English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 983
Total Views: 83 205 652
topics: 11 525
replies: 138 750
views: 39 321 696
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Fortuner Remme

replies: 23
views: 328
05 Mar 2020 @ 14:25:31 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Nou nie heeltemal kamp nie maar kan baie help.

Die manne met Fortuners. Hoe vind julle die agterste remme, hoeveel km kry julle gemiddeld voor vervanging. Het die sleep van woonwa, trailer enige invloed op vervangings tydperk.

Rede vir navraag, Seun het 2.8gd-6 2017 Fortuner. Hy sleep niks en sy vrou ry werk toe met voertuig. Hy ondervind dat die agterste rem blokke gereeld vervang moet word. Ek was by hom toe rem blokke verlede jaar vervang is met Ferodo's. Die rem blokke het nog nie 12000km gedoen nie en eenkant is hulle so gedaan dat die rem skyf beskadig is en nou ook vervang moet word. Volgens kundige is dit probleem omdat die rem blokke van Fortuner en Prado so klein is. Fortuner het blykbaar Prado se rem stelsel.

Deel asb julle kennis.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 14:41:09 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Chris dis nou nie 'n antwoord op jou vraag nie. Ferodo was deur die jare redelik sag. Dalk wil julle Allied Nippon wat in Japan gemaak word probeer. Ek is baie tevrede met hulle en hulle is nie uitermatig hard nie. Ek sien daar is 'n verkoper op Takealot.com

Dit bly eienaardig dat die agterste blokkies so erg slyt. Gewoonlik hou agter sowat 3 maal langer as die voorste blokkies. Dalk is dit weens ABS dat die balans nie meer soos in die ou dae baie meer voor is as agter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 14:46:37 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek ry n 2017 auto 4x4.

Tans 71000 km, kom so rukkie terug uit diens en is hulle nog 72% agter en 50% voor.

Het explorer gesleep en nou die classique, geen probleme.

Waar diens hy sy voertuig, of die remme moes op n manier seer gekry het.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 14:52:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17353
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het destyds die probleem op my Corolla gehad. Moes ook met elke diens my agter remme vervang het. Die probleem op die einde was die caliper wat nie heeltemaal release het nie. Dit het ongelukkig baie faaits gekos om caliper te vervang. Toyota was lief om net bietjie spookpis aan te spuit met die hoop probleem verdwyn. Ek dink eers na die 4de faait het hulle caliper vervang. My ander karre wat nie die probleem het nie, het al tot 170,000km gedoen sonder vervanging. Toyota gaan heel moontlik vir jou probeer ompraat dat dit normaal is....maar moenie daarvoor val nie.....ek het en dit het my duisende gekos. Sterkte!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 15:33:53 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

En ek dog Toyotas het nie draad werk nie 🤔

Danie is heeltemal reg met Ferodo wat sag is maar Ferodo het ook pads wat hard is. Besluit is joune. Onthou, hoe sagter brake pad hoe minder wear op jou calipers, maak jou rims vuil, die environment friendlys erg gekant teen dit.  Dan kry jy ook asbes vrye pads, dit is weer hard, Hoe harder jou pad is mag die remme dalk fluit/skree as jy rem en die calipers Kan glaze.

Ek dink Geert is na aan korrek om te se kyk of remme genoeg release na jy gerem het

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 15:36:01 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Danie , sal hom se dankie

 

Jin, Hy diens by Toyota nog onder diensplan en waarborg. Hy doen remme self op sy voertuie. Hy gaan voertuig terug vat na Toyota dat hulle kyk. Hy het hom daar gehad hulle koste vervanging van remme en rem skywe was amper R9000. Het dit by CBS gedoen vir R1000 en hy het parte voorsien R1900. Hy wou nie die rem skywe self vervang nie. Die eienaar by CBS het hom meegedeel dat Fortuner en Prado se rem stelsel nou 40 % voor en 60% agter is. Hoe waar dit is weet ek nie.

Geert, dankie ek sal hom so inlig, enige iets is moontlik.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 18:05:29 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

 Ek sleep met 2015 Fortuner 4x4 78000 km remme skoene was nog reg met laasste diens.

Maak daardie voertuig se handrem heel los. Binne by jou lyk dit of dit reg is. Maar hoe voel die kabel onder by die agter wiel. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 18:29:10 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Kobus, die handrem het nog van die rem skoene en is addisioneel in die ou tipe rem drom en vorm deel van die rem blok skyf. So die handrem het geen invloed op die rem blokke nie aangesien hy op sy eie funksioneer. So is ek ook ingelig.  Dat daar fout is, is nie te betwyfel nie. 

Die goed raak te ingewikkeld vir my. Ek soek net iets van "see press button"

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 23:15:42 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Opreg Jammer om te hoor as jy sukkel en hoop jy sort dit spoediglik uit.

..................................................

Op n ligter noot. As dit my Kar was het ek n Ford remstelsels ge intalleer, Dan later die Engin omgeruil met true blue Ford motor 😲

Hier kom n ding om n karavaan rek merke te gee.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 05:54:52 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Bak oor, dit is nie ek wat sukkel nie, lees weer.

Kom ek vertel jou iets van Ford.

My vrou het 4 nuwe Fords gery, van n hand rat tot outomaties en meer onlangs die nuwe soort outomatiese rat kaste (ford Echosport)

Al 4 hierdie Fords het binne 6 maande verskeie probleme ontwikkel waar al 4 se rat kaste probleme gegee het. Op die een het die handelaars n nuwe rat kas ingesit en dit het nie eers gehelp nie.

Maak ek Ford sleg, nee sy was net die ongelukkige een met Ford. Kan jou verseker op my werf staan hy nie weer nie. Sy ry nou haar tweede Golf tdi en het nie probleme nie en die brandstof verbruik is fantasties. Sy het ook n Fortuner wat sy van tyd tot tyd ry en waarmee ons ook dan en wan mee sleep. Tot op die staduim geen probleme.

Ek ry n Mazda BT50 met geen probleme buiten slytasie en Turbo wat vervang was. Ry my lewe lank mazda van Tarzan karretjie tot nou BT50. Sal ek verander, NEE.

So het elkeen maar sy/haar voorkeur.

Dit lyk egter vir my die voertuig kwessie is vir jou n teer punt want jy raak nou soos die china ding en bring dit oral op. Ek het inligting gevra wat aan my deurgegee is, baie dankie aan daardie manne.

O ja, ek kan n grap vat en maak, maar somtyds raak dit irriterend en moet n persoon weet wanneer om te stop.

 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 06:22:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Danie , sal hom se dankie

 

Jin, Hy diens by Toyota nog onder diensplan en waarborg. Hy doen remme self op sy voertuie. Hy gaan voertuig terug vat na Toyota dat hulle kyk. Hy het hom daar gehad hulle koste vervanging van remme en rem skywe was amper R9000. Het dit by CBS gedoen vir R1000 en hy het parte voorsien R1900. Hy wou nie die rem skywe self vervang nie. Die eienaar by CBS het hom meegedeel dat Fortuner en Prado se rem stelsel nou 40 % voor en 60% agter is. Hoe waar dit is weet ek nie.

Geert, dankie ek sal hom so inlig, enige iets is moontlik.

Dis is regtig vir my snaaks dat die remme 40% voor en 60% agter rem.  En dan dit nog met die ABS en al die verskeie slim dinge in 'n voertuig.

Ek het groot geword met, asook B en D voertuig instrukteurs opgelei met die feit dat remme op 'n voertuig eerder 60% voor en 40% agter rem as die rempedaal getrap word.

Is dit nie maar dan die rede waarom daai remme so gou klaar slyt nie.  Ek het 'n Mini MK 2 opgebou en die remme was so dat daar 'n rem pypie van die "master cylinder" na elk van die voor wiele gegaan het afsonderlik en dan een rem pypie na agter wat naby agter verdeel het in twee na die agter wiele.

Gesien in die lig van hoe hydraulics werk is dit opsig self seker 'n verdeling van 60% voor en 40% remming agter.  Ek weet nie die slim manne moet my maar reg help.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 06:27:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17353
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Is dit altwee kante agter wat so vinnig slyt....of net een kant? As dit net een kant is, sou ek sê dis moontlik n foutiewe caliper, maar as altwee kante so slyt....glo dan daars iets anders fout, want ek twyfel of mens 2x foutiewe calipers sal kry op een kar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 06:40:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Is dit altwee kante agter wat so vinnig slyt....of net een kant? As dit net een kant is, sou ek sê dis moontlik n foutiewe caliper, maar as altwee kante so slyt....glo dan daars iets anders fout, want ek twyfel of mens 2x foutiewe calipers sal kry op een kar

Ja dis nogal 'n slim redenasie.  Hoe vergelyk die agter remme se slytasie links en regs.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 06:57:45 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Dit is net eenkant wat so erg afgeslyt is, ander kant het nog so 20% oor. Die 60% en 40% is tweede handse inligting van CBS plaaslik.

Hy gaan voertuig terug neem na Toyota om ondersoek te doen.

Het n interressante webwerf ontdek, http://www.powerbrake.co.za/ baie interressante inligting hier bekom. Nooit te oud om te leer nie. Kyk onder opskrif Brake Tech en lees artikels.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 07:29:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie Oom Chris.

Ek sal 'n ogie gaan gooi daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 08:13:07 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Danie , sal hom se dankie

 

Jin, Hy diens by Toyota nog onder diensplan en waarborg. Hy doen remme self op sy voertuie. Hy gaan voertuig terug vat na Toyota dat hulle kyk. Hy het hom daar gehad hulle koste vervanging van remme en rem skywe was amper R9000. Het dit by CBS gedoen vir R1000 en hy het parte voorsien R1900. Hy wou nie die rem skywe self vervang nie. Die eienaar by CBS het hom meegedeel dat Fortuner en Prado se rem stelsel nou 40 % voor en 60% agter is. Hoe waar dit is weet ek nie.

Geert, dankie ek sal hom so inlig, enige iets is moontlik.

R9000 n total rip off. So much Vir Toyota wat terug gee na sy getroue, wil niks fout sien met Toyota kliente. 

En dit is nie net Toyota, almal sal bloed uit jou tap as jy hulle die geleendheid kry. Daarom se ek die goeie inruil waarde op Toyota voertuie het jy as verbruiker al klaar finansieel voor uit betaal sodat jy n beter prys Kan kry by inruiling.. Amper soos n fixed deposit by n bank wat die bedrag Los kom by inruiling . Net n foefie 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 08:40:29 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Stem saam Bak oor.  Toyota is gerook of laat ek eerder sê hulle rook hulle eie kliente.  Dan spog Toyota en sommige kliente dat hulle die beste inruilwaarde het wat ook snert is.

Ek dink daar is ook baie ander vervaardigers wat max uit 'n klient wil haal as dit by parte vervanging kom, dis nie net Toyota nie.  My ondervinding is Hyundai eerste gevolg deur Mercedes en in mate BMW. 

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 09:01:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16105
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wat noem hulle dit......... TOYOTA genuine parts.............. Of 'n battery ook beskikbaar by Battery Centre net met 'n FORD plakker op en 'n hengse prys verskil.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 10:36:18 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Weet nie of die Fortuner so iets het nie maar desjare het my SSS vir die agterste remme so 'n "load valve" gehad, as mens bv hard rem lig die agterkant mos op soos die voertuig gewig vorentoe verplaas word, die klep maak dan progressief meer toe en sodoende beperk dit die remdruk na die agterste remme sodat die minder rem en die voorstes meer. Sou dink meeste voertuie vandag het iets wat dieselfde funksie verrig hetsy hidrolies of elektronies (ABS funksie?), klink asof dit nie in die geval gebeur nie met die gevolg dat die agterste remme harder werk (hou ook in gedagte die agterste blokkies is nuut baie dunner as die voorstes, het al mekanieks raakgeloop wat dit nie weet nie en dan wil nuwes agter insit omdat hulle dun is!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 11:13:37 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Danie , sal hom se dankie

 

Jin, Hy diens by Toyota nog onder diensplan en waarborg. Hy doen remme self op sy voertuie. Hy gaan voertuig terug vat na Toyota dat hulle kyk. Hy het hom daar gehad hulle koste vervanging van remme en rem skywe was amper R9000. Het dit by CBS gedoen vir R1000 en hy het parte voorsien R1900. Hy wou nie die rem skywe self vervang nie. Die eienaar by CBS het hom meegedeel dat Fortuner en Prado se rem stelsel nou 40 % voor en 60% agter is. Hoe waar dit is weet ek nie.

Geert, dankie ek sal hom so inlig, enige iets is moontlik.

Dankie vir die terugvoer Chris.

Hoop hy kry die oorsaak.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 12:24:18 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3429
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit is bloot onwaar dat die agterste remme meer remwerk kan doen as die voorstes.  Dit sal beteken die agterwiele sal sleep voordat die voorstes nog naby maksimum werk, om die redes wat hierbo beskryf is.  En dit sal ook beteken dat die voertuig baie onveilig is want sy remvermoë is uiters beperk.   Dit kan ek nie glo nie. Wat die vinnige slytasie betref, wonder ek of dit nie maar die bestuurstyl is wat die verskil maak nie. As jou bestuurstyl is om gereeld hard te rem eeder as om oor 'n langer afstand spoed te verminder, gaan jou remme dit beslis wys.  As jy meestal in die stad bestuur het jy dalk nie die keuse as om dit so te doen nie.  As jy ook omtrent nooit in sulke situasies bestuur waar jy vinnig moet stop nie en meeste van jou kilos op die lang pad ry, soos ek, hou jou remme natuurlik baie langer as stadsryers s'n, so 'n mens kan nie juis vergelyk nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 13:14:48 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Miskien in `n ander rigting. Jare terug het ek `n Camry gehad.

Die kar het op `n stadium erg deur voorste briek pads gegaan. Ek het nie eers 20 000Km op `n stel gekry. (die agterste skoene het gehou).

Tot dat die voorste skokbrekers vervang is en toe hou die pads weer.

Ek dink nie dit sou op die agterste kon gebeur nie.

 

O ja, hy het ook daai valve gehad wat die druk tussen voor en agter verstel kon word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 15:57:45 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Daar is n valve op die sisteem wat dit beheer. Eks seker die valve is foutief..as jy stadig rem trap, werk agter remmie nie. Eers as jy hard op rempedaal trap. 

Die verhouding weet ek nie presies nie, masr Volvo was v.d eerstes om disc,s agter te hê. Al sedert 1969. En dit is n probleem waar die valve te gou vloeistof deurlaat na agter remme.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 16:42:15 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Dankie manne, ek sal aan hom noem van die klep en ook hoe gerem moet word, tensy noodgeval. So leer ons daagliks.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za