English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 116
Total Replies: 227 424
Total Views: 82 268 139
topics: 585
replies: 3 587
views: 3 311 900
Share all those nice recipes with everybody...

Freda se kerrie

replies: 15
views: 3979
27 Jun 2016 @ 16:52:00 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Gebruik 'n pot wat nie maklik aanbrand nie want jy moenie te veel water in kerrie gooi nie, net genoeg.

Sit jou pot op die hitte en voeg genoeg olie by om die bodem te bedek. (Amper 1 cm).   Laat redelik warm word en voeg opgekapte uie by.  Roerbraai die uie tot dit deurskynend raak.

Voeg nou by:  Kerrie masala of kerrie poeier, borrie, swartpeper, knoffel, lourierblare en paar curry leaves (as jy het).   Hoeveelhede is volgens smaak en afhangende hoeveel vleis jy gaan gebruik.   Roerbraai dit nou goed saam met die uie.  As dit te droog lyk, voeg nog olie by.

Voeg jou vleis by.  Roerbraai dit saam met die kerrie mengsel totdat dit al die vleis bedek.   Ek braai dit so rukkie saam, maar moenie laat dit aanbrand nie.   Voeg nou jou sout by en omtrent 'n koppie of meer kookwater.  Meng dit deur, as die water te min lyk, voeg nog 'n bietjie by.  Sit die deksel op en draai die hitte na laag.  Laat dit stadig kook en roer dit af en toe met nog bietjies kookwater wat jy byvoeg.   Die vloeistof moet net genoeg wees dat jy dit kan sien en dit moet gemaklik kook.

Wanneer die vleis amper sag is, voeg jou aartappels by.  Pak dit net in 'n laag bo-op en sorg deurentyd dat daar nog genoeg water in is want jy moet nou die sous vorm.   Laat weer kook tot die aartappels sag is.  Jy kan nou jou sous proe en nog sout of kerrie byvoeg as jy wil.  As die aartappels sag is, meng jy dit versigtig deur die vleis.  

En hoop julle hou daarvan.smile

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 06:39:37 am
mamba
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 22 Dec 2013
Experience: 39 years
klink na my tiepe Kerrie ek hou nie van n "sop" Kerrie nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 07:03:21 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Freda, Dankie
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 07:16:19 am
Anonymous

Het hom, dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 07:29:24 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1977
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

My Pa het altyd gesê dat as jy kerrie by vleis gooi is dit omdat daar iets fout is met die vleislaughingcool  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 07:36:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Klink heerlik...dankie👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 08:36:01 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Regte resep vir koue in Gauteng dankie Freda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 08:43:51 am
Lambchop
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 29 years

 Gaan hom volgende week in Tamboti in die Kruger maak. 'n Skapie enetjie.....

♥ I love Kruger Park ♥
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 10:01:21 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4914
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Mmmmmmmm....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 06:16:27 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Ek gaan by Tante kom tent opslaan....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 07:44:52 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Sien nou eers die Kerrie raak !Engelsman word permanent bederf, hy is seker n goeie skottelgoed wasser.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 09:38:35 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Herman, Colin eet nie eers kerrie nie !!!  Eet niks wat brand nie.undecided   Ek kook dit net vir my of as ons mense kry wat dit graag wil hê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 09:48:35 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Freda,

Gooi jy dan die olie uit na die ui gebraai is? Ek sien wel later, gooi jy nog olie by as dit droog lyk, maar lyk vir my na verskriklik baie olie!

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 10:13:30 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1167
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

David jy kan lekker ge olie raak.

Die kerrie poeier en masala drink die olie baie vinnig op sodat jy nog moet by gooi of dit brand aan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 10:39:53 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

DR, Tonki is reg.  Die olie verdwyn in die kerriepoeier mengsel wat jy braai en jy het dit nodig om die vleis ook te "coat".   Ek gebruik Canola olie, nie kookolie nie.    Die enigste rede hoekom ek gesê het gooi nog by, is omdat ek bang is julle gebruik dalk te min aan die begin.  Wanneer die kerrie klaar gekook het en 'n rukkie gestaan het, is die olie geneig om na die oppervlakte op te kom.  Dan kan jy dit afskep as jy wil.  Die wat in jou bord beland, loop ook weg na die kant van jou bord (sien op my foto op ander draad).   Ag, so bietjie olie nou en dan sal jou nie doodmaak nie.laughingwink  Dit olie bietjie al die masjienerie om weer ontslae te raak van die kerrie.yellyell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 11:04:51 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Wou net seker maak.

Chris - die wat my ken sal weet ek raak nie eers op alkohol ge-olie nie - kry nie genoeg gedrink nie, maar ek kan VREEEEEEEEEEEEEEET smile

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required