English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 783
Total Views: 82 283 768
topics: 10 756
replies: 123 507
views: 38 809 604
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Fuel Consumption

replies: 59
views: 1631
page 1 of 2
26 Apr 2019 @ 20:34:56 pm
Graham
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 299
Joined: 01 Mar 2008
Experience: 47 years

For what it is worth, my combo Isuzu 3l D/C Diesel 2008 model and  Jurgens Penta.

Over the years towing 35986 km ave 11.37l/100km.

Solo only trips not daily use, 6734 km 9.86l/100km

Happy Camping

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
26 Apr 2019 @ 22:13:33 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Deesdae sleep ek slegs die Slipstream lang afstande --- Mosselbaai toe 21.6km per litre - pad terug 19.6km per liter.

Was nogal beindruk en gelukkig by Kleinplaas oord in Oudshoorn. Baie veilig en netjies.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
2
27 Apr 2019 @ 05:41:50 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2958
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Graham

That is excellent consumption towing. 8.8km/lt. 

I only manage 6.2km/lt towing a Swing with a Suzuki Grand Vitara

Well done.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 06:48:56 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Deesdae sleep ek slegs die Slipstream lang afstande --- Mosselbaai toe 21.6km per litre - pad terug 19.6km per liter.

Was nogal beindruk en gelukkig by Kleinplaas oord in Oudshoorn. Baie veilig en netjies.

Sou verwag het dat jy meer brandstof sou gebruik het Mosselbaai toe, en minder terug. Dit is as jy in die Transvaal (jammer Gauteng) bly...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 07:10:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Deesdae sleep ek slegs die Slipstream lang afstande --- Mosselbaai toe 21.6km per litre - pad terug 19.6km per liter.

Was nogal beindruk en gelukkig by Kleinplaas oord in Oudshoorn. Baie veilig en netjies.

Dis amper goedkoper as sy specs solo.  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 08:34:15 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Maar dis sy voertuig hy kan kry wat hy wil broer

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 10:36:12 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Ja nogsl geert. Kru maklik tussen 28 en 30 solo. Ry ordentlik ... nie oor 100kpu nie. Het Mosselbaai op een tenk gehaal.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 11:19:12 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7614
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek steur my nie veel aan brandstof verbruik nie. 

Voertuig moet krag hê en gemaklik en lekker ry. 

Moet veilig in hom voel. 

Doen tussen 3000 en 5000 km n maand.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 12:25:57 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dr Drake- 4.6l/100 km terwyl jy sleep en 3.3 solo!!!! Moet 'n wêreldrekord wees, maar soos Willem sê........

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 12:41:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dr Drake- 4.6l/100 km terwyl jy sleep en 3.3 solo!!!! Moet 'n wêreldrekord wees, maar soos Willem sê........

Toe ek 1ste keer hierdie 2 drade sien....dog ek hulle loop saam....lol๐Ÿ˜Ž

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 13:04:36 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

April fool grappie verseker! ๐Ÿคฃ๐Ÿ˜‚

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 17:35:17 pm
Anonymous

Hier is ล„ bewys sonder duim suig.

My brandstof verbruik in verkeer en met sleep skuif hy na so +\- 9,5 km/100.

My kilos lyk hoog, maar die x-trail het nog baie woema.

Alles hang af hoe jy jou voertuig onderhou.

Hierdie brandstof verbruik was vanaf vol.

Roete: 

- Kamp by Bloekompoort en terug.

- Neem die woefie Walkerville toe en terug.

- Kamp by Weesgerus en terug gesamentlik met rondry.

- Gaan haal woefie by Walkerville en terug.

Al bogenoemde roetes was vanaf Alberton.

Moet byvoeg dat die voertuig slegs gebruik word vir kamp en spesiale geleenthede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 20:07:28 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1167
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

My bakkie kan dit nie eers kry as hulle hom insleep  en bakkie luier nie. Dit is voorwaar goed.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 21:18:06 pm
Anonymous

Chris, ek weet nie wat jy sleep nie, maar my karavaan is so klein bietjie swaarder as ล„ Ventertjie.

My meeste gewig is ook in die voertuig.

My voertuig sleep en nie die wa nie.

Ek sit gewoonlik net so bietjie gewig voor in die karavaan om swaai te vermy.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 04:18:12 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1167
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Dennis, jou voertuig verbruik is goed. Dr Drake GP is besonder goed.

Goed om weer van jou te hoor David. Jy en Chameleon is baieeeee stil.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 05:09:00 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1478
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek dink gesprekke oor brandstof gebruik is soos visvang wanneer die grote weggekom het.

Soos Willem tereg sê, dis jou voertuig, jy kan kry wat jy wil.

Daar gaan altyd iemand met jou verskil.

So, ek bly hieroor stil en soos Jin, wil veilig wees, lekker ry en krag hê om gemaklik te sleep.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 09:46:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sit tans hier by Eiland sal kyk of ek met die Tablet/PC 'n foto gelaai kan kry van die branstof verbruik. Het volgemaak in PTA en net gesleep tot hier.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 13:50:38 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2329
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Ek vra voorlopig om verskoning vir draadkaping aan Graham, maar wil net my beskeie opinie uitspreek.

Ek ken David lank genoeg om nie sy woord in twyfel te trek nie. Ek sou dan ook spekuleer dat hy van vol tenk na vol tenk met sakrekenaar die verbruik uitgewerk het, en NIE syfers rondgooi wat op kar se ritrekenaar verskyn nie.

Ek was in soortgelyke gesprek betrek baie jare terug op hierdie forum oor brandstofverbruik - en wil darem net noem dat daar is voertuie waar jy by sulke syfers kan uitkom, en dan ook ander voertuie wat baie na aan sulke syfers kan draai. Jou manier van bestuur het baie groot invloed in die uitkoms daarvan, asook die afstand wat jy ry, en van watter deel in die land jy reis na waar eindbestemmig is.

Bittermin ritte gee jou beter uitslae as bv vanaf Noorwes provinsie na Namibië, wat ek 4 keer gedoen het met vorige motor, en baie goeie vergelykbare syfers gekry het met selfde voertuig, as wat die vervaardigers se gemiddelde verbruik aandui.

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 14:59:25 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Deesdae sleep ek slegs die Slipstream lang afstande --- Mosselbaai toe 21.6km per litre - pad terug 19.6km per liter.

Was nogal beindruk en gelukkig by Kleinplaas oord in Oudshoorn. Baie veilig en netjies.

dit is fantasties................  ek kry dit nie eers met my plat diesel kar nie daar is my beste so 5.3 l / 100 km of 18,86 km/l    met die MAZDA is normale ry so 10.3 l per 10 km of 9.7 km/l  as ek sleep is dit so 17.6 l /100km of  5.68 km per lieter

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
28 Apr 2019 @ 15:10:04 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013

Destyds met my 3.2 BT50 het ek nie eers so swaar gekry met my verbruik nie. 17L/100km sou ek toe gehuil het ;-) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 15:45:07 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ja nogsl geert. Kru maklik tussen 28 en 30 solo. Ry ordentlik ... nie oor 100kpu nie. Het Mosselbaai op een tenk gehaal.

Absoluut niks verkeerd volgens my oor die verbruik nie.

Fred nee 3.3L/100km is baie ver van 'n wereldrekord af vir kleiner turbo diesels. Kyk maar deur die drade vir Frans se MB modelle on te vergelyk met David se Audi.

Hier is die spesifikasies van David se sleepvoertuig. So 20-30 is presies wat die spesifikasies aandui.

Eienaardig die kommentaar as iemand 'n voertuig ry wat baie lig op brandstof is en sekerlik net gemeet aan elkeen se eie voertuie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 16:01:55 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

https://www.cars.co.za/newcars/Chevrolet/Sonic/hatch-1.4-LS/

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 16:02:19 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Om aan te sluit by hierdie draad - wie sou kon dink 'n BMW X1 Outomaties kan so lae verbruik aanteken onder beheerde omstandighede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 16:15:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Toe ek onlangs in KNP was het my cruise range opgestoot na 1300 vir n vol tank....maar dit was teen n gemiddelde spoed van 20km/h. Ek sleep gewoonlik nie teen daai spoed nie๐Ÿ˜Ž. Desember het ek volgemaak op Mooirivier....het dit netnet in Pta gemaak....20km cruise range oor.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 16:43:30 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

https://www.cars.co.za/newcars/Chevrolet/Sonic/hatch-1.4-LS/

Ek glo nie die Chev 1.4 skakel is rellevant nie. David het mos 'n Chev 1.3 Diesel gehad en ry nou 'n Audi A1 Diesel.

Mense jammer vir die kaap v d plasing. Laat ons eerder na die feite kyk en ten minste die regte voertuie vergelyk en opinies lewer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 18:03:29 pm
Anonymous

Alles hang af van die hedendaagse tegnologie.

My seun het ล„ Gti Polo, 1,4 DSG en kry teen ล„ spoed van 120 km/h, 25 km/lt in ekonomiese rat.

Sport mode, verander lesing drasties erg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 18:13:48 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek weet meeste van ons glo nie aan toetse nie. Ek het self al aan toetse deelgeneem en waar almal op dieselfde dag dieselfe roete ry met geseelde tenks en dieselfde brandstof is sulke toetse gewoonlik onpartydig maar dit hang steeds v d bestuurder af. Dis egter 'n baie beter maatstaf as wat ons tussen mekaar wil syfers in twyfel trek.

Nog 'n resultaat tussen 'n klomp voeruie. Nie ons normale manier van ry nie maar wel behaalbaar. Al is dit nie in SA gedoen nie. Verskeie mense het al genoem dat hul Volvos so lig is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 20:15:29 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Klink my ek het die verkeerde voertuig.frown My Kuga 2L diesel kry sowat 7.5l/100 km of 13 km/l solo teen 'n werklike 120k/u op die Hoeveld en tusen 8.5 en 9 teen 'n werklike 100k/u met die Oyster op die haak.  Hierdie syfers wat jy aanhaal, Danie, lyk dus vir my uiters onwaarskynlik. Hoe kan 'n Everest 3.2 'n beter verbruik hê as my baie ligter voertuig met 'n kleiner, swakker masjien?  Ek kan glo hulle het teen 'n gemiddeld van 60k/u of so-iets gery, maar dit verklaar nie die ongelooflike verbruiksyfers wat hierbo genoem is teen normale padspoed nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 20:54:29 pm
Anonymous

Gelukkig het ek nie meer lood in my skoene nie.

My 1984 Exa gee my 15km/lt in verkeer.

Alles hang af hoe ล„ voertuig versien word.

Boeke, statistieke en beskrywings glo ek nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 20:59:08 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Klink my ek het die verkeerde voertuig.frown My Kuga 2L diesel kry sowat 7.5l/100 km of 13 km/l solo teen 'n werklike 120k/u op die Hoeveld en tusen 8.5 en 9 teen 'n werklike 100k/u met die Oyster op die haak.  Hierdie syfers wat jy aanhaal, Danie, lyk dus vir my uiters onwaarskynlik. Hoe kan 'n Everest 3.2 'n beter verbruik hê as my baie ligter voertuig met 'n kleiner, swakker masjien?  Ek kan glo hulle het teen 'n gemiddeld van 60k/u of so-iets gery, maar dit verklaar nie die ongelooflike verbruiksyfers wat hierbo genoem is teen normale padspoed nie.

Fred dis nie vir my om te kan antwoord nie. Hoekom is ek lelik en jy aantreklik - hehehe. So ook is dit bekend dat die 2L BMW enjin baie ligter as ander voertuie is. Dis die rede hoekom ek waar ek kan 100 sleep met volhoogte woonwa van 1300kg en 10L/100km kry al is die voertuig 18jr oud.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 23:34:28 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hier is ล„ bewys sonder duim suig.

My brandstof verbruik in verkeer en met sleep skuif hy na so +\- 9,5 km/100.

My kilos lyk hoog, maar die x-trail het nog baie woema.

Alles hang af hoe jy jou voertuig onderhou.

Hierdie brandstof verbruik was vanaf vol.

Roete: 

- Kamp by Bloekompoort en terug.

- Neem die woefie Walkerville toe en terug.

- Kamp by Weesgerus en terug gesamentlik met rondry.

- Gaan haal woefie by Walkerville en terug.

Al bogenoemde roetes was vanaf Alberton.

Moet byvoeg dat die voertuig slegs gebruik word vir kamp en spesiale geleenthede.

Hi Dennis. Ek het soortgelyke verbruik met n Hyundai IX 35 Diesel 2.0 L gekry toe ek met hom m Sprite super sport  gesleep het

 Lekker om so n goeie brandstof verbruik te hê.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 09:08:18 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dennis en Bakoor se syfers is geloofwaardig- dis in dieselfde groottekrag wat  ek ook ondervind.  Die syfers wat Danie noem, glo ek is waar maar dit het geen praktiese waarde nie want ek en jy ry nie so nie.  Ons is ook meer geinteresseerd in verbruik terwyl jy sleep.

Daar is ook 'n ander ding: As mense hulle verbruik noem, is dit die syfer wat die voertuig se rekenaar gee of is dit wat hulle uitwerk deur kilos en brandstof gekoop te verreken?  Motors se rekenaars is nie akkuraat nie.  Met my Kuga wissel dit akkuraatheid maar is gewoonlik in die omgewing van so 7% optimisties, met ander woorde laer as die werklike gebruik.  My vrou se Corolla weer gee altyd 'n pessimistiese syfer van so 15%, met ander waarde 'n hoër syfer as die werklike.  Ek vermoed sommige voertuie kan nog verder uit wees.  Jy kan ook nie verbruik onder ideale omstandighede oor 'n kort afstand as realisties aanvaar nie.  Ek ry heelwat tussen Pietersburg en Pretoria en vind dat my verbruik vanaf Pietersburg na Pretoria gewoonlik laer is as terug. Ek ry altyd met die spoedbeheer en gebruik die GPS vir spoedberekening so die aspekte is altyd dieselfde.  Waarom weet ek nie want Pietersburg is laer geleë as Pretoria en logies behoort dit dus andersom te wees.  My verbruik is ook nie altyd dieselfde oor dieselfe roete nie.  Ek vermoed die lugtemperatuur en wind maak ook 'n verskil.  Ek soos ek hierbo genoem het, my soloverbruik teen 'n ware 120 tussen Pietersburg en Pretoria is gewoonlik in die omgewing van 7.5l/100 km.  By die kus aansienlik hoër, waarskynlik oor die baie bulte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 10:15:46 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred die syfers is nie om realisties te wees van normale verbruik nie. Dis die vergelyking tussen voertuie. Net soos die jare wat ons ook 'n jaarlikse tydren vir ekonomie gehad het word hierdie toets jaarliks onderneem. Die 70 voertuie ry in 'n konvooi oor 'n 30km roete. Geen toets kan bepaal wat 'n mens kry weens ry patroon, instandhouding, verkeer en die baie ander veranderlikes.

Alhoewel daar syfers is soos Pottie se vis is daar tog mense wat logboeke hou en nie net staatmaak op rit rekenaars nie. 

So is Pieter se fotos en die afstande gery met die tyd daarby 100% korrek al sal baie dit nie glo nie.

My logboek is in die publiek en kan na gegaan word al is dit dalk ongeloofwaardig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 11:24:34 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Soos ek maar genoem het in verlede, is die syfers wat ek deurgee nie om te spog of om myself of ander te bluf nie, dis vir myself en interessant om te kyk wat jou ry patroon kan doen aan jou brandstof verbruik, en hoe mens dit optimaal kan doen.

Of jy nou soos ek ry of nie, maak nie saak nie. Vir my is dit lekker om rekords te probeer breek en beter te probeer doen binne sekere perke, ek gaan nie 60km/h ry vanaf Jhb na die huis nie, ek sal so 100km/h handhaaf as ek kan.

Die vergelykings is eintlik vir myself en dan het ek maar net gedeel. Of iemand dit glo of nie, gaan my nie ryker of armer maak nie. 

En as daar mense is wat wil ander bluf met wat ookal, so be it, ek toets dinge, MYSELF. Dis interessant om ander se ervaringe te lees, maar jou eie ervaringe sal wees wat vir jou tel.

Daar is tye dat ek nie bekommerd is oor brandstof verbruik nie, en dan is tyd belangriker.....

Soos om half 2 in die oggend binne 18 minute by Unitas Hospitaal te kon uitkom met die RAV4.. Jy moer roer

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 11:24:50 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek weet meeste van ons glo nie aan toetse nie. Ek het self al aan toetse deelgeneem en waar almal op dieselfde dag dieselfe roete ry met geseelde tenks en dieselfde brandstof is sulke toetse gewoonlik onpartydig maar dit hang steeds v d bestuurder af. Dis egter 'n baie beter maatstaf as wat ons tussen mekaar wil syfers in twyfel trek.

Nog 'n resultaat tussen 'n klomp voeruie. Nie ons normale manier van ry nie maar wel behaalbaar. Al is dit nie in SA gedoen nie. Verskeie mense het al genoem dat hul Volvos so lig is.

Ek wil nie stry met uitslae nie, maar ek het nog nooit van n ou gehoor wat amper 18km/l met sy Ranger kry nie......miskien as jy 25km/h in wildtuin ry, maar dan is dit gemeet op abnormale ry omstandighede. Selfs die specs van Ford wys nie eers daai getalle nie....

Selfs Nissan se specs op Navara is 11.4 waar toets amper 18 is?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 12:38:34 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Mens ry mos nie normaalweg soos wat jy sal ry as jy ekonomies wil ry soos in 'n kompetisie nie. Dit is net 'n aanduiding wat mens kan kry as jy jou tegniek aanpas.

Hierdie syfers is in 2011 verkry met die jaarlikse "Total Economy run" en die gemiddelde spoed was omtrent 80km/h oor 'n afstand van oor die 1000km. Die verbruik tydens hierdie toets kan mens maklik self bereik.

Die toetse hierbo genoem was o.a. in die nag gedoen waar daar geen verkeer was en niemand mag meer as 80 gery het op enige deel nie. Die konvooi verhoed ook dat mense op sekere dele vinniger kan ry en ander dele stadiger.

Kyk hoe goed wat die GWM se verbruik in die 2500cc klas.

Geert jy sal meer gebruik as jy @ 25 in die wildtuin ry. @ 60 met konstante spoed sal die verbruik baie laer wees. As ek in die wildtuin ry gebruik ek meer as op die oop pad teen 'n hoer spoed. In die wildtuin het ek omtrent 5.7L/100km gekry oor 'n 600km afstand sonder sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 18:32:12 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Hierdie lyk soos die "groot lieg" draad :) Seker ek wen almal van julle met my 3.2 Ranger (maar sal niks sê dat dit teen 5km/h is nie   Ssssh!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 19:45:53 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Daar is 3 dinge wat ek met 'n knippie sout.....of is dit dalk in sommige gevalle 'n hele sak sout vat naamlik, visvang stories, weervoorspelling en brandstofverbruik. Met loaasgenoemde weet die meeste nie hoe om die berekekinge te doen nie, of die sakrekenaar se battery is pap.

Al wat ek weet, my Suzie is baie dors.

Moeg geploeg.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 20:09:46 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Chris of jou Suzie nou dors is of nie. Hy vat jou, familie en jou karavaan na onvergeetlike kampe, lekker nê. 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 20:34:02 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Toe ek 1ste keer hierdie 2 drade sien....dog ek hulle loop saam....lol๐Ÿ˜Ž

Ek kan nie meer onthou on fotos te laai en stel ook nie meer belang om uit te vind hoe nie.

Stuur vir my jou e-pos of w/app en ek stuur die foto van verbruik vanaf Kimberley tot Mosselbaai.

Myne is my kar registrasie @gmail.com

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 23:30:15 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1478
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Al die argumente bly interessant.

Al wat ek weet. As ek 100km/h ry, kry ek aansienlik beter verbruik as op 120. Selfs op die hoofpaaie is ek nie eintlik in iemand se pad nie en baie min voertuie kom verby. So daaruit lei ek af nie almal ry 120+ nie.

As ek sleep, is my verbruik op 80km/h beter as 100 en ek frustreer elke ou op die pad. So ek sleep 100k /h en geniet die ry.

Snaaks hoe mense ongeduldig is met 'n karavaan voor hulle teen 100km/h maar hy is gemaklik om agter 'n trok te kruie teen 80km/h.

Daardie een verstaan ek nog nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2019 @ 00:10:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Al die argumente bly interessant.

Al wat ek weet. As ek 100km/h ry, kry ek aansienlik beter verbruik as op 120. Selfs op die hoofpaaie is ek nie eintlik in iemand se pad nie en baie min voertuie kom verby. So daaruit lei ek af nie almal ry 120+ nie.

As ek sleep, is my verbruik op 80km/h beter as 100 en ek frustreer elke ou op die pad. So ek sleep 100k /h en geniet die ry.

Snaaks hoe mense ongeduldig is met 'n karavaan voor hulle teen 100km/h maar hy is gemaklik om agter 'n trok te kruie teen 80km/h.

Daardie een verstaan ek nog nie.

Dis daai mense wat jou verbysteek om stadiger voor jou te ry....๐Ÿ˜ก

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2019 @ 06:55:13 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1977
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Die Ford se instrument vertêl my dat van Durban tot in Gonubie die gemiddelde diesel verbruik was 11.5 l/100km.  How akkuraat dit is weet ek nie en gee ook nie om nie. Vir my is dit net 'n interesante aanwysing en is heeltemal tevrede want ons kamp lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2019 @ 07:25:00 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1167
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Jan, die verbruik van my Mazda is ook in daardie koers. Dit verskil maar met spoed en die aantal opdraandes. Ek het n Santa Fe petrol AWD gehad. Lekker gesleep maar ooooo hy was dors. Het so 18lt per 100km gekry.

Al wat ek wil weet van brandstof verbruik is, hoe ver kan ek ry sonder om kans te vat en te gaan staan. Verder kamp ons lekker

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 10:28:10 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 308
Joined: 28 Feb 2018

So measurement in km per liter is imperial, the old miles per gallon or MPG, as seen in American advertisments, and the bigger the number the results the better, the measurement is of distances. In metric it is fuel consumption thus liters per 100km, so it is the measurement of the fuel over 100km and the smaller the number the better the results.

The conversion is if you measur 12, 2 km per liter then to convert divide 100 by 12,2 thus total of 8,196 liters per 100 km, the turn around or resipical is 100 divided by 8, 196 is 12,2 km per liter

Just a bit of useless information to clutter your brain  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 11:09:10 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

So measurement in km per liter is imperial, the old miles per gallon or MPG, as seen in American advertisments, and the bigger the number the results the better, the measurement is of distances. In metric it is fuel consumption thus liters per 100km, so it is the measurement of the fuel over 100km and the smaller the number the better the results.

The conversion is if you measur 12, 2 km per liter then to convert divide 100 by 12,2 thus total of 8,196 liters per 100 km, the turn around or resipical is 100 divided by 8, 196 is 12,2 km per liter

Just a bit of useless information to clutter your brain  

We will for sure be talking km per lire for very long. Now we just need to add that the US gallon is only 3.7L so theur mpg is always lower than in other parts of the world. Junk info for the younger generation that did not grow up with gallons.

I just wish I could also get 18L for each 100km I travel as Chris L.- hehehehehe

Then my Landy uses 10 and I would need storage for the 8L I gain. coolcoolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 14:22:54 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Toe ek destyds in 1970 die eerste keer karavaan gehaak het agter my Peugeot 404, was die handelaar se advies: "Indien brandstof verbruik vir jou 'n kwessie is gaan dit jou karavaan pret bederf, en moet jy liewer iets anders soek om met jou vrye tyd te doen", en "Maak jou maar klaar om dubbeld soveel brandstof as sonder die karavaan te verbruik, en as jy daarmee kan vrede maak sal jy jou karavaan geniet". Dit was baie goeie raad, en wyse woorde daarby.

Wanneer dit by verbruik kom staan ek altyd laaste in die ry. My hele lewe lank nog het ander ouens se gespog oor verbruik my syfers simpel laat lyk. 

Hierdie draad laat my verbruik buitensporig lyk. Ek sleep met 'n 4X4 outomatiese D4D Fortuner, en buiten vir wanneer omstandighede dit nie toelaat nie sleep ek met "cruise control" teen 100 kph. Op hierdie manier doen ek net minder as 100 kpu wanneer ek die brug haal op pad na die Hugenote Tonnel by du Toitskloof.  Wat gewig betref, ek sleep 'n grondpad karavaan met 'n 50 liter water tenk en twee diep siklus batterye. Met my onlangse kampeeruitstappie Montagu toe het die rekenaar 8.4 k/pl gewys, terwyl die GPS distansie van oorloop tenk tot oorloop tenk 7,6 k/pl uitgewerk het.

Ek wonder wat daardie handelaar van destyds oor die verbruik wat op hierdie draad genoem word sou sê.

Terloops, ek het klein tyd alreeds geleer om appels met appels te vergelyk. In my appel mandjies plaas ek onder andere gerief, ontspanne rit, veiligheid en 'n karavaan wat aan my behoeftes voldoen. Indien ek my Rande wou druk dat die trane by oom Nelson se oë uitkom sou ek met 'n tent gekamp het. 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 16:44:00 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1167
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Danie, jy is skerp!!!!!!

Kom ek stel dit so........ek het 18l per 100km gekry (gekoop) sodat die Santa Fe dit kon verbruik. Klink dit beter.......hahahalaughing

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2019 @ 10:28:37 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4164
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie, jy is skerp!!!!!!

Kom ek stel dit so........ek het 18l per 100km gekry (gekoop) sodat die Santa Fe dit kon verbruik. Klink dit beter.......hahahalaughing

coolcoolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2019 @ 11:47:55 am
Geoff Grant
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 27 Jan 2018
Experience: 24 years

Hi, I have been actively caravanning 4 x per year for the past 4 years now. Took a break for a number of years. I tow a Sprite Swing. I got tired of changing gears and early this year bought myself a 2011 Jeep Grand Cherokee, V8, 5.7L Hemi with very low kilo's.  What a pleasure towing !  I get between 5.5 and 6 km / L ( 17 to 18 L / 100 km ), doing a steady 110 km/h. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2019 @ 14:23:28 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Hi, I have been actively caravanning 4 x per year for the past 4 years now. Took a break for a number of years. I tow a Sprite Swing. I got tired of changing gears and early this year bought myself a 2011 Jeep Grand Cherokee, V8, 5.7L Hemi with very low kilo's.  What a pleasure towing !  I get between 5.5 and 6 km / L ( 17 to 18 L / 100 km ), doing a steady 110 km/h. 

Welkom op die forum vriend. Gesels saam. 

En ook sien ek nou dat jy ook brandsrof-vraat ry.

Eintlik is die 6k.p.l normaal vir n jeep. Was met die Elegance. 2 tonner. Met my skipper waentjie 9. maar hy weeg ma net 600kg...  gelaai. Wind weerstand =  0 met my spoed van 90-100k.p.u.

As ek die verbruik syfers so kyk van al die die verskillendes, hou ek maar liewer my mond. 

Die Jeep het krag..  en daarvoor het hy sous nodig.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2