English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 405
Total Replies: 232 489
Total Views: 82 431 596
topics: 780
replies: 12 341
views: 4 927 779
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

GPS - watter soort en teen watter prys?

replies: 4
views: 12250
18 Jul 2007 @ 22:26:37 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years
Ek slyp al lank my tande vir 'n GPS en die lus oorval my nou! Kan die manne (en vroue!) wat weet my asb raad gee? Ek moet ook maar my sente tel en verneem die Route66 (R1600 tot R1900) kan op my Nokia N80 selfoon werk. Het iemand hiervan ondervinding? Ek sal raad baie waardeer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2007 @ 11:57:15 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years
Theuns, Wat wil jy met die ding doen. Wil jy Geocash speletjies speel, in die stad plekke vind, bokke wat jy geskiet het weer kan opspoor of wat. Alle GPS apparate is nie ewe geskik vir alle aanwendings nie. Ek gepruik padkaarte, gevolglik maak ek nie staat op 'n GPS om 'n adres te soek nie, maar gebruik dit wel in die veld. Dit is waarom myne 'n hand model is, wat darem ook hoogte, spoed ens aandui. Indien jy nie 'n spesifieke behoefte het wat jy wil aanspreek nie is 'n GPS 'n duur aardigheid wat gou-gou vergete in die paneelkissie gaan wees. K
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2007 @ 15:30:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14511
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Theuns ek het nouself nog nie een van die goed nie maar ek weet hulle werk baie goed, kan getuig daarvan uit ondervinding in die Mag. Dit is soos kanneman s wat wil jy daarmee doen. Veld navigeer koop die Garmin E-Trex Summit. Baie gebruikers vriendelik, gebruik 2x AA batterye en is omtrent die grote van 'n klein selfoon. As jy paaie wil navigeer is 'n goeie keuse die Street Pilot of Nuvi 310 van Garmin. Redelik kompak kan ook buite die voetuig gebruik word. Sommige het "blue Tooth" in en verskaf sommer ook "Hands free" vir jou selfoon. Bepaal eers wat jy wil doen en besoek dan Garmin se Web Tuiste of gaan kies watter een die beste gepas is vir jou doel. Ek stel Garmin voor want ek het dit al gebruik, enigste rede. Daar is Magalan ook, kyk op die internet jy sal baie daar wys word. Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2007 @ 23:19:56 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years
Kanneman en Leon, baie dankie, julle raad help al. Hoe ek reken om die GPS aan te wend, is om my op die regte pad te hou (as plattelander sukkel ek soms in die stede, al het ek 'n volledige atlas van Gauteng), maar wil dit ook in die veld aanwend. As ek 'n bok geskiet het, wil ek die plek op die GPS merk sodat ek nie meer die bome met toiletpapier hoef te versier nie! Ek het voorheen 'n 1995 Colt Rodeo gehad met 'n hoogtemeter wat nuttig was as 'n mens woonwa sleep, maar my huidige bakkie, 'n Ranger, het dit nie. Miskien moet ek dink aan die Route66 wat met my selfoon werk vir die pad, en 'n goedkoop handeenheid vir die veld. Maar Leon, ek sal vir seker ook kyk na jou raad t.o.v. die Nuvi 310 en Street Pilot.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2007 @ 14:55:02 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 592
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years
Theuns Ek gebruik die Garmin Quest nou al vir amper 'n jaar en is baie gelukkig daarmee. Ja, soos voorheen genoem, daar is 'n element van 'speel' teenwoordig, maar moet s dat die Quest my al vele kere gehelp het, beide in die stad asook in die platteland. Die Quest het ook natuurlik stem aanwysings vir motor gebruik. Indien ek iewers heen moet gaan, werk ek my roete op die rekenaar uit(Mapsource - Garmin program wat met GPS werk) en daar kan ek verskillende opsies uittoets en onmiddellik afstande, reistyd, aanwysings ens kry. Sodra ek my roete bepaal het, dan 'transfer' ek dit na die instrument en daar gaat ek!! My vrou gebruik hom ook as sy alleen na ander stede (Joh'burg) moet reis, dan het sy nie 'n kaart nodig nie want die 'stem' gee al die aanwysings en sy kan op die pad konsentreer. Ek het nog nie die GPS baie in die veld gebruik nie (stap) maar wel as ons gaan jag en ja, ek het dan nie nodig om die sakdoek, hoed of toiletpapier in die naaste bos te haak nie. Dit is veral handig as ek op 'n vreemde plaas is en nie die omgewing ken nie. Die Quest het 'n herlaaibare 'custom' (nie AAA of so iets nie) battery en ek het nog nie een keer die battery heeltemal pap gehad nie - langste op battery was 6,5 ure met baie battery leeftyd oor! My opinie is dat die Quest goeie waarde vir geld is en die doel dien van 'all-rounder'. Die belangrikste besluit is waarvoor jy dit als wil aanwend en wat jou begroting toelaat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required