English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 865
topics: 11 571
replies: 139 178
views: 39 340 550
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

GLAMPING: Glamorous Camping

replies: 23
views: 10591
28 May 2016 @ 13:15:14 pm
ZamEden
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 11 May 2016
Experience: 34 years
*GLAMPING* = A fusion of glamour and camping. A way to experience the great outdoors without sacrificing luxury.

In 'n oorsese artikel lees ek van die 'nuwe guur' wat oor die laaste paar jaar die buitelug-avontuurlistige beetgepak het. Hoe nou? Is dit nie maar wat ons mense nog al die jare doen nie? Soos tegnologie verander het, het ons dinge vir onsself net 'n bietjie meer geriefliker gemaak. Nou het 'geriefliker raak' 'n bling-bling naam gekry... 'Glamping'. Wat maak dit jou dan nou... 'n Glamper? As jy 'n 'Glamper' is vertel ons 'n bietjie van dit wat jou 'n 'Glamper' maak, wat sal jy beslis nie by die huis los nie. Met watse innoverende gedagte het jy vorendag gekom om die lewe vir jouself meer gerieflik te maak.




👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2016 @ 14:00:51 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek dink die meeste "campers" is op een of ander manier ook "glampers".  Dinge soos jou bed, kookgeriewe, ligte, verwarmers/verkoelers, groot yskaste, lopende water, storte, toilette, movers, so baie luukses wat dit geriefliker maak.  Sommige eienaars van die groot luukse karavane, wat alles in het, slaan soms nie eers meer 'n tent op nie, gebruik amper nie meer die ablusiegeriewe nie.  Selfs tentkampers het soms geriewe waaroor jy jou kan verbaas, die tent lyk soos 'n huis van binne.   Ek dink nie dit is noodwendig verkeerd om 'n "glamper" te wees nie.  Kamp gaan seker meer oor die ontspanning, natuur, samesyn, rustigheid, vars lug, om kos buite op die vuur te maak.  Tot skottelgoedwas is vir my lekker as ek kamp want ek doen dit buite, dit is die andersheid van alles.   Solank jy daai deel nog geniet, sal jy altyd 'n "camper" wees.laughing  Net so kry jy nog regte egte kampeerders wat met die minste wil klaarkom, wat sommer kos sal kook in 'n jêmblik en 'n lantern vir lig gebruik en in 'n slaapsak op die grond slaap.

Ons probeer om soveel moontlik by die huis te los, maar pak tog seker dinge in wat die lewe makliker en geriefliker maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2016 @ 19:36:14 pm
Anonymous

Ek sien nerens dat kamp sekere ouens sal uitsluit nie..

 

Kamp is vir elje ou lekker op sy manier.. of jy onder die sterre langs jou vuur slaap, of in jou yentjie en voete uitsteek, of karavaantjie, of massiewe motorhome met al die gadgets en luukshede.. vir elkeen, is dit kans om uit te kom, iets te doen wat hy geniet op sy eie manier en wat sy sak pas natuurlik..

Ek semens moet als probeer ten minste een keernet om gevoel te kry as jy kans kry.. die luukse ouens moet een keer bietjie sonder dit probeer, ook so sal dit nice wees om n glamper te wees, al is dit net n dag.. 

 

Dis die ondervinding..

 

Het self een jaar in karavaan gekamp saammy ouers,en 3 dae by vriende in die heads by knysna gaan kuier, man daai huis het als, eerste 2 daebaie lekker, maar daai 3rde dag toe wil ek weer kamp..!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2016 @ 20:52:48 pm
Anonymous

Pieter, ek stem saam jou, ons het familie in Amanzamtoti en in Belville, ons het verkies om met die karavaan Kaap toe te gaan, en oor en weer gekuier. As kamp in jou bloed is, soek jy niks anders nie. 

My vrouis nogal lief vir die luukse, en ek moet erken, ek hou ook maar daarvan om gemaklik te kamp. So, nou is ons altwee gelukig, wat meer kan mens vra?laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2016 @ 23:10:08 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Nou die dag in Karoo N Park trek mense langs my in met n splinternuwe Sensation wa. Nooi my om te kom inloer, n Queen size bed in, dus vir net 2 gebou.
Daai is Glamping op n goeie skaal, bitter luukse 6 ster hotelkamer op wiele.
Net nie gehou van die stortwater wat op grond uitloop nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 05:38:53 am
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 352
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 37 years
In RSA we still camp. In USA most glamper - hookup toilet, shower,water, electricity, WiFi, built in TV and aircon, fully furnished kitchen. In EU and Oz they half way between.
Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 14:21:26 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4737
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ja kamp is vir elke ou n ander betekenis maar kamp bring ons as mens nader
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 18:20:54 pm
ZamEden
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 11 May 2016
Experience: 34 years
Met ons vorige 'uitstappie' Zambia (2015) toe kon ons net vat dit wat in ons klein Toyota Tazz 1300 ingepas het. Die karretjie was propvol gelaai. Alhoewel ek al baie op vakansie was met karavaan en tent by van die mooiste vakansie-oorde in Suid-Afrika, was dit vir my (Paula) 'n eerste besoek aan Zambia, 'rural, wild, Afrika'. Daar is beslis 'n paar dinge wat ek die keer anders sal doen maar dan is daar dinge wat ek vir geen luukse alternatief sal verruil nie. Ek deel my 'Glamping' ondervinding graag met die wat belangstel (sien foto's). My heel gunsteling: 'n Buitelug stort onder die sterrehemel - Warmwater ingesluit! Dit was hemels. 2) Opslaan hangkaste - Ek verpes dit om uit tasse te lewe so die opslaan hangkas was vir my ook 'n wenner. 3) :-( NOOIT weer slaap ek op 'n opblaas matras nie! Ongemaklik punt.
So vir sommige is die nuutste luukshede op die mark hulle Glamping vir my 'n lekker warm stort onder die sterrehemel. Oor 3 weke, as dit die Here se wil is, is ons weer oppad. Die keer met 'n karavaan en 'n bietjie meer pakplek...
In Sy teenwoordigheid, in Sy Skepping - Dis die lewe!
ZamEden: A little bit of Eden in Zambia
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 18:26:09 pm
ZamEden
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 11 May 2016
Experience: 34 years
Skies, hier is die foto's...
In Sy teenwoordigheid, in Sy Skepping - Dis die lewe!
ZamEden: A little bit of Eden in Zambia
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 18:34:44 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Daai "glamping" van julle lyk tog te lekker Paula.smile   Die stort is 'n wenner, het julle dit self opgerig?   Julle was gelukkig om sulke groot stompe te kry.  Het seker lank gebrand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 19:30:50 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Daai Taz is tot teen die dak gelaai! Moes seker lekker kophou met elke keer se inpak.
n Warm stort tot vandag vir my n lekkerte, te veel koue storte in die weermag gehad, eintlik genoeg vir 3 leeftye dink ek.
Waar is die kamp, wil dit op my lys sit, naby die Zambesi rivier?
Hoe werk Zambia besoekers visum?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 21:32:59 pm
ZamEden
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 11 May 2016
Experience: 34 years
Ons was gelukkig om te kon tent opslaan by vriende van ons - dit is hulle wat so gerieflik ingerig is. Ons stukkie grond is ook langs die Zambezi rivier met so 670m rivierfront. Sodra ons daar kom sal ons met ontbossing ens moet begin. Daar le vreeslike groot werk voor soos om die basiese geriewe op te rig en die boerderye aan die gang te kry. Ons is opgewonde en sien baie uit na die nuwe uitdaging wat voorle. As julle erg verveeld voel, kom kuier gerus - hoe se hulle.... vele hande.... :-) Geen visum nodig nie.

Ek is amper te skaam om dit hardop te se... ons warmwater is te danke aan o.a. Rooshout :-( Dis nou wel afval stukke maar die wete laat jou voel asof jy in goud stort..

Foto's aangeheg:
1. Mooi geteerde pad van Katima M tot voor ons ingang verby
2. Opsie om met die veerboot oor te gaan van Kasane na Kazangula
3. Kampvuur ete
4. Lekker stukkie vleis al die pad van die huis af :-0
5. 'n Toyota Tazz is 'n vrek klein dinky-toy langs die mede pad gebruikers
6. Uitsig oor die Zambezi (vriende se grond).
7. he he he 'Familie foto' - Die gemeenskapsleiers
8 en 9. Ons stukkie grond
10. Sioma Ngonya watervalle so entjie van ons af
11. Aandete - Tiervis
12. ZamEden HQ
13. Dis lekker om dit so te doen, maar daar sal darm ook meer moderne maniere wees om dinge gedoen te kry :-)
In Sy teenwoordigheid, in Sy Skepping - Dis die lewe!
ZamEden: A little bit of Eden in Zambia
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 06:19:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ai mense julle moet die lewe daar geniet.

Dit lyk sommer vreeslik rustig daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 06:49:35 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kamp is soos hoe jy dit vir jouself gemaklik maak.

Ons wil so eenvoudig nog kamp met net die nodigste.

Lekker in die bos.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 07:14:06 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Pieter, ek stem saam jou, ons het familie in Amanzamtoti en in Belville, ons het verkies om met die karavaan Kaap toe te gaan, en oor en weer gekuier. As kamp in jou bloed is, soek jy niks anders nie. 

My vrouis nogal lief vir die luukse, en ek moet erken, ek hou ook maar daarvan om gemaklik te kamp. So, nou is ons altwee gelukig, wat meer kan mens vra?laughing

Ek stem - as jy by iemand kuier, is dit dalk goedkoper, maat dan moet jy sekere aanpassings maak - as jy kamp doen jy jou eie ding, al is dit glamping.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2016 @ 14:04:57 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years
Ek en my bruid het eers laat in ons lewe begin kamp. Moes eers twee dogters deur universiteit help. Ons het eers getent en so vier jaar terug ons karavaan gekoop. Ons kamp gemiddeld 50 dae per jaar. Ons is volgende jaar 58 en wil dan aftree en ernstig begin kamp. Kinders moet maar die huis oppas maar ons gaan KAMP.

Daar is regtig niks lekkerder nie.......
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2016 @ 22:23:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kamp is koning. En as dit dan moet kan jy sê ek kamp nie ek "Glamp". Maak nie saak nie dit bly lekker. Of ek met tente kamp, Krimp Varkie gebruik of n karavaan ons kamp so gemaklik as moontlik.

Toe die kids klein was en ek n tipper gekry het om mee te sleep het ekselfs die tumel droeer ingelaai.  Dit het die lewe vir ma net makliker gemaak.

Het in die Weermag al geleer om my in die veld so gemaklik as moontlike te maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 08:18:57 am
ZamEden
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 11 May 2016
Experience: 34 years
Nou ja dis twee weke later vandat ons ons Jurgens Exclusive Lt gaan haal het - Ek sal julle die drama spaar maar om dit op te som was dit 24uur se aanmekaar ry, heeltemal te veel padgebruikers en verkeersopeenhopings en toe die vreeslike terleurstelling - ek (Paula) het my twee ogies net daar en dan papnat gehuil! Nou ja die 'lelike eentjie' is by die huis (eintlik is sy die huis) en vandag is dag 3 van die groot skoonmaak en regmaak. Sy lyk sommer al stukke beter en 'n vrag motbolle (en gebed) het gehelp om die vreeslike stink rookreuk uit te kry. Nee wat, ek dink sy gaan sommer heel mooi uitdraai, ek het haar gedoop "GlamMa". Nou le die groot inpak voor - wat bly en wat gaan saam om vir 'n laaaang rukkie tussen die seekoeie, krokodille en buffels langs die Zambezi te gaan 'Glamping'. Ek hou julle op hoogte...

Groetnes,
In Sy teenwoordigheid, in Sy Skepping - Dis die lewe!
ZamEden: A little bit of Eden in Zambia
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 08:47:40 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Stem nogal saam met Leon. Ons glammer ook maar. Elma weier om n rally op te slaan, die eerste gedeelte v.d tent, met kante, moet op, al is dit net ve 2 dae. Langer moet dubbel tent op en tafels en stoele moet in plek wees.
Behalwe ve die ouderdom se gesukkel om alles te maak staan, geniet ekself ook die geriefies. (Is mos n gadget man)
As sy klae oor iets, maak ons dit reg ve die volgende keer.
.
In elk geval, ons is by julle al die pad. Geniet elke oomblik.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 09:39:15 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Bertus en Paula, nou maak julle julself los van al die onnodige dinge uit die lewe en gaan 'n baie sorgvryer toekoms tegemoet.   Julle moet dit geniet.

Oom Koos, jy is 'n goeie man wat jou vrou so gerieflik inrig en in al haar behoeftes voorsien.  Kan ek jou nie vir een of twee kampe leen nie?   Ek grap maar, Colin weet ek vra nie veel nie maar dit wat ek wil hê moet daar wees.  Aan die ander kant moet ek hom dit ook nou toelaat en hy wil soms sulke onnodige dinge daar hê.laughing  Dalk dink hy dieselfde oor myne, so dit is maar "give and take".laughing

Ons gaan van Maandag af vir 7 nagte kamp en dit is KOUD in die Baai.  Ek weet nie of ek uitsien of nie.  Die warm waaiertjie is altyd in die karavaan maar ons het gister besluit die groot gas verwarmer in die huis gaan saam vir die tent.  Ons glamp maar wanneer nodig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 14:24:44 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Freda, Oom Koos is nie 'n goeie man nie. Hy is 'n bang man. Hy s ook hy is die hoof van die huis, maar Elma is die nek. Sy draai hom waarsy hom wil h.☺☺
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 14:29:46 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Hehehe. Ja dalk is julle reg. Dankie in elk geval. Elma is die liefde van my lewe, al maak sy my erg moerig somtyds. Colin is ook maar so sien ek, ons probeer maar die vrede bewaar.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 19:45:26 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Freda, Oom Koos is nie 'n goeie man nie. Hy is 'n bang man. Hy s ook hy is die hoof van die huis, maar Elma is die nek. Sy draai hom waarsy hom wil h.☺☺

Dis 'n goeie een Chris.  Van nou af gaan ek sorg dat die nek die oorhand kry.  Solank die kop net bly dink hy is in beheer.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2016 @ 20:24:18 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Elke ou kamp seker soos hy wil.

Ek moet net keer of Yvonne pak alles in wat sy by die huis in die hande kan kry.

Het haar nog nie vertel dat Froggy nog 1 ton kan vat voor hy sy max weegbrug gewig bereik het nie.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za