English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 005
Total Replies: 259 238
Total Views: 83 467 422
topics: 812
replies: 13 099
views: 4 972 546
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Fortuner 2,4GD6 - Jurgens Penta

replies: 31
views: 534
07 Jan 2021 @ 14:42:56 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Ek moet my sleepvoertuig vervang. My ou Toyota 2,7 HiLux is nou 20 jaar oud. Alhoewel hy my nog nooit in die steek gelaat het nie voel ek dit is nou tyd. Verkoop sal ek hom nooit. Hy bly steeds my daaglikse rondry voertuig.

Ek kyk na Toyota Fortuner 2,4GD6, diesel.  Dit is 'n sleep sowel as 'n gesinskar. As daar iemand is met 'n soortgelyke Fortuner of Hilux bakkie en ongeveer selfde gewig karavaan sleep wat my kan adviseer of ek op die regte pad is sal ek dit baie waardeer. Ek neem aan dat die 2,4 diesel Hilux bakkie dieselfde krag het as die Fortuner 

Willie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2021 @ 17:07:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Wil jy daai wa van jou nou rek dat Hy n exclusive genoem word.

Koop, hak en gaan kamp.

Ek sleep n classique met my Fortuner 4x4 auto, wat n plesier.

Gaan vir goud.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2021 @ 17:08:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Welkom hier op die forum.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2021 @ 19:15:34 pm
George
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 666
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

i could be mistaken but i believe the 2.4 only came in a petrol version, perhaps im not up to speed on these newer vehicles.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2021 @ 20:16:12 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

There is definatly a Fortuner 2,4 diesel. The specs that I understand is important for towing is the torque. The torque on the 2,4 diesel is 400nm @ 1600-2000 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2021 @ 22:32:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18031
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek het n 2.4 diesel hilux single cab....maar sleep met Ranger omdat ons 3 is. Andersins sou ek hom ingespan het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2021 @ 16:33:00 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2280
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

My seun sleep met die 2.4 Fortuner diesel Auto. Sy vorige voertuig was n Fortuner D4D 3 liter handrat. Hy is ooertuig dat die 2.4 beter sleep as sy vorige 3 liter.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 11:16:48 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1284
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Ja wat, dogter en skoonseun sleep 'n 1996 Palma met hulle 2019 2.4 GD6, en behalwe die feit dat die mannetjie te vinnig sleep met MY dogter en MY 2 kleinkinders (surprised) het hy geen probleme nie .....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 12:11:25 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Het jy al die Foruner gekry.....

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 14:17:24 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ek het bietjie gaan Google.

2,4 Diesel  :  110Kw  en magtige 400 torque

2,7 Petrol  :  118Kw en swak 241 torque

3 liter Petrol : 118 Kw en matige 241 torque

(Ek hoop die syfers is korrek aangegee)

 

Ek, persoonlik sal alles oorboord gooi en die V6 koop.  Niks lekkerder as om daai krag te ervaar nie. (Behalwe dat dit my n pak geld kos elke keer wanneer ek daai Fleetline van sy onderstel aftrek wanneer daai blêddie Ford my traai dice)   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 14:34:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2280
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Danie ek praat nou onder korreksie maar is die V6 nog beskikbaaer in die Fortuner. Ek verbeel my dat ek gelees het dat die V6 masjien daar onttrek is.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 15:25:31 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dis maar swakkerig.  Ek dog die Fortuner is kragtiger as dit.  Die Kuga 2l diesel ontwikkel 135Kw en dieselfde wringkrag as die 2.4L diesel Fortuner.  En die Kuga is natuurlik heelwat ligter. Tyd dat Toyota hulle tegnologie moderniseer.  Ek skat met daardie krag en 'n swaar karavaan sal hy net teen 'n afdraende 'n redelike spoed behaal.wink

Hierdie is sommer tong-in-die-kies.  ek is nie 'brand loyal' nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 18:16:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Het daai Kuga van jou n brandblusser in........

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 18:17:29 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Ja ek het reeds die Fortuner 2,4 diesel gekoop maar wag nou maar dat al die jonger karavaners eers weer teruggaan skool toe voor ek my beurt kry. So ja ek het hom maar weet glad nie hoe hy gaan reageer met die Penta nie. Sal kommentaar lewer so teen middel Februarie as ek terug is van my eerste rit. Dankie vir almal se insette.

NS: Klein Kariba by Nylstroom lyk vir my na 'n goeie opsie. Het iemand dalk reeds daar gekamp wat kan komentaar lewer oor die plek?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2021 @ 18:24:19 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Jammer ek bedoel Klein Paradys

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 06:17:12 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1170
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Het daai Kuga van jou n brandblusser in........

Fred se Kuga het dit nie nodig.laughing Hy het die diesel.wink

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 07:15:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18031
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ja ek het reeds die Fortuner 2,4 diesel gekoop maar wag nou maar dat al die jonger karavaners eers weer teruggaan skool toe voor ek my beurt kry. So ja ek het hom maar weet glad nie hoe hy gaan reageer met die Penta nie. Sal kommentaar lewer so teen middel Februarie as ek terug is van my eerste rit. Dankie vir almal se insette.

NS: Klein Kariba by Nylstroom lyk vir my na 'n goeie opsie. Het iemand dalk reeds daar gekamp wat kan komentaar lewer oor die plek?

Jammer ek bedoel Klein Paradys

Hierdie was my terugvoering van besoek laasjaar Augustes

Die toegangs roete tot die oord is teerpad en dan tot by jou staanplek is seker naby aan 1km se goeie grondpad wat met enige karavaan maklik bereikbaar is. Die ontspanning wat daar is, is basies om die natuur / veld te geniet en die rustigheid daarvan. Daar is heelwat stap roetes op die plaas wat in totaal n hele paar kilometers dek....daar is n roete kaart beskikbaar by ontvangs wat dit makliker maak om jou lengte van stap roete te bereken en bereken. n Heerlike roete is om onder andere tot op die uitkyk punt bo op die berg te gaan en die kampeer terein van bo af te loer. Daar is klomp wild op die plaas soos Rooibokke, Blou wilde beeste, Blesbokke en selfs donkies waarop ons afgekom het tydens stap. In die kamp self wei die skape tussen die karavane en poue loop ook rustig tussen kampeerders rond. Die ander ontspannings fasiliteite is n lekker speel park vir die kleiner kinders, trampolines, koue en onderdak warm water swembad en ons het die Putt-Putt baie geniet. Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Einaar, Kobus het persoonlik kom hello by ons staanplek en kom hoor of alles in orde.....baie aangename mense....hy en sy vrou wat by ontvangs werk. Ablusies was deurgaans skoon en genoegsaam gewees terwyl die kamp 100% vol was....altyd n groot pluspunt. Netjiese opwas geriewe in n ooplan onder afdak. Ons het deurgaans veilig gevoel. Die winkel op die perseel verkoop al die basiese benodighede teen baie billike pryse....nie nodig om dorp toe te ry nie. Die restaurant was egter nie oop nie....seker maar oor inperking regulasies, maar soos ek verstaan is hulle net oop tydens spits tye. Die atmosfeer in die kamp was die hele naweek merkwaardig aangenaam gewees. Kamp was 100% vol, maar geen probleem met enige lawaai makers nie....ek het lanklaas die rustigheid van so klomp kampeerders bymekaar so ervaar....saans net die rustige gesels geluide om kampvure gehoor. Die staanplekke is lekker groot. Oord voorsien n braaier, elke staan plek sy eie asblik, krag en water naby aan staanplek. Meeste staanplekke het heerlike skaduwee. Hul tariewe is werklikwaar baie billik teenoor wat die oord bied, voel dat mens puik waarde vir geld kry. Daar is n klompie aantreklik / toerisme besienswaardighede in die omgewing.....kantoor het meer info, maar ons program was reeds vol met dit wat die oord vir ons gebeid het. Ons sal beslis weer ons tent penne by Klein Paradys gasteplaas Nylstroom wil inslaan en sal die oord enige tyd vir my mede kampeerder wil aanbeveel wat ook die behoefte het om n rustige wegbreek in die natuur te geniet

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 09:27:16 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ja Jin, hy het 'n brandblusse in, maar dis eintlik onnodig so as jy voel joue het een nodig, kom haal gerus myne.wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 12:28:48 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

PietG jy is reg, hulle het hom onttrek. Ek is dus vreesbevange dat my kar iets moet oorkom. Gelukkig kry jy nog daai engine in die bakkie en in die Land Cruiser bakkie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 16:22:09 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Relaxed Camper. Baie dankie vir jou terugvoering oor Klein Paradys. Ek voel nou baie gerus dat ek die plek reg opgesom het. Wat jy daar skryf val so in my kraal. Niks so lekker as om in die natuur te stap nie.

Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 16:34:39 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Sleep gaan hy hom sleep.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 17:07:38 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2280
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Danie jy hoef nie bekommerd te wees dat daardie enjin van die mark sal verdwyn nie. Hy is te gewild en betroubaar daarvoor. Toyota het hom net by die Fortuner onttrek omdat die aanvraag na daardie spesifieke enjin in die Fortuner nie gewild was nie. Dit bly n bielie van n enjin wat net ongelukkig bietjie dors is.

Fred Toyota is maar bekend daarvoor dat hy sy enjins onder vermoe laat funksioneer vir n langer lewe. Hulle kompenseer egter daarvoor met uitstekende ratkas en ewenaar verhoudings. Dit maak hulle uitstekende sleepvoertuie. (Andere "chip" hulle weer). Nietemin verkies elkeen maar wat vir hom werk en in my geval wat die sak pas........en nie wat die buurman daarvan dink nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2021 @ 17:23:08 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Netso Piet.  Ek het my Kombi amper 30 jaar gery en vriende en familie het my snaaks aangekyk omdat ek nie soos hulle, 'n nuwe voertuig wou koop nie.  Ek het egter die Kombi baie geniet, ook as sleepvoertuig en ek steur my nie aan die mening van die gepeupel nie.  Soos ek gesê het, ek het sommer gespot- ek is beslis nie 'brand loyal' nie.  As ek moet koop, wat ookal, soek ek dit wat by my sak en behoeftes pas.  Ek was ook nie 'VW Brand loyal" nie en die Kuga het net meer boksies getiek as die ander meededingers, ook die VW SUV.  Volgende keer is dit waarkynlik iets anders- as daar 'n volgende keer is.  Ons ry terloops ook ons derde Corolla- my vrou se kar- omdat hy telkens as ons moes koop, die beste in sy klas was.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2021 @ 08:28:03 am
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Fred dit klink vir my jy voel oor jou Combi soos ek oor my 2000 model Toyota Hilux voel. Ons sal tot die dood toe saam wees. Terloops ek het so 2 jaar terug sy uitlaatstelsel vervang (vir die eerste keer) met 'n free flo stelsel. Dadelik het hy weer nuwe lewe. Toe installeer ek ook die unichip. Wat 'n verbasende verskil. Ek het gemaklik 20% meer krag op hom. Hy is nou sommer weer lewendig en gewillig en sleep die Penta ook gemaklik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2021 @ 08:33:28 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek moes hom so vyf jaar gelede verkoop omdat ek nie plek gehad het om hom te stoor met die koop van die Kuga nie, en ek is steeds hartseer daaroor.  Ons is egter aan die bejaarde kant so om met 'n ou voertuig op die lang pad, is dalk nie te wys nie.  Ek raak lief vir my voertuie- voel amper soos my kinders, so dis traumaties om hulle te groet.

Dateer tog maar jou profiel op.  As ons meer weet van mekaar en mekaar se voertuie, is dit makliker om te gesels.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 11:02:38 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Kyk weer, ek het n Fortuner.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2021 @ 19:06:54 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Ek het laasweek vir die eerste keer my Penta gesleep met die Fortuner 2.4D. Ek was nogal beindruk met sy krag teenoor my ou Toyota Hilux 2,7 petrol. Ek het die spoedkontrole anderkant Pretoria op 120 gesit en hy hou hom daar. Op en afdraend. Enigste probleem was my spieel wat op 120 terugklap. Teen 110 bly hy staan. Diesel is maar die antwoord as dit by krag kom.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2021 @ 20:34:46 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek het laasweek vir die eerste keer my Penta gesleep met die Fortuner 2.4D. Ek was nogal beindruk met sy krag teenoor my ou Toyota Hilux 2,7 petrol. Ek het die spoedkontrole anderkant Pretoria op 120 gesit en hy hou hom daar. Op en afdraend. Enigste probleem was my spieel wat op 120 terugklap. Teen 110 bly hy staan. Diesel is maar die antwoord as dit by krag kom.

 

Die spieel terug klap is maar 'n probleem  beste oplossing is tru kamera.

Ek het al baie raad gelees vir die  maar almal kan skade bring as hy moet terug klap en nie kan nie.

 

Taxi het anderdag sy deur oop gemaak en ek het sy deur met my Mazda se spieel geslaan. Die terug klap was erg en het die spieel glas gebreuk en die kant ruit het erge merke in van die spieel glas so dit kan skade bring as hy so terug slaan ook

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2021 @ 10:11:03 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Nee wat Sternberg, soos Leon sê, hak, start, sleep. 

120 km/u is bietjie rof vir my, ek hou maar by 106 op die GPS, dit wys dan 110 op my dash. Bult af gooi nek somtyds 120.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2021 @ 10:53:18 am
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Alhoewel ek hom getoets het op 120 sleep ek eerder teen 110. Teen 120 klap my spieël terug en dit is 'n groot skrik as jy so lekker ry en droom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2021 @ 11:23:39 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 697
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Alhoewel ek hom getoets het op 120 sleep ek eerder teen 110. Teen 120 klap my spieël terug en dit is 'n groot skrik as jy so lekker ry en droom.

Dis 'n Foutiewe spieeltjie---Laat Toyota dit vervang.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2021 @ 13:35:41 pm
Sternberg
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 41 years

Zack dit is die ekstra spieël wat ek aan my bestaande spieël vasmaak wat die probleem veroorsaak. Ek lees dat dit maar 'n algemene probleem is met die Fortuners. Sal een of ander tyd maar moet belê in 'n tru kamera.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za