English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 915
topics: 107
replies: 1 707
views: 264 288

Full timer - caravan or motorhome?

replies: 18
views: 492
26 Jul 2020 @ 12:33:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

n Vriend wil nou begin voltyds kampeer. Sy liefde was nog altyd n motorhome.  Is n motorhome n geskikte voertuig om te kies vir voltyds kampeer of sal jul liewer n karavaan aanbeveel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 13:44:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gaan hulle Uber as hul gou wil dorp toe gaan.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 14:21:05 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 187
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

As ek met n Motorhome lankstaan sal ek n ekstra motor saamsleep anders kan dit ongerieflik raak .Iets soos n Jimny of soortgelyk .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 15:59:23 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

'n "Motorhome" sal werk as jy slegs vir kort periode op een plek wil staan….sal sê nie langer as 'n week op 'n plek nie. Jy sal dan ook maar 'n kleinerige voertuig moet saam sleep waarmee jy die omgewing mee kan gaan verken.

Ek persoonlik sal eerder 'n woonwa koop. Dit sal baie meer koste effektief wees selfs vir kort periodes. Slaan net "awning of rally" op. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 17:30:06 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Vir die prys van 'n klein motorhome kan jy 'n groot luukse karavaan koop wat vir permanent bly beslis 'n positiewe is. Die groot, gerieflike motorhomes waarin die Amerikaners permanent woon, is nie hier beslikbaar nie en as dit was, sou dit waarkynlik die prys van 'n middelslag huis kos.  As jy reeds 'n sleepvoertuig het, wat waarskynlik is, is dit dan sekerlik die meer ekonomiese opsie want dan het jy reeds 'n voertuig om mee rond te ry as jy geparkeer is.  'n Motor home plus 'n 'runabout' gaan beslis baie duurder as dit kos en dan het jy maar 'n woonplek so groot soos 'n middelslag karavaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 17:33:16 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Hoeveel Motorhome manne is op die forum, antwoord n bietjie die man ons ander dink dit kan so en so maar in werklikheid is dit nie so nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 17:47:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy gaan altyd iets sleep.  Of dit nou 'n karavaan is of dit 'n kleiner voertuig is.

Die probleem is om inkopies te gaan doen by Checkers sal jy nie maklik 'n parkeerplek kry in die parkeer area van Checkers vir jou Motorhome nie.  Dus moet jy op, kom ons noem dit,  afgelee plekke stop.  Daar is jou Motorhome nog meer kwesbaar en onthou basies al jou belongings is in daai wa.

Moenie my verkeerd verstaan nie.  As jy 'n oplossing het vir die uitdaagingkie dwars oor die hele land dan koop vir jou net 'n Motorhome en geniet dit, hulle is pragtig binne.  As jy n oplossing het nie sal jy dit dalk noodsaak om 'n klein kar saam te sleep.

Aan die anderkant 'n karavaan is netso luuks met dalk meer beweegruimte en pak spasie.  Die sleep jy in elkgeval en toegang met jou sleep voertuig is nie n probleem by winkel sentrums nie.

 

So ek is van opninie met permanent toer is dit om met ewe wat jy gebruik.  Die feit is sleep gaan jy iets sleep.  Of dit nou 'n karavaan is of dit 'n kleiner voertuig is.  Die rede is toegang met die groot Motorhome tydens inkopies is nie altyd so maklik nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 20:44:19 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Ek wil net 'n klip in die bos gooi. Wat maak jy met alles in hom as jy pal wil kamp en die voertuig moet gaan vir 'n diens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 21:17:20 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Vir my is no motorhome  ideaal as jy net ‘n nag of twee op een plek staan. Anders verkies ek ‘n gewone woonwa.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2020 @ 22:06:51 pm
PietRiana
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 23 Oct 2015
Experience: 6 years

Ja dit is maar n besluit wat elkeen moet vat. Ek verkies n motorhome. Ek sleep n Atos saam. Sy gewig is onder 800kg. Sleep baie gemaklik. As jy verkies om te toer het jy nie n ekstra ryding nodig nie. Maar vir lank staan moet jy iets he om inkopies te doen. Jy sal verbaas wees hoeveel pakplek is in n motorhome (hang af die grote wat jy koop) Ek was baie gelukkig om myne te kon kry vir onder R400,000 met 25,000 kilos op clock. Mens moet net n bietjie rondsoek.

 

 

Mooi loop by die lelike plekke
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2020 @ 17:26:51 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 429
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

If you are going to tow a smaller car with a motor home you may as well have a caravan and tow it with a decent vehicle. It defeats the idea of a motorhome if you have to tow a vehicle. A motor home towing a small vehicle is probably going to be very slow.

I think cost wise comparatively, you are going to get something much more comfortable and luxurious buying a caravan and using your present vehicle (if it is powerful enough).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2020 @ 18:25:33 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Beslis motorhome vir my. Die enigste plek waar ons lank kamp, alhoewel in verskillende kampe is die Kruger. Daar sal ons ' n klein voertuig saamsleep omdat kamplekke nie geresiveer is nie en jy 'n lekker staanplek kan verloor as jy met motorhome daagliks rondry. 

Meeste ander plekke waar ons kamp is staanplekke toegeken en kan jy maar rondry met motorhome. Ons staan min langer as 4 dae en geniet liewers om te toer en veral na Namibië/ Botswana wil ek nie 'n karavaan sleep nie en met motorhome, veral as dit nog 'n 4x4 is kan jy by alle plekke uitkom. 

Koste van motorhome  is ongelukkig hoog maar as jy geduldig is sal 'n goeie koop wel daar wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2020 @ 05:45:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Beslis motorhome vir my. Die enigste plek waar ons lank kamp, alhoewel in verskillende kampe is die Kruger. Daar sal ons ' n klein voertuig saamsleep omdat kamplekke nie geresiveer is nie en jy 'n lekker staanplek kan verloor as jy met motorhome daagliks rondry. 

Meeste ander plekke waar ons kamp is staanplekke toegeken en kan jy maar rondry met motorhome. Ons staan min langer as 4 dae en geniet liewers om te toer en veral na Namibië/ Botswana wil ek nie 'n karavaan sleep nie en met motorhome, veral as dit nog 'n 4x4 is kan jy by alle plekke uitkom. 

Koste van motorhome  is ongelukkig hoog maar as jy geduldig is sal 'n goeie koop wel daar wees. 

Ek sien die motorhome eienaars het borde wat hulle op n staanplek sit as hulle vir die dag uitgaan wat sê dat plek geneem is deur motorhome. Sommige sien ek los sommer net die drondseil en 2x stoele agter op staanplek tereyl hulle uit is vir die dag

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2020 @ 05:57:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink motorhome is baie nice.....maar as jy permanent gaan kamp....jou nuwe huis is n ander ding. Van die permanente kampeerders staan tot 3 maande op een plek, dan wil jy jou plek gerieflik inrig soos dit by jou huis sou wees. As jy nie ekstra kar saamsleep nie, is dit nie moontlik om plek gerieflik vir jouself te maak nie aangesien jou huis ook jou vervoer is. As jy ekstra kar het, gaan jou voertuig miskien net 1x in 3 maande gery word....om aan te skuif na volgende blyplek....dan kan ek nie die waarde insien om n motorhome te hê nie. Om te toer met n motorhome is baie anders as om 3 maande op n slag met motorhome op n plek te staan. In hierdie geval sou ek n gerieflike karavaan voorstel. Lekker groot voortent maak dit ook baie geriefliker vir n langstaan uitleg....mens het automaties meer goed wat mens saamry om dit gerieflik te maak as net n wegbreek. My2c

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2020 @ 09:21:19 am
Siem
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 11 Sep 2015

Ek besit n Jurgens Expo karavaan en n nuwe motorhome. Ek verkies die motorhome bo my karavaan. Wanneer ek kamp slaan ek n 3 by 4 meter gazebo langs my motorhome op. Ek leef in die gazebo en slaap in die motorhome. As ek na n plek toe moet ry, bly my staanplek gereserveer met die gazebo wat agter bly.. Werklik mense ek vind dit baie gemaklik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2020 @ 18:05:05 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Geert, dit sal my plan ook wees om iets te los. Moet sê ek het nog nie die borde gesien nie en dit is 'n goeie idee.  Jare gelede het ons in Etosha gekamp en oorkant ons was 'n buitelanders jong paartjie wat hulle plastiese tafel en stoele gelos het. 

Toe hulle een middag terugkom is tafel en stoele weg en ander mense kamp op die plek. Het die mense jammer gekry want dit was 'n gehuurde motorhome en hulle sou die skade moes betaal het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2020 @ 20:04:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert, dit sal my plan ook wees om iets te los. Moet sê ek het nog nie die borde gesien nie en dit is 'n goeie idee.  Jare gelede het ons in Etosha gekamp en oorkant ons was 'n buitelanders jong paartjie wat hulle plastiese tafel en stoele gelos het. 

Toe hulle een middag terugkom is tafel en stoele weg en ander mense kamp op die plek. Het die mense jammer gekry want dit was 'n gehuurde motorhome en hulle sou die skade moes betaal het. 

Hopenlik was dit iemand wat gedink het iemand het dit vergeet.

In Engeland verkoop hulle sulke borde....seker hier ook, maar diè wat ek gesien het, was mooi tuisgemaakte borde wat mens inslaan in grond

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2020 @ 12:35:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek besit n Jurgens Expo karavaan en n nuwe motorhome. Ek verkies die motorhome bo my karavaan. Wanneer ek kamp slaan ek n 3 by 4 meter gazebo langs my motorhome op. Ek leef in die gazebo en slaap in die motorhome. As ek na n plek toe moet ry, bly my staanplek gereserveer met die gazebo wat agter bly.. Werklik mense ek vind dit baie gemaklik. 

Dit klink heel goed.  Elke ou vir homself en hoe hy dit geniet.  

Ek myself kan dit net nie oor my hart kry om my wa daar in 'n besige straat te stop terwyl ek moet gaan inkopies doen nie.  Op daai stadium is alles wat ek het in daai wa behalwe my beursie.

Die groot ding is as jy 'n plan om die probleem het is die motorhome seker great.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2020 @ 14:51:53 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Ek dink Motorhomes is vir toer, veral as jy n kleiner een het. Staan oor vir n dag of twee en toer dan weer verder.

Froggy is gemaak vir twee mense en is kleinerig. Ek het altyd n Atos saam gesleep en nou sleep ek n Suzuki Vitara SWB saam, wat heelwat swaarder is as Atos. Ek het ook gevoel a.g.v. die gewig stoot hy meer van agter en het ek n "Brake Buddy" gekoop om te help met die rem. Jy stel hom in volgens voertuig wat jy sleep se gewig (tot 3.5 ton). Jy kan hom ook vanaf die motorhome in die ry stel as jy meer rem soek.

As jy lankstaan gaan jy beslis n ryding soek om saam te sleep. Korter kampe sleep ek niks saam nie en ek kom reg sonder n voertuig.

Groot motorhome met meer spasie sal bruikbaar wees as jy permanent kamp. Veral daai ou grootes van lank terug, soos n Elite en die ander lorrie WJ menere.

Die is maar net my opinie. Ongelukkig sit ek met die Yvonne faktor wat alles wil saam sleep.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za