waar die paaie my ook heen vat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 13:46:07 pm
George
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 224
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years

we only pass this way once, this is not a dress rehearsal , we will never pass this way again..................

 

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 15:23:01 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek hou nie van die idee om nie 'n huis te hê om enige tyd na terug te keer nie, maar dit is seker 'n probleem om 'n alleenstaande huis vir 'n lang tyd agter te laat. 'n Meenthuis in 'n kompleks klink dus vir my goed.  Om ook jouself vir jare van alles af te sny, is dalk ook nogal 'n waagstuk, hoewel daar duidelik lede is wat dit suksesvol doen, soos Edge en Willem.  Ons het eenmaal 'n persoon genaamd  Fred Niemeyer en sy vrou by Ben Lavin raakgeloop wat dit gedoen het direk na aftrede.  Hulle het blykbaar na so drie jaar weer 'n huis êrens aan die Natalse kus gekoop.  Ek het nie kontak behou nie so ek weet nie of hulle verder getoer het nie. 

Ek dink as ek so geneig was, sou ek eerder my huis dan in 'n kompleks hou en vir solank as wat ons lus het, rondry en uitkamp, miskien 'n maand, miskien drie maande op 'n slag en dan weer huiswaards keer en bietjie afpak. Afhangende waar jy kampeer, kan sekere seisoene ook nie baie plesierig wees nie.  Dan het jy tyd om tuis weer bietjie luuks te bly, onderhoud - op die huis en karavaan- te doen indien nodig, en lus op te bou vir die volgende reis.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 18:47:42 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Ons toer nou al vir meer as 16 jaar rond en hanteer dinge soos dit kom.  Ons verhuur ons huis en woonstel van dag een af en het nog geen probleme gehad nie.

Beide Tilla en myself het al redelike groot operasies gehad en dit het ook geen probleme opgelewer nie.  Bly net vir paar 'n paar dae in 'n B&B en dan is ons weer in die pad na die volgende avontuur.

Ons beskou 'n basis dus as totaal onnodig en gebruik die geld wat dit sou insluk liewers om die volgende Zipline te besoek of om weer 'n "offroad" trippie in te pas.

Die koste om so rond te toer hang net van jouself af.  As jy 'n maand op 'n plek bly en nie baie rondry nie, is dit goedkoper as om by die huis te bly.  Ons ry egter baie rond en doen dinge,  so kan nie regtig die aspek lekker bespreek nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 19:12:23 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1734
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek en vrou se tyd kom as die hemelse vader ons spaar. Dit is juis hoekom ons destyds nuut gekoop het en ons wa baie mooi op pas

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:28:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons toer nou al vir meer as 16 jaar rond en hanteer dinge soos dit kom.  Ons verhuur ons huis en woonstel van dag een af en het nog geen probleme gehad nie.

Beide Tilla en myself het al redelike groot operasies gehad en dit het ook geen probleme opgelewer nie.  Bly net vir paar 'n paar dae in 'n B&B en dan is ons weer in die pad na die volgende avontuur.

Ons beskou 'n basis dus as totaal onnodig en gebruik die geld wat dit sou insluk liewers om die volgende Zipline te besoek of om weer 'n "offroad" trippie in te pas.

Die koste om so rond te toer hang net van jouself af.  As jy 'n maand op 'n plek bly en nie baie rondry nie, is dit goedkoper as om by die huis te bly.  Ons ry egter baie rond en doen dinge,  so kan nie regtig die aspek lekker bespreek nie.

Julle is verseker geseën om dit te kan doen.  Hoop maar dit is eendag vir my beskore.  Ek beplan maar ja daar is IEMAND anders wat dit beheer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 12:14:31 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dit kan net lekker wees om so te toer en daar waar dit donker word n vleisie te braai en n koue te geniet. 

Môre het sy eie warries dink nie vandag aan hulle nie. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 15:14:53 pm
Jackchris
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 04 Sep 2019

Dankie almal vir jul insette.  Het baie gehelp.  Lyk my daar is baie wat ek nog langs die kampeerterreine gaan raakloop. cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 15:17:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Verseker 'n paar van ons forum lede doen al lankal die aftrree kamp dink.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:16:35 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1519
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die waarste ding wat 'n oom wie alles verkoop het en voltyds getoer het, jare gelede vir my gesê het was "seun, 'n man moet 'n adres hê"

Dan in my opinie moet mens die kopskuif maak om met minder luukshede klaar te kom, ablusiegeriewe met ander te deel, en jouself speen van jou huis. Jy moet ook weet waarmee jy jouself gaan besig hou. Moenie wag tot 'dan' nie. Besluit vooruit.

So, mijn vrouw en ek het ons leefstyl aanvepas en met 'n meenthuis opgeeindig wat ons redelik lock-up-and-go gemaak het. Ek het trellidoor diefwering voor al die vensters en deure. 24 uur sekuriteitsmaatskappy wat monitor met alarmstelsel, tuindienste wie 1x per week die tuintjie sny en in toom hou. Ons het ook ons voormalige huishulp wie 1x per week, teen betaling natuurlik, inkom om die gras nat te lei, huis buite om na te gaan en skoon te maak.

Ons is tans reeds vir 4 maande by Eiland. Ons betaal die staanplek koste met wat ons aan water en elektrisiteitskostes spaar.

Ons is maksimum 2 tot 3 maande tuis. Desember gewoonlik want dan is kamp duur. Januarie nog deel van hoogseisoen is ons tuis en doen instandhouding waar nodig.

Februarie vlug ons vir die hitte hoëveld of Drakensberge toe. Maart is ons tuis vir al die lisensies wat hernieu moet word, motors instandhouding en dienste, belastings en besigheid boeke afsluit.

Die res is ons iewers, maar nie tuis nie.

Rig jou karavaan in om vir jou gerieflik te wees. Wanneer jy kamp, slaap lekker en droog, eet lekker en neem fiksgeit in ag (moenie net loop sit nie). Eiland is 'n goeie voorbeeld. Omtrent al die langblyers ry fiets in en om die kamp en stap gereëld.

Kostes kan jy beheer. Hoe meer jy ry, hoe meer spandeer jy aan brandstof. Hoe meer geil jy eet, hoe meer spandeer jy aan kos. 

Die werklike koste lê daarin om jou kampgoed gerieflik in te rig. Dis eenmalig.

Sterkte met die kopskuif!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:55:54 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Pottie, as ek so 'n gypsy-bestaan sou oorweeg, sou ek dit soos julle wou doen, met een uitsondering: Ek sal nie so lank op een plek wou staan nie.  Ek sal my dood verveel.  As ek nie iets het om te doen nie, of iewers om heen te gaan nie, raak ek baie onrustig.  Ons leef deesdae tussen Pietersburg en Stilbaai en bly baie gelukkig op beide plekke.  Maar na so drie maande of so begin ek jeuk en dan wil ek skuif.  En onthou dat ek op beide plekke in my eie huis is waar daar altyd iets is wat gedoen moet word of iets wat ek kan doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:08:52 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1519
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Pottie, as ek so 'n gypsy-bestaan sou oorweeg, sou ek dit soos julle wou doen, met een uitsondering: Ek sal nie so lank op een plek wou staan nie.  Ek sal my dood verveel.  As ek nie iets het om te doen nie, of iewers om heen te gaan nie, raak ek baie onrustig.  Ons leef deesdae tussen Pietersburg en Stilbaai en bly baie gelukkig op beide plekke.  Maar na so drie maande of so begin ek jeuk en dan wil ek skuif.  En onthou dat ek op beide plekke in my eie huis is waar daar altyd iets is wat gedoen moet word of iets wat ek kan doen.

Fred

Ek moet sê dat ons geensins verveeld is nie. Beide mijn vrouw en self is baie lief vir lees. Dit hou ons besig en moet sê daar is nie genoeg tyd in die dag vir alles wat gelees moet word nie!

Jy kan enige lank staner vra, mens is besig maar moenie aan die einde van die dag vra waarmee nie, kan nie wys nie.

As ek verveeld raak klim ek op my fiets en gaan ry 'n ent of sommer so deur die kamp. Andersins ry ons iewers heen om te gaan 'kyk'.

Ons gaan soms Pretoria toe na die kinders vir so 'n week dan weer terug. Was verlede week 3 dae in die Kruger.

Ons kry ook gereëld vriende en familie wie kom kuier. Dis wanneer mens agter raak met leeswerk soos bv díe forum.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:28:40 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die waarste ding wat 'n oom wie alles verkoop het en voltyds getoer het, jare gelede vir my gesê het was "seun, 'n man moet 'n adres hê"

Dan in my opinie moet mens die kopskuif maak om met minder luukshede klaar te kom, ablusiegeriewe met ander te deel, en jouself speen van jou huis. Jy moet ook weet waarmee jy jouself gaan besig hou. Moenie wag tot 'dan' nie. Besluit vooruit.

So, mijn vrouw en ek het ons leefstyl aanvepas en met 'n meenthuis opgeeindig wat ons redelik lock-up-and-go gemaak het. Ek het trellidoor diefwering voor al die vensters en deure. 24 uur sekuriteitsmaatskappy wat monitor met alarmstelsel, tuindienste wie 1x per week die tuintjie sny en in toom hou. Ons het ook ons voormalige huishulp wie 1x per week, teen betaling natuurlik, inkom om die gras nat te lei, huis buite om na te gaan en skoon te maak.

Ons is tans reeds vir 4 maande by Eiland. Ons betaal die staanplek koste met wat ons aan water en elektrisiteitskostes spaar.

Ons is maksimum 2 tot 3 maande tuis. Desember gewoonlik want dan is kamp duur. Januarie nog deel van hoogseisoen is ons tuis en doen instandhouding waar nodig.

Februarie vlug ons vir die hitte hoëveld of Drakensberge toe. Maart is ons tuis vir al die lisensies wat hernieu moet word, motors instandhouding en dienste, belastings en besigheid boeke afsluit.

Die res is ons iewers, maar nie tuis nie.

Rig jou karavaan in om vir jou gerieflik te wees. Wanneer jy kamp, slaap lekker en droog, eet lekker en neem fiksgeit in ag (moenie net loop sit nie). Eiland is 'n goeie voorbeeld. Omtrent al die langblyers ry fiets in en om die kamp en stap gereëld.

Kostes kan jy beheer. Hoe meer jy ry, hoe meer spandeer jy aan brandstof. Hoe meer geil jy eet, hoe meer spandeer jy aan kos. 

Die werklike koste lê daarin om jou kampgoed gerieflik in te rig. Dis eenmalig.

Sterkte met die kopskuif!

Oom Prof jy kon dit nie beter gestel het nie.  Mens moet maar beplan rondom jou eie finansies en omstandighede.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 15:28:08 pm
Jackchris
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 04 Sep 2019

Proffie,

Mooi uiteengesit - ek stem met meeste saam - kopskuif gedoen alhoewel my man amper op dieselfde bladsy is.  Hy het nog 'n paar sake om af te handel.  Ekself kan nie meer wag nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required