Geert, goeie idee. Stem saam met jou vir vroeg volgende jaar. Miskien kyk na eerste lang naweek. As daar is.
Plek?? Ons val in by groep keuse.
Eastco Parys. Dis so op grens van Transvaal en Vrystaat
Geert ek is in en dink vroeg volgende jaar weens al die "parties" voor "silly season"
Ek sou dink mens kyk na wie stel belang en kan dit meemaak as mens eers 'n datum vasmaak en daarna sal die getalle help om die oord te bepaal.
Kom nou net so vinnige een voor die einde van die jaar. Ek beplan om naweek van 24ste Nov by Klub Amigo's te kamp. Nog besig om uit tevind of daar plek is.
Groen gras staanplekke langs die water.
Hoe lyk dit mense? Net so vinnige kampie voor jaar einde.
Kom nou net so vinnige een voor die einde van die jaar. Ek beplan om naweek van 24ste Nov by Klub Amigo's te kamp. Nog besig om uit tevind of daar plek is.
Groen gras staanplekke langs die water.
Hoe lyk dit mense? Net so vinnige kampie voor jaar einde.
Dit lyk baie mooi daar! Wonder hoe vol is die dam nou, anders gaan jy ver van die gras af moet staan?
Ek like ook om bietjie daar te gaan maar mamma en kids nie lus vir die visvang ding nie... ek moet maar vir myself n naweek reel vir dit... dink club amigos klink na n plan, sal bietjie gaan kyk hoe lyk dit daar een of ander tyd.. is al die staanplekke so leon?
Dit lyk baie mooi daar! Wonder hoe vol is die dam nou, anders gaan jy ver van die gras af moet staan?
Vrydag terugvoer gekry dat die dam 82% vol is. Kennise staan tans daar en stad van gras af 3m water toe.
My naweek is bespreek 24 - 26 Nov. Al reen dit gaan ek kamp.
Ek het so bietjie van koers afgedwaal.
Wat is die nuutste uitslag en besluit vir die forum naweek?
Ek dink dit sal meer regverdig wees om alle belangstellendes se behoeftes in ag te neem en dit so reel dat die oorde min of meer sentraal kan wees vir Noord, Suid, Wes, OVS ens..
10 kampers van Gauteng en Mpumalanga maar dit moet in die suidelike Vrystaat gehou word - slegs 2 buite Gauteng. Dit lyk nie vir my haalbaar nie.
Hoekom kyk julle nie na Nkwe net buite Pretoria nie?
Dit mag dalk 'n probleem wees vir lede met 'n kleinspan omrede fasiliteite vir kinders redelik minimaal is.
Vir 'n saamkuier om lede beter te leer ken, glo ek dit is 'n idiale plek, maar weereens vir ons wat van Suid na Noord moet reis mag dit weereens druk verkeer probleem wees veral na 12-uur op 'n Vrydag by Gillooleys interchange waar jy maklik en ten minste 2-ure in verkeer vasgedruk kan word.
Na Gillooleys is dit natuurlik oop pad verby OR Tambo lughawe tot by Bronkhorstspruit afrit.
'n Moontlike voorstel van my kant af om bykans regverdig almal te akkommodeer, sal ek eerstens Sionsberg buite Heidelberg of Soetdoring aanbeveel.
Klipdraai in my eerlike opinie is 'n ''No Go'' vir my, alhowel dit my baie goed sal pas omrede dit nie so baie ver van my af is nie. 'n Ander opsie is ook Koppisol, maar die persoon wat vroeg oggend ure oor sy luidspreker sy Godsdiens uitbasyn kan redelik hinderlik raak.
Op geen wyse wil ek sy Godsdiens onder druk plaas nie, maar ek dink matigheid vir oë kan in ag geneem word.
Malonjeni is ook 'n opsie, maar verkeerde staanplek op die verkeerde dag mag redelik skade veroorsaak weens die erge winde wat daar soms begin waai.
Ek is nie die organiseerder nie en sodoende word besluite aan die persone met die witjasse oorgelaat.
Indien daar anders besluit word om wel Noord te reis, sal daar persoonlik alternatiewe reëlings getref sal moet word as individu om die Vrydag druk verkeer te oorkom.
Verskoon my dat ek my mening gee. Ek dink nie die heen en weer gepratery gaan help om die kamp 'n werklikheid te maak nie. Die area wat die meeste lede het wat belangstel, moet 'n kamp en 'n datum vasmaak. Dan hoop dat lede van ander areas moontlik kan bywoon. Ten minste sal daar dan 'n saamkamp wees.
Verskoon my dat ek my mening gee. Ek dink nie die heen en weer gepratery gaan help om die kamp 'n werklikheid te maak nie. Die area wat die meeste lede het wat belangstel, moet 'n kamp en 'n datum vasmaak. Dan hoop dat lede van ander areas moontlik kan bywoon. Ten minste sal daar dan 'n saamkamp wees.
Het die draad vorentoe gebring.
Wat gebeur???
Auntie Freda het reeds gese wat julle moet doen as julle wil saamkamp. Gaan lees weer.
Auntie Freda het reeds gese wat julle moet doen as julle wil saamkamp. Gaan lees weer.
Ek wou nog se as mens weet jy gaan 3 ure by Gillooly's staan kan mens eerder die N1 aan die westekant omry of via R21 by OR Tambo verby.
Vanaf Boksburg kan mens ook Atlasweg oorweeg al is dit stadig beweeg mens redelik goed veral as jy eers oor die N12 is en klim dan op die R21.
Siende dat julle al die pad aandui, waar kamp ons en wanneer.
Speknek, ek sal vir Bugsy en Brommer vra om daar te wees, dan kan jy ook kom, n "fiiiiiight" gewaarborg.