English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 573
Total Views: 82 435 547
topics: 780
replies: 12 344
views: 4 928 013
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

GWM sleep vermoëns ?

replies: 22
views: 409
26 Sep 2019 @ 08:53:06 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek beplan om Pietermaritzburg en Van Reenen se opdraendes aan te vat met n GWM Steed 5. Die het n ongeveer n 2013 Copy Isuzu diesel engin met turbo onder sy bonnet. Die syfers wat gegee word is 80 KW en 300 NM.

Op sy stert gaan ek karavaan sleep en altesaam gaan die bakkie omtrent 1800 kg moet hanteer. 

Wie sleep met die bakkie, wie sleep met n voertuig met ongeveer dieselfde krag. Met die bakkie se kraglewering wat kan ek te wagte wees ?

Ek het nog altyd met n baie sterker voertuig gesleep en omdat die n chinese voertuig is werk ek nog kliphard om voldoende vertroue te kry. Hier op die rand en Limpopo sleep hy soos n horlosie maar ek dink Natal se berge is n ander storie.

Wat sê julle?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:37:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jy gaan beter oor die weg kom as wat ek met my Penta en Saphire oor die weggekom het.

Ek het my 1ste Penta 1500kg heel gemaklik gesleep oor die algemeen maar teen die berg passe op het ek derde rat gevat en spoed was so 50-60km/h. Ek moes ook maar die temperatuur dop hou.

Die GVM behoort dit beter te doen en jy gaan nie nog sukkel met  voertuig wat warm word nie.

Aan die eenkant het my Ford Saphire en Penta Sleep kombinasie my 'n "humble" sleep gesindheid gegee en vandag sleep ek baie gemaklik 90-110Km/h al kan my Tipper die Maia met gemak 'n vinniger sleepspoed handhaaf.

Daai ou Saphie het my die regte sleep gemoed "GELEER".

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:18:21 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis nogal baie vir 'n 80 Kw voertuig, maar die wringkrag is hoog en dit is die belangriker syfer as dit by sleep kom.  So 'n paar jaar gelede het meeste 1tonners maar ongeveer 80Kw ontwikkel en baie mense het met hulle gesleep, ook groot karavane. Ons het tot 'n paar jaar gelede 'n Sprite Supersport met 'n 2.1L Kombi van 82 Kw en 178 NM gesleep- ook verskeie kere Durban toe en hy het die opdraendes goed gevat.  As ons nie na Pietermaritzburg deur swaar vragmotors gepla is nie, het hy die ergste opdraendes in derde uitgeloop (4 spoed ratkas)  Die karavaan was heelwat ligter as waarvan jy praat maar die Kombi se wringkrag was ook heelwat minder. Die Kombi self was ook waarskynlik ligter as die Steed.

Laat weet tog na die trippie hoe jy gevaar het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:25:58 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Gebruik die ratte dis hoekom hulle daar is, ek sien geen probleem nie. sterkte

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 12:06:13 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Nee wat, jy sal dit maak. My Toyota maak dit met ongeveer dieselfde. (nou nie so baie Nm soos die Fords nie maar agter os kom ook in die kraal)

So lank dit nie daai GWM petrol model is nie (Met hom sal jy Van Reenen moet uit reverse)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 12:10:57 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Dis n moeilike een.

Ek het nou n Miss Bitchy Triton 2.5 DC 100kW 314Nm. Sy het alles in wat mens soek. Tot n heater vir jou foefenjol.

Ek dink robot tot robot sal my so 2 dae vat.

Ek sal moeilik daardie paaie sleep.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 12:23:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hannes ek het nou lekker gelag vir jou Miss Bitchy triton.

My suster hulle het jare terug 'n Miss bitchy bussie gery. Hulle het hom gedoop Moersebussie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 12:30:57 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jy sal onthou ekt vroeer die jaar gese ek wil graag n Ford ry.

Nou ja, die Here het Miss Bitchy op my pad gesit. En sys deksels Fancy!!. Ek soek nog net die knoppie vir die uitskiet stoel vir die vrou 🤣🤣🤣🤣🤣🤣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:07:57 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Die rooi knoppie met die driehoek op

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 15:21:25 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wel.... Ek met my "val uit die bus uit" Toyota, wat so "agter" is, sleep teen enige verlangde spoed al daai bulte uit in die regterbaan verby gewone voertuie met my Fleetline (ook maar net omdat die ander gewone voertuie gewoonloik teen 70-80kmh daar uit ry), teen 'n heerlike spoed.. So ek is seker jou Chinese GWM sal dit "maklik" doen..

 

Ok hier is my minder sarkastiese antwoord:

"Hoekom sal jy nou probleem he?"

Sleep sal mens sleep, al is dit stadig. Gelukkig is daar afdraendes ook.. Daar is BAIE trokke agter wie jy kan ry dat die Toyotas kan verby kom....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 16:06:38 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Toyotas wat verby kom. Sien, dis wat my nog meer laat worry

Dak ry ek omtrent n bicycle as toyota kan verby kom , maar ek weet dit. 

Brommer een van die dae skop GWM Toy se gaai in verkoop syfers 😂 veral met die komende steed 6

Maar nou skiet ek nie net spek nie ek gooi die hele vark rond 😜 wil net jou bloeddruk bietjie op charge

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 17:12:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jy het mos laas SaltRock toe gesleep met n Jeep? Het jy hom verkoop?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 17:49:43 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Bak oor,jy sal verbaas wees op sy sleep vermoee teen die opdraans,jy kan met n oop gemoed die pad vat.Met my TATA het ek die Wes Kaap plat gery en sy wringkrag is baie kleiner,gebruik net jou ratte betyds teen die opdraens 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 20:47:55 pm
JeffA
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 31 Jul 2019
Experience: less than a year

En hier wonder ek oor my 3.2 Ranger en ‘n 620 kg Sprite Sprint wat vervaardig was voor Joost vir Lomu in 1995 ge tackle het! Nee wat, jy gaan okay wees met jou kombinasie. Dit feit dat jy vrae vra maak van jou ‘n ou wat op sy voete dink. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 21:39:47 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Het hom omgeruil vir n kar en bakkie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 07:05:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is wat ek noem beplanning.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 17:03:13 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

My voerige Isuzu 2.8 se krag was 75Kw. Dit het maklik gesleep - gebruik jou ratte en hou jou revs waar die wringkrag die hoogste is - op Van Reenens kon ek tussen 60 en 80 kph behou.

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 17:19:23 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Nee wat jy hoef nie bekommerd te wees nie jy sal dit met gemak doen. Moenie haastig wees nie en soos hierbo gese gebruik jou ratkas. Onthou ook om jou nie blind te staar teen slegs KW en NM nie. Bakkies het sterker ratkaste en ewenaars as platkarre wat hulle beter kraglewering gee. Jy het nie al die spoed soos met n platkar nie maar die laer ratverhouding help met beter kragvermoe.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 18:46:20 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Mense baie dankie vir julle hulpsame terugvoering. Ten minste is ek baie meer gerus. 

Ek glo as ek my tyd vat sal ek geen probleme het.

Ek is gewoond om berg passe met genoeg krag aan te vat en nou dat ek op die rand van sukkel staan was ek bietjie bekommerd, veral in druk verkeer.

Danksy jul bydrae is ek sharp. 👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 11:13:39 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 255
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Nie soveel jare terug nie het Jurgens hulle exclusive geadverteer met n Ford Ranger 2.5 TD D/C vooraan gehak.

Sy NM was 257, so ek is seker dat 300 NM meer as voldoende is.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 18:11:15 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

So 3 weke terug daar uitgekom teen 40 km/h in eerste/tweede. Moet noem dat ek die hele 30km tussen 2  trokke gery het, dit enkelbaan in altwee rigtings was, en geen verbykom kans gehad het nie. Maar my 2008 2.8tdi het die ding gedoen toe dit nodig was en gesleep soos ek wou teen 100km/h.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 10:13:52 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nie soveel jare terug nie het Jurgens hulle exclusive geadverteer met n Ford Ranger 2.5 TD D/C vooraan gehak.

Sy NM was 257, so ek is seker dat 300 NM meer as voldoende is.

Was jy seker daai ford was nie die 4liter nie?? Ek onthou dit was so om 'n draai, Maar onthou ook daai tyd se exclusive was ligter as nou..

 

Ongeag, sover ek op die advertensie kon sien het die Ford net om die draai gestaan ;-) 

Kon seker nie die bult vorentoe uitkom nie - hehe


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 13:19:01 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 649
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

As die Great Wall Motors - engine in China kan sleep is ek seker hy gaan nie sleg vaar hier nie.

Julle manne wat ook Google, julle sal lees dat die GWM 'n vorige generasie Toyota 3Y engine in het. Die lisensie om motors te bou is van Mitsubishi gekoop. Dit word gebou op n vorige Izuzu onderstel. Die fabrikasie daarvan het hulle by Japan oorgekoop toe Toyota sy hele ontwerp oorgeneem het.  Sommige parte van die GWM word deur Bosch in Australië gemaak.  Verskeie ratkasse word gebruik, waarvan Izuzu een is. Net soos Tata en die Mahindra en ander Oosterse karre maak hulle staat op verskillende fabrikate om met parte te help.

Een van die mooi goed van GVM is die air bag IN die stuurwiel se ring! Kan jy dit glo? Die hele ring "ontplof" in 'n wye sirkel tydens 'n ongeluk, dit skiet nie uit vanuit die hoeter-deel van die stuurwiel nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required