English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 755
Total Views: 83 245 963
topics: 11 573
replies: 139 193
views: 39 341 230
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ford is beslis in rat en laat ander vervaardigers sweet

replies: 79
views: 1092
page 2 of 2
08 Jan 2020 @ 08:36:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek wonder.................... gaan die nog van toepassing wees as Ford 'n 2liter enjin in het.

 

Nee wat ons Ranger manne is nog tops.  Ek het onlangs gesien die Citizen Koerant het berig dat die nuwe Ranger Raptor verskaf gaan word met die Ford Mustang se 5 liter V8 enjin.

Dis te danke aan die "people down under".

Het iemand dalk meer info?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 12:30:43 pm
NicoSmit
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 02 Jan 2020
Experience: 18 years

Ford en Mazda word mos saam gemaak .Nou die manier hoe hulle kies wat is Ford en wat is Mazda is hulle word almal soos hulle van die baan afkom langs mekaar getrek sonder stickers en badges .Na 'n week loop Phineas daar verby met 'n sak vol Ford en Mazda badges en waar olie  lê by daai bakkie sit hy 'n Ford badgeop en  waar daar nie olie lê nie kry Mazda badges.

PS .ek ry altwee

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 14:25:44 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis reg Nico.  Ons kan dit vat...... nè! ! ! !laughing

Wonder wat gaan daai Ranger Raptor met die 5l V8 se prys wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 08:33:57 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ai, kan net smile as ek lees as julle manne so liries raak oor die krismisboom rygoed.

Geniet dit manne, mens moet droom, dis goed vir jou gemoed!cool

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2020 @ 13:45:46 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek ry 'n Kuga maar ek is beslis nie 'n 'brand loyal' eienaar nie.  Ek geniet my Kuga geweldig, maar ek is baie teleurgesteld met sekere aspekte en veral met Ford Suid-Afrika.  My Kuga se 105 duisend kilos diens is pas gedoen.  Omdat 'n besonder hoë koste mondelings aan my gekwoteer is, het ek 'n skriftelike kwotasie van 'n ander agentskap gekry.  Onderdelekoste was eenders maar die plaaslike handelaar se arbeidskoste was ongeveer dubbel die van die ander een.  Omdat ek nie instaat was om die noodsaaklike diens elders te laat doen nie, het ek die plaaslike agentskap die diens laat doen en die volle prys onder protes betaal.  Ek het hulle ook meegedeel dat ek die saak met Ford Suid-Afrika gaan opneem.  Dit het ek ook skriftelike gedoen op die elfde van die maand. Hulle pro forma erkenning van ontvangs noem dat hulle binne 24 tot 48 uur sal reageer.  Ek het geen antwoord anders as drie proforma erkennings gekry nie, selfs na ek tweemaak weer navraag gedoen het.

Ek is ongelukkig omdat ek meen ek het te veel vir die diens betaal, maar ek is baie teleurgesteld met Ford se houding.  Ek het ook aan Hellopeter geskryf en gesien dat daar verskeie klagtes oor Ford SA is maar dat Ford nie op 'n enkele een gereageer het nie.  Dit lyk my hulle is maar weer terug op huller houding van voor die brande, naamlik dat hulle hulle min simpatie het met hulle klieënte se probleme.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2020 @ 18:54:42 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Fred, toe ek my Ranger gekoop het, het die verkoopsman na my sin gedraai om die voertuig gereed te kry. Het toe klagte by Ford gelê omdat die Principal dealer nie my oproep beantwoord het nie.

Ford het my nooit geantwoord nie maar die klagte na die handelaar gestuur wat my dadelik geskakel het. Sy het aan my genoem dat daar teen hulle opgetree word as hulle nie die klagte ondersoek en terugvoering gee nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 07:37:05 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Op n ander noot !    - Ford ecosport laasweek vir sy 1ste diens geneem, net so vuil teruggekry met grieshande - toe ek vra of was nie meer deel van diens is nie word daar vir my vertel van COVID - so asof daar nie reeds almal se kieme op is nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 09:03:31 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Madelene, Ek het ook met die betrokke diens my Kuga vuil teruggekry met dieselfde verduideliking as wat jy gekry het.  Dieselfde week was my vrou se Corolla by Toyota vir werk en hy is skoon gewas teruggegee.  Geld dieselfde Covid19 regulasies dan nie vir alle motorhandelaars nie? Ek dink dis maar net 'n poging om geld te spaar.

Soos genoem is ek baie lief vir my Kuga en ek is nie van plan om vinnig 'n nuwe voertuig tye koop nie, maar sulke dinge sal beslis 'n invloed hê as ek weer moet koop.  My dogter begin toevallig nou beplan om 'n nuwe voertuig te koop en van die Ford modelle is moontlikhede, maar 'n mens sal maar mooi moet dink of hulle op die kort lys behoort te kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 14:34:38 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek weet dat Holrug-gery nou al vir lank sukkel om ons te oortuig dat een voertuig beter is as n ander. Ek stel voor julle maak n studie van die 10-spoed rakas van die Ford en gaan KYK (skryf dit neer)  na die RATIO van elke rat. Vergelyk dan die RATIO met die ses ratte van die (byvoorbeeld) V6 Fortuner. Jy sal agterkom dat die eerste vier ratte dieselfde is as die Fortuner se low range ratte, met die verskil dat die Fortuner nog twee bykomende low range-ratte het. Kyk dan na die boonste vier ratte van die 10-spoed, hulle is swakker as die laaste twee ratte van die Fortuner. Die laaste twee ratte is PUNT 68 en PUNT 63 tot een. Jy kan hulle NET gebruik op n PLAT pad sonder karavaan en sonder wind van voor.   

As jy al die ratte van die Fortuner bymekaartel het jy .... TWAALF RATTE.

En die Fortuner het net EEN koppelaar. Nie twee, soos die Ford nie.

Elke kar het sy eie karakter. Ek was die afgelope naweek in n Ford 10-spoed in baie erg omstandighede in die koppe en klowe van Matjiesfontein. HEERLIK gery. Maar daai ratkas WERK om die klein torque-kurwe'tjie op maksimum vas te hou. Dis n lekker bakkie in alle opsigte. Maar hy WERK!

Koop jou Ford, koop jou Toyota, geniet hulle. Maar die dag as jy in 10-spoed Amaroc klim gaan jy huil. (Ek het NIE n Amaroc nie) 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 14:36:39 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Sommer n grappie : My Ford vriend het vir iemand gevra of hy weet waar om n tou-kop te laat aansit.

"Op die voorste bumper." was die antwoord.

 

Skuus, kom myself nie help nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 14:38:26 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Dis die ou waarmee ons gery het.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 14:43:17 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Madelene, Ek het ook met die betrokke diens my Kuga vuil teruggekry met dieselfde verduideliking as wat jy gekry het.  Dieselfde week was my vrou se Corolla by Toyota vir werk en hy is skoon gewas teruggegee.  Geld dieselfde Covid19 regulasies dan nie vir alle motorhandelaars nie? Ek dink dis maar net 'n poging om geld te spaar.

Soos genoem is ek baie lief vir my Kuga en ek is nie van plan om vinnig 'n nuwe voertuig tye koop nie, maar sulke dinge sal beslis 'n invloed hê as ek weer moet koop.  My dogter begin toevallig nou beplan om 'n nuwe voertuig te koop en van die Ford modelle is moontlikhede, maar 'n mens sal maar mooi moet dink of hulle op die kort lys behoort te kom.

Fred, interesant genoeg, toe ek bel om my Hilux in te boek vir sy diens by die handelaar is daar pertinent vir my gese dat hulle NIE die voertuig gaan was nie!

Hang seker maar af wie is die handelaar?

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 15:19:20 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Seker maar Frik, maar ek vermoed steeds dis maar 'n verskoning om die salarisse van die wassers te betaal want waarom sal sommige dienssentrums  was en ander nie?   Die wassery is nie so belangrik nie, wel die feit dat Ford my ignoreer.  Ek sien daar is ook maar heelwat klagtes oor Toyota by Hello Peter, en hulle antwoord ook nie. Seker maar omdat ons as kopers maar aanvaar wat na ons kant toe kom.

Ek moet darem Galactic Ford ter ere gee dat hulle werkswinkelbesturder so 'n jaar of twee gelede baie moeite gedoen het om 'n lugreëlaar 'bracket' onder waarborg vervang te kry na Ford dit eers geweier het (waarom geweier- omdat dit 'n uur proses was om te vervang?)

Ford op Riversdal het my ook puik diens gegee en uit hulle pad gegaan om my ratkas onder waarborg herstel te kry.  Ek is meer teleurgesteld in Ford SA as in die handelaars.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 15:29:27 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek moet erken, ek gee my motor ALTYD in vir n diens in n splinternuut-skoon toestand.

Ek het spesifiek by n diens-afdeling-hoof (vriend van my) gehoor dat hulle, alhoewel hulle altyd n goeie diens lewer, 'n sielkundige probleem het met mense wie se voertuie vuil by hulle aankom. 

Die motor-wassery het as n onding-ontstaan toe mense gedink het dat net goeie diensstasie karre was.   

Persoonlik dink ek dis net soos iemand wat na sweet ruik wanneer hy by n dokter kom of sy hare laat sny. 


You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 15:36:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Fred, interesant genoeg, toe ek bel om my Hilux in te boek vir sy diens by die handelaar is daar pertinent vir my gese dat hulle NIE die voertuig gaan was nie!

Hang seker maar af wie is die handelaar?

Ek het my Hilux laasweek Saterdag vir n diens gevat....mooi skoon tetug gekry. So lyk my dis nie Toyota se reels nie.....meer handelaar wat diens wil lewer of nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 15:54:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Seker maar Frik, maar ek vermoed steeds dis maar 'n verskoning om die salarisse van die wassers te betaal want waarom sal sommige dienssentrums  was en ander nie?   Die wassery is nie so belangrik nie, wel die feit dat Ford my ignoreer.  Ek sien daar is ook maar heelwat klagtes oor Toyota by Hello Peter, en hulle antwoord ook nie. Seker maar omdat ons as kopers maar aanvaar wat na ons kant toe kom.

Ek moet darem Galactic Ford ter ere gee dat hulle werkswinkelbesturder so 'n jaar of twee gelede baie moeite gedoen het om 'n lugreëlaar 'bracket' onder waarborg vervang te kry na Ford dit eers geweier het (waarom geweier- omdat dit 'n uur proses was om te vervang?)

Ford op Riversdal het my ook puik diens gegee en uit hulle pad gegaan om my ratkas onder waarborg herstel te kry.  Ek is meer teleurgesteld in Ford SA as in die handelaars.

Ek stem saam....daar is maatskappye wat virus gebruik as verskoning om geld te bespaar. Ek neem nou byvoorbeeld die kamp tydskrif waarvoor ek Februarie ingeteken het. Moet elke keer bel om te hoor waar bly tydskrif, toe word daar onlangs sommer 2 maande in 1 tydskrif gemaak. Nou onlangs vra ek wanneer kan ek Augustes se weergawe ontvang. Nou is die antwoord weens covid gaan hulle nie harde kopie druk nie...ek moet maar online lees. Ek het vir hulle gesê ek lees nie online tydskrifte nie, so hulle moet my maar refund.....nou is hulle doodstil, hoor nie n woord van hulle nie. Media was nog nooit verhoed om te gewerk het tydens lockdown nie.....was selfs essential workers gewees in level 5....nou kom hulle en maak hul eie reels op in level 2. WEG se harde kopie is steeds maandeliks beskikbaar.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 11:06:59 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek sien Midrand Fury Ford adverteer 'n diens wat die was van die kar insluit.  Ek dink ons kan dus aanvaar die versuim om voertuie te was het niks met Covis19 te doen nie, maar is net 'n foefie van sommige Ford en ander handelaars om 'n paar rand te spaar onder die dekmantel van die inperkings.  Daardeur neem hulle ook die kos uit die monde van mense wat waarskynlik maar 'n karige loon verdien het. Sies!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 11:47:01 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Selfs sommige werkgewers gebruik covid as verskoning om hul personeel te bevark. Vrien van my werk in n fabriek wat essential geklassifiseer is. Hy sê hulle is besiger en werk harder as ooit tevore, maar baas gee hulle 60% van salaris oor covid. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 12:37:22 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek dink die was van voertuie gaan verseker gepaard met 'n Covid 19 sanitasie.  

Die sanitasie kos ekstra tyd, mannekrag en chemise produkte wat geld kos en die maklikste is dan on die karwas uit te los.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 12:49:38 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek is seker daarvan dat my handelaar in Pretoria Oos waar ek altyd diens die bakkie sou gewas het.

Nou is ek aangewese op n handelaar hier in die Oosrand omdat ek van die huis af moet werk....

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 17:30:59 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Ek het al baie bakkies gery.

Hulle noem dit die "MY PA IS STERKER AS JOU PA" sindroom 

cool

KOES !!!!!

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 18:01:14 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

In hierdie geval eerder "My voertuig is "ka**er as jouneyell

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 13:54:37 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het aan Ford geskryf, en na ek weer moes aandring op 'n antwoord, die volgende gekry:

Unfortunately, we do not handle this type of query here at the Customer Relationship Centre and regrettably do not hold information relating to vehicles, components, accessories or prices; therefore, please contact your local Ford Dealership who will be able assist with your query.

Ek is nie beïndruk nie.  Die handelaar het reeds sy finale antwoord gegee, daarom het ek Ford SA genader.  My toekomstige ondersteuning sal beslis deur hierdie ondervinding beïnvloed word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 14:40:41 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het aan Ford geskryf, en na ek weer moes aandring op 'n antwoord, die volgende gekry:

Unfortunately, we do not handle this type of query here at the Customer Relationship Centre and regrettably do not hold information relating to vehicles, components, accessories or prices; therefore, please contact your local Ford Dealership who will be able assist with your query.

Ek is nie beïndruk nie.  Die handelaar het reeds sy finale antwoord gegee, daarom het ek Ford SA genader.  My toekomstige ondersteuning sal beslis deur hierdie ondervinding beïnvloed word.

Gaan alles net oor 'n karwas?   

Ek dink daar is baie meer belangrike sake wat hoofkantoor hulle moet mee besig moet hou.  Human Auto Bloem het my laas gevra of ek my voertuie wil laat was tydens Lockdown level 5 na 'n diens.  Die risiko was te hoog daarom het ek laat weet hulle hoef nie my voertuig te was nie, ek sal dit self doen. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 16:20:48 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nee, oor Ford nie wil aandag gee aan my klagte van te 'n hoë dienskoste nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 18:11:50 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Sorry Fred ek het die bal mis geslaan.   Hulle los dìt maar vir agente want ek het ook al gesien die kostes verskil van handelaar tot handelaar.   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za