English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 637
Total Replies: 220 746
Total Views: 81 961 235
topics: 839
replies: 11 198
views: 3 148 163
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

GWM - Groot planne vir 2020

replies: 20
views: 341
27 Apr 2019 @ 14:23:37 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12326
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek lees op netwerk24 GWM het groot planne vir 2020. Praat van dat hulle ontwerpers van Ranger en Hilux slapelose nagte gaan gee....

Kliek op onderstaande link....

https://www.netwerk24.com/landbou/Wiele/gwm-bakkie-mik-na-hilux-se-kroon-20190424

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 14:31:03 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Hierdie Sjinese viertuie word darem teen verskrik goeie pryse aangebied. Op die oog af lyk dit ook nie na due swak kwaliteit wat sekere mense dit wil afmaak nie. 

Wat is julle gevoel oor die Sjinese voertuie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 14:50:51 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die werksverrigting van die voertuig is volgens padtoetse wat ek gelees het, nie heeltemal in lyn met meer gevestigde name nie, hoewel hulle op papier maar taamlik eenders lyk.  Om Toyota van sy posisie te skuif, is nie waarskynlik nie, altans nie te gou nie.  Hyundai het ook 'n paar jaar gelde verklaar dat hulle Toyota sedans gaan troef met beter masjiene onder andere, en soos Boy Louw gesê het, "looks at the score board"  Wanneer die Sjinese op dieselfde vlak as Europese, Koreaanse en Japanese vervaardigers kom, gaan hulle vind die fabrikate het al weer 'n paar treë vorentoe gegee. Kan dalk uiteindelik gebeur, maar ek sit nie my geld daarop nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 14:50:51 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die werksverrigting van die voertuig is volgens padtoetse wat ek gelees het, nie heeltemal in lyn met meer gevestigde name nie, hoewel hulle op papier maar taamlik eenders lyk.  Om Toyota van sy posisie te skuif, is nie waarskynlik nie, altans nie te gou nie.  Hyundai het ook 'n paar jaar gelde verklaar dat hulle Toyota sedans gaan troef met beter masjiene onder andere, en soos Boy Louw gesê het, "looks at the score board"  Wanneer die Sjinese op dieselfde vlak as Europese, Koreaanse en Japanese vervaardigers kom, gaan hulle vind die fabrikate het al weer 'n paar treë vorentoe gegee. Kan dalk uiteindelik gebeur, maar ek sit nie my geld daarop nie.  Hulle prysvoordeel is ook maar 'n tydelike ding tot hulle voldoende voertuie op die pad het, dan sal hulle dit verhoog om in lyn te kom met hulle mededingers.  Dit het natuurlik ook 'n voordeel.  As iets goedkoop is, word dit geminag.  As dit duur is, meen mense dis goeie kwaliteit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 15:25:09 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar ek berigte gehoor dat VW SA deel het in die HAVAAL H5 omrede sy bakwerk se afwerking bykans soos die VW Tiguan lyk.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 15:48:39 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Het self nie veel vertroue in ingevoerde produkte nie.  Hulle ondersteuning is beperk - meestal tot groot stede of dorpe.   Gaan soek hulle onderdele en jy loop jou vas in lang wagtye.   Het ses weke geneem om vir skoonsus se Renault 'n slot te kry deur invoer uit Frankryk of was dit nou Roemenië - van die Renaults is mos vermomde Dacia voertuie.   

Sal ook eerder 'n Kia as 'n Hyandai koop.   Kia se ondersteuning is skynbaar goedkoper volgens my dogter wat 'n Grand Sedona ry - en ry en sleep die ding nie al te lekker nie.   Moes egter ook iets soos vyf maande wag vir 'n nie baie belangrike onderdeel nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 16:01:56 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Miskien bied hierdie voertuig warde vir geld. Ek tas nou in die dinker........sê 5 van die bakkies kos soveel soos een Hilux en hulle saam sit meer kilo’s op as die Hilux. Dan is dit mos n goeie kopie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 17:14:18 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

My jonger boet het die Steed 6, 2lt VGT diesel.

Hy maak vol in Alberton en ry deur tot in Graaff-Reinet met ń 3/4 tenk diesel teen ń gemiddelde spoed van 130-140 km/h.

Al wat ek fout vind met die voertuie, hulle het redelik "turbo lag" veral in 6-de rat, maar andersins is dit ń baie gerieflike voertuig met baie meer "futures" as my x-trail.

Hou maar net weg van die petrol produk.

Hulle is probleme op sy beste.

As hulle nie "kook nie, rook hulle"laughing.

Persoonlik het ek groot respek vir die diesel fabrikaat.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 09:38:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het gister hier by die Eiland aangekom. Dis verbasend hoeveel van die voertuie het ek op die pad gesien en selfs hoeveel iets gesleep het.  Nou nie nood wendig almal karavane nie.

Ek dink hulle tel goed op in die mark.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 15:33:14 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7064
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hy sal maar sy been moet hoog lig saam die groot honde.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 22:32:44 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Klink vir my na nog 'n "betaalde artikel"? Ek glo niks meer wat enige joernalis skryf nie. Ek ken die storie, dis iets soos R30k - R50k en ons skryf vir jou wat jy wil he ons moet skryf meneer...

 

Nou ook net nog iets, jy kan 3 ewenaarslotte he, maar as jy nie weet hoe om dit te gebruik of hoe om in die veld te ry nie, kan jy maar net sowel dit los. Beteken nie dit gaan reg werk nie en dit beteken ook nie dis "beter" soos die ou dit nou wil laat klink nie.

En dan kom die kwessie van betroubaarheid en kwaliteit, dink die ou regtig die Chinese sal in die kort tydjie 'n opskudding maak? Nie een, NIE EEN ander dubbelkajuit kom NABY die verkope van die Hilux nie, en selfs die Ford wat so ver al agter is met verkope, is die 3rde op die lys, die Isuzu, nog verder agter. Daarna raak die getalle vinnig min. Ek dink nie Ford en Toyota het slapelose nagte oor die GWM nie, neewat. 

Jy kan daai bakkie 200kW en 1000Nm gee, wie sê jy gaan nie sukkel met ratkas issues of engine probleme, of ander nonsens nie?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 22:41:00 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Miskien bied hierdie voertuig warde vir geld. Ek tas nou in die dinker........sê 5 van die bakkies kos soveel soos een Hilux en hulle saam sit meer kilo’s op as die Hilux. Dan is dit mos n goeie kopie. 

Nie as dit my in die middel van die highway met my karavaan gaan laat staan nie. Of erens langs die pad in die donker los? Of my gesin.. ..... Goeie kopie? 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 08:55:38 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Nie as dit my in die middel van die highway met my karavaan gaan laat staan nie. Of erens langs die pad in die donker los? Of my gesin.. ..... Goeie kopie? 

 

Verskoon asseblief indien ek somtyds simpel vrae vra, maar ek is glad nie 'n tegniese mens nie. Ek beoordeel egter die vraagstuk vanuit 'n suiwer finansiële oorpunt met die aankoop van die voertuig. Ekself sal dit nooit doen nie omrede ek, soos baie ander, gebonde voel tot 'n ander meer betroubare handelsmerk.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 08:56:24 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Het gister hier by die Eiland aangekom. Dis verbasend hoeveel van die voertuie het ek op die pad gesien en selfs hoeveel iets gesleep het.  Nou nie nood wendig almal karavane nie.

Ek dink hulle tel goed op in die mark.

En hoevind jy die Eiland en ook jou staanplek?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 09:44:53 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Verskoon asseblief indien ek somtyds simpel vrae vra, maar ek is glad nie 'n tegniese mens nie. Ek beoordeel egter die vraagstuk vanuit 'n suiwer finansiële oorpunt met die aankoop van die voertuig. Ekself sal dit nooit doen nie omrede ek, soos baie ander, gebonde voel tot 'n ander meer betroubare handelsmerk.

 

Ek oordeel jou darem nie, ek bring maar net gedagtes vorentoe ;-)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 09:56:48 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Nee wat, het al my vingers verbrand met hierdie snaakse brands.

`n tweedehandse Toyota is vir my beter as `n nuwe onbekender brand.

Dit is daai, as iets breek (wat dalk soms gereeld gebeur) wat my pla.

En dan hoor ek rillers van R2700 vir `n stel voorste brakepads en R30k vir `n clutch, nee dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 10:39:46 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek oordeel jou darem nie, ek bring maar net gedagtes vorentoe ;-)

Geen probleem nie. Jammer as my kommentaar die verkeerde indruk skep. Dit is goed om hieroor te gesels.

Nee wat, het al my vingers verbrand met hierdie snaakse brands.

`n tweedehandse Toyota is vir my beter as `n nuwe onbekender brand.

Dit is daai, as iets breek (wat dalk soms gereeld gebeur) wat my pla.

En dan hoor ek rillers van R2700 vir `n stel voorste brakepads en R30k vir `n clutch, nee dankie.

Jannie se kommentaar oor die prys van onderdele is vir my nuus. Dit sal my ook verseker twee keer laat dink voordat ek die produk aankoop. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 11:30:18 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4762
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nee wat, het al my vingers verbrand met hierdie snaakse brands.

`n tweedehandse Toyota is vir my beter as `n nuwe onbekender brand.

Dit is daai, as iets breek (wat dalk soms gereeld gebeur) wat my pla.

En dan hoor ek rillers van R2700 vir `n stel voorste brakepads en R30k vir `n clutch, nee dankie.

Net so............ EK sal dan ook eerder Toyota 2de hands oorweeg...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 19:00:11 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Goeie punt beet Jannie. Het by GWM Alberton n prys gekry om 4 glow plugs en n glow plug relay te vervang. R6800.00

Gaan na ons local spares shop en hul kwoteer my so R900 vir al die parte. So waar pas die R5900.00 in en vir wat?  Die karre is goedkoop maar boetie jy gaan betaal as dit by diens en maintanance kom.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 19:36:41 pm
Dries
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

"Brommer" Die bakkie is die Shangai'se motorskou ten toon gestel waar honderde onafhanklike joernaliste teenwoordig was. Nie almal kan gebribe word nie.

"Bak oor"  Gaan na MPD (mandarin Parts Distributor) Baie goedkoop vir parte. Isuzu Bosch glowplug werk vir GWM.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 20:17:22 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dankie Dries. Sal so maak

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First