English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 793
Total Views: 83 248 645
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 647
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Forumlede : Slegs Mans??

replies: 9
views: 285
14 Aug 2020 @ 09:36:35 am
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 159
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 70 years

Dit is opvallend dat die lede op die forum by uitstek uit mans bestaan, of is ek verkeerd?

Hoekom?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 10:25:58 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 396
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Meeste mense op FB op al die klomp Kamp groepe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 10:41:41 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Dis maar hoe dit is hier en daar sal n dame saam gesels selfde op ander forums

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 14:33:47 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Kom ons kyk hoeveel dames hul stemme verhef hierso !    Rede dat ek op forum is dat my man te besig is so ek moet lees en op hoogte bly van al die tegniese raad waarvan ek niks verstaan nie - en hom dan inlig oor wat al die ander "ooms" se.     En ook baie veiliger GEEN strooi liegstories fake info photoshop fotos van jou matriekklas van 19toet en adverts as op facebook !   

EK IS N DAME !!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 15:19:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek geniet die tanies hier, Wen's net hul wil ons meer vertel van vuur kosmaak. 

Ek en Janbraai en Die Weber Braai Bybel pak elke week nog n resep aan.

Hou my besig in die lockdown.

Het nou al 16 goeie braai resepte gedoen.

Werk aan my langkamp eendag dat ek kosmaak en die Girl kan dop gooi.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 17:15:36 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Nee julle verstaan nie mooi nie as ons gaan kamp kook ek glad nie - ek maak n paar precooked goed soos vetkoek / pampoenkoekies / baked potatoe dish / muffins / mini pizza / stir fry griente en vries dit en verder maak pa breakfast en braaivleis op die vuur. Ma kook genoeg by die huis maar ek was darem skottelgoed en help skoonmaak as ons oppak.   

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 20:20:36 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek hou van dames se reaksies.

Anders as mans, wat meer geneig is om van die heup af te skiet, en simpel argumente te wil uitlok, soos watter produk is beter of sterker, is hulle meer beredeneerd, en spreek eerder sake aan wat saak maak. 

Baie keer wil dit voorkom asof van die ou omies wat nou al hulle testosteroon opgebruik het glo hulle het 'n verpligting, soos om te reageer op 'n hoenderhaan wat vroeg oggend erens gekraai het, om darem net te laat weet dat hy ook eens op 'n tyd 'n hoenderhaan was wat henne kon jaag, anders as die henne, wat hulle nie aan nonsens steur nie, en meer geneig is om die kaf van die koring te skei.

Nou het ek seker onmin gekweek by die ou hane, maar sin gemaak vir die henne!

Net 'n prettige siening van 'n woelige ou haan. 

smile laughing sealed innocent wink

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 22:39:23 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 168
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Nee hoor, hier's  'n paar van ons wat volgens oorlewering, rokke moet dra. Ons is glad nie skaam om vrae te vra nie. Graag leer ons by enigeen: man of vrou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 08:08:27 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Vrouens is baie skerp as ek my man by die huis vra om te veel dinge te doen na sy sin dan vra hy "moet hy altyd alles doen" dan se ek ja hy wil mos die broek dra !   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 08:10:48 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Kyk asb op classifieds - ek het paar kamp items om te verkoop in Pretoria

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za