Hallo Almal
Ons kamp Desember die eerste keer by Forever Plett. Kan julle dalk laat weet of daar genoeg in die oord is om n 9 en 10 jarige besig te hou? Wat het hulle alles vir kinders? Wat is nog in en om die omgewing om te sien en doen?
Ons kamp baie in George se rigting so kyk meer na opsies Oos?
Hoor graag van julle.
Dewald
Click op die ronde skulpies van die resort rating hier bo oor die oord. Dit sal jou 'n goeie aanduiding gee wat jy kan verwag.
Die oord is langs die lagoon en daar is vele dinge om te doen vir die kinders. Jy gaan sukkel om 'n ander oord te kry vir 'n volgende kamp uitstappie wat die een sal oortref.
Neem goed saam vir water sport as dit moontlik is kano, kayak, visvang, snorkel
Enjoy
Ons het mei 2017 daar gekamp vir n ruk. Daars baie om te doen vir almal.
Ek het al fotos geplaas op n draad van dit. Trampolien, pool plus plus.
Baie lekker oord, kan dit enige tyd aanbeveel.
Was daar een jaar op kursus en by die kamp gaan braai.
Baie baie mooi plek gewees.
Al vir n lang tyd op my bucket list
Die idaal sal wees as jy iewers 'n klein opblaas bootjie kry met 'n klein buiteboord enjintjie 15Hp en kleiner.
Julle gaan ure op daai water spandeer en die pieknieks stroom op is eintlik onvergeetlik.
Dankie almal, ek sal maar moet kyk vir canoe's en of n klein bootjie.